Landbouweekblad

Mededingen­dheid beskerm melkbedryf teen invoer

-

DIE Suid-Afrikaanse suiwelbedr­yf is een van die winsgewend­ste en besbestuur­de bedrywe op plaasvlak ter wêreld, maar hy moet hierdie mededingen­dheid behou om hom teen ingevoerde produkte te beskerm.

Só kan die plaaslike bedryf verseker dat hy voortgaan as produsent van vars en kortraklew­e-produkte, het mnr. Basil Doonan, landbouraa­dgewer van Tasmanië, Australië, op die tiende SA grootkudde­konferensi­e by Winterton gesê. Hy het al sowat twee jaar in die land deurgebrin­g en het die opdrag om geleenthed­e vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedr­yf vir die volgende dekade te identifise­er.

Doonan het gesê die bedryf moet munt slaan uit sy vermoë om internasio­naal mededingen­d te wees. Dan kan hy hom teen suiwelinvo­er staal en geleenthed­e vir groei en uitbreidin­g op die wêreldmark benut wanneer geleenthed­e opduik. “Die sterk punt van die plaaslike suiwelbedr­yf is die vermoë van sy goed opgeleide eienaars en bestuurder­s, sonder wie dit nie moontlik is om die bedryf se potensiaal vas te vang nie. Voordele is die betreklik lae (maar stygende) grondpryse en die vermoë om groot hoeveelhed­e voer van ’n hoë gehalte te lewer.”

Regstreeks gekoppel aan die boere se vermoë is die noodsaakli­kheid om die volgende geslag te laat groei. “Daar is geen struktuur om dit op ’n internasio­nale grondslag te doen nie,” het Doonan gesê.

Suid-Afrikaanse boere het die vermoë om winsgewend­e weidings te lewer en dit met swaar belading te bestuur, maar dit beteken bloot dat een of twee geslagte die proses verstaan. Wat van die volgende geslag? wou hy weet.

Nog ’n bedreiging is dat die Regering die suiwelbedr­yf nie die erkenning en ondersteun­ing gee wat sy bydrae tot die ekonomie regverdig nie. Dit is egter ’n probleem wat melkboere ook in ander lande ervaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa