70 JAAR GELEDE

CLOCOLAN-BOER SE REVOLUSIONÊRE OES-EN-DORSMASJIEN

Landbouweekblad - - Lbw Briewe Dié Week Kuier Onsby... -

As die oes-en-dorsmasjien vir mielies wat deur mnr. P.J. Krogh van Clocolan in die Vry­staat ont­werp en ver­vaar­dig is, ’n suk­ses is, sal dit een van die groot­ste uit­vin­dings op die ge­bied van land­bou­ma­sji­ne­rie in die 20ste eeu wees.

Die ma­sjien, wat deur ’n trek­ker ge­trek word, werk op die­self­de be­gin­sel as ’n ko­ring­stro­per. Dit oes twee rye mielies ge­lyk­ty­dig en sny die he­le mie­lie­plant met kop­pe en al af. Die plan­te gaan dan deur die ma­sjien en word ge­dors so­dat die mielies skoon anderkant uit­kom.

Voorts maal die ma­sjien die mie­lie­stron­ke en strooi die kaf in twee rye ag­ter die ma­sjien. Die kaf kan dan mak­lik van die land ver­wy­der word.

Af­ge­sien van die trek­ker­be­stuur­der is net een ar­bei­der no­dig om die mie­lie­sak­ke toe te werk en die vol sak­ke van die ma­sjien af te stoot. Vir ver­al groot mie­lie­boe­re be­te­ken dit ’n reu­se­be­spa­ring op ar­beids­kos­te.

Mnr. Krogh het die pa­tent­reg op die ma­sjien reeds wê­reld­wyd ge­re­gis­treer. Hy meen ’n ma­sjien sal nie meer as £600 kos nie.

Die ma­sjien werk op ’n heel an­der be­gin­sel as ’n mie­lie-oes­dors­ma­sjien wat al ja­re lank in A­me­ri­ka ge­bruik word. Die A­me­ri­kaan­se ma­sjien is eg­ter nie ge­wild nie om­dat dit baie ver­kwis­ting ver­oor­saak.

Laas­ge­noem­de pluk die kop­pe van die plan­te af. As die plan­te nie ewe hoog staan nie, bly baie kop­pe op die land ag­ter. Mnr. Krogh se ma­sjien het nie dié pro­bleem nie.

Mnr. P.J. Krogh se revolusionêre mie­lie-oes­dors­ma­sjien ag­ter ’n trek­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.