BAANBREKER VAN RICHMOND IS KZN SE TOP JONGBOER

Landbouweekblad - - Lbw Nuus - — JOHAN VAN DER MERWE

Mnr. Ross Lo­we (regs), ’n ki­wi­boer van Richmond, suid van Pie­ter­ma­ritz­burg in K­waZu­lu-Na­tal, is on­langs aan­ge­wys as die Toyo­ta KZN Jongboer van die Jaar vir 2017.

Hy is een van slegs 16 Suid-A­fri­kaan­se boe­re wat goue ki­wi’s ver­bou. Dit is ’n ge­was wat teg­nies hoë ei­se aan boe­re stel. Hy het se­we jaar gelede be­sluit om eer­der met goue ki­wi’s as groe­nes te boer om­dat dit na sy me­ning ’n mark met gro­ter po­ten­si­aal vir groei het en ook om­dat dit 30% tot 50% ho­ër op­brengs­te as die groen ki­wi le­wer.

Hy boer op die plaas Ri­ver­ton saam met sy vrou, Car­la, en twee kin­ders. Be­ne­wens ki­wi’s ver­bou hy ook aar­tap­pels en kool, maar sy vi­sie is om die groen­te uit te fa­seer en slegs met ki­wi’s te boer. “Ki­wi’s het ’n be­trek­lik klein op­per­vlak­te no­dig om ’n hoë op­brengs en in­kom­ste te re­a­li­seer,” sê hy.

So­wat ’n jaar gelede was Lo­we be­trok­ke by die stig­ting van die Sui­de­li­ke Ki­wi pro­du­sen­te­ver­e­ni­ging, wat dien as’ n plat­form vir boe­re om ken­nis en er­va­ring uit te ruil en die bes­te pro­duk­sie­prak­ty­ke te ver­fyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.