Landbouweekblad

ZIMBABWE | Mugabe dreig weer boere

-

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het die afgelope week gedreig om die laaste oorblywend­e 73 wit kommersiël­e boere wat in Mashonalan­dOos oor is, se grond aan jeugdiges te gee.

Hy het op ’n jeugbyeenk­oms van Zanu PFonderste­uners in Marondera gesê die vorige provinsial­e minister, mnr. Ray Kaukonde, het wit boere teen uitsetting beskerm. Kaukonde is later uit ZanuPF geskors weens beweringe dat hy visepres. Joice Mujuru se pogings gesteun het om Mugabe te onttroon. Mugabe het glo op die byeenkoms gesê die wit boere se plase sal gegee word aan mense wat grond wil hê, maar dat elkeen net ’n paar hektaar sal kry omdat die bevolking toeneem.

Kenners meen Mugabe probeer jeugdiges paai wat stedelike en landbougro­nd eis in die aanloop tot die verkiesing volgende jaar. — AllAfrica

2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa