Dié week in die landbou

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie het die sa­me­smel­ting van Profert en die Franse mis­stof­maat­skap­py Roul­lier voor­waar­de­lik goed­ge­keur. Roul­lier dryf in Suid-A­fri­ka as Vi­tas han­del. Die sa­me­smel­ting is deel van ’n sa­ke­red­dings­plan wat deur die Land Bank en die kre­di­teu­re van Profert on­der­skryf is. Een voor­waar­de is dat die Land Bank 19% van die aan­de­le in Vi­tas koop, teen ’n on­be­ken­de prys. Vol­gens die kom­mis­sie werk 116 men­se in Profert se hoof­kan­toor in Pot­chef­stroom. Dié kan­toor gaan sluit en die nu­we hoof­kan­toor gaan in Cen­tu­ri­on bui­te P­re­to­ria wees. Profert was eens die der­de groot­ste kuns­mis­maat­skap­py in die land. Daar word wyd be­spie­gel dat die Land Bank min­stens R1,2 mil­jard aan ’n red­dings­boei vir dié maat­skap­py moes be­stee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.