SA het rekord-oes, terwyl 28 Afrikalande honger ly
Die mielieprys sal waarskynlik in die volgende paar jaar naby aan die uitvoerpariteitsprys bly as die weer “normaal” bly. Boere moet dus mooi dink oor hoeveel mielies hulle gaan aanplant en op watter lande.
Die Nasionale Oesskattingskomitee se vierde skatting van die Suid-Afrikaanse mielie-oes het die mark einde Mei getref – ’n verwagte rekordoes van 15,6 miljoen ton. Dit is heelwat groter as die vorige rekord van 1981-’82 toe 14,8 miljoen ton geoes is. Daar is egter ’n reuseverskil: Die nuwe rekord-oes is op 2,6 miljoen hektaar verbou en die 1981-’82 oes op 4,48 miljoen hektaar. Dit beteken daar was ’n dramatiese verbetering in produktiwiteit oor dié tydperk. (Terloops, die mielieprys was toe in die orde van R140-R150/ton.)
Te midde van die rekord-oes begin daar talle knelpunte ontstaan wat die hele landbou-ekonomie gaan raak. Een daarvan is die gebrek aan uitvoermarkte en logistiek om die groot surplus weg te werk.
Daarteenoor berig die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie dat 37 lande in die wêreld hulp nodig het om ’n honger bevolking van kos te voorsien. Daarvan is 28 in Afrika. Dié lande is hoofsaaklik in Oos- en Sentraal-Afrika en die Horing van Afrika. Die meeste van hul probleme spruit uit swak regerings, interne konflik en ’n algehele gebrek aan landboutegnologie en entrepreneurs.
Die ironie is dat baie van dié lande baie beter natuurlike hulpbronne as Suid-Afrika het, maar hulle het ’n ernstige tekort aan tegnologie en entrepreneurs. Die verdere ironie is dat die ANC-regering sy bes probeer om Suid-Afrika se kommersiële landbou te pootjie – die mense wat sorg dat die land die grootste graan- en vrugte-uitvoerland in Afrika is en waar die voedingspeil van die bevolking van die hoogste is.
WÊRELDMIELIEVOORRAAD
Die Agricultural Market Information System berig dat die verbouing van mielies wêreldwyd groei. Dit sal na verwagting in 2017-’18 sowat 1 054 miljoen ton bereik ( ).
Terselfdertyd neem die uitvoerbare hoe- veelheid mielies toe en sal uitvoer as ’n persentasie van produksie styg van 12,5% vanjaar tot 13,2% in 2017-’18. In die geval van Suid-Afrika beloop die geraamde uitvoer vanjaar sowat 19% van die produksie, wat dus heelwat bo die wêreldgemiddelde is. Dit bevestig dat die land in “normale” en “goeie” jare eintlik ’n mielie-uitvoerland is en hom daarvoor moet rat. Die dilemma is dat Suid-Afrika se infrastruktuur onder die ANC agteruitgegaan het en dat feitlik alle graan tans per pad vervoer moet word, pleks van per spoor.
Die verwagte internasionale eindvoorraad vir 2017-’18 is gelykstaande aan 20,3% van produksie, terwyl dit in Suid-Afrika sowat 19% sal wees, na gelang van die uitvoervolumes.
SA VRAAG-EN-AANBODSITUASIE
Die toon die afgelope paar jaar se vraag- en aanbodramings vir die Suid-Afrikaanse mielie-oes en die verwagte syfers vir die bemarkingsjaar 2017-’18.
Enkele opmerkings is nodig oor die tabel.
Eerstens raam ek dat die veevoermark vir mielies vanjaar 12-15% kleiner kan wees as verlede jaar tydens die ernstige droogte. Daar is baie alternatiewe voer en weidings beskikbaar. Verder het die vee- en pluimveebedryf gekrimp wat getalle betref.
Tweedens gaan meestal geel mielies uitgevoer word, want dit is waarvoor daar tans ’n mark is (sowat 2 miljoen ton ), terwyl sowat 2 miljoen ton wit mielies na verwagting in die veevoermark opgeneem gaan word omdat dit tans teen ’n diskonto teenoor geel mielies verhandel en daar tans nie werklik ’n ooglopende uitvoermark vir wit mielies is nie.
Zambië is danksy sy aanloklike beleid vir kommersiële boere besig om te ontwikkel in ’n netto uitvoerder van mielies, onder meer wit mielies, en hy voorsien aan die meeste van sy buurlande. Dié land se mielieoes word tans op ’n nuwe rekord van 3,6 miljoen ton geraam. Skynbaar het Malawi en Zimbabwe ook voldoende mielies.
IMPLIKASIES EN VRAE
Die geraamde uitvoer van sowat 3 miljoen ton mielies, hoofsaaklik deur die Durbanse hawe en per pad, gaan groot eie eise stel. Indien dit suksesvol is, sal dit die grootste uitvoer tot nóg toe wees. Dit gaan egter steeds ’n voorraad van bykans 3 miljoen ton op die plaaslike mark laat, wat ’n groot demper op moontlike prysstygings in die nuwe produksiejaar sal plaas.
Die veebedrywe het ’n voldoende aanbod van voergraan teen uitvoerpryse, wat die sektor se winsmarges ’n hupstoot gee en aansienlike uitbreidings kan bevorder, veral in die varkbedryf. Die voldoende aanbod kan minstens twee jaar lank duur, want saaiboere
Die veevoermark vir mielies kan vanjaar 12-15% kleiner wees as verlede jaar tydens die ernstige droogte.
het so ver agtergeraak met die swak oeste en die heersende lae pryse dat hulle nie juis die luukse het om nié mielies te plant nie. Die wiel moet bly draai. Indien Suid-Afrika dus in ’n meer normale reënvalsiklus is, kan die