Gif gaan nie help teen dié rot­te

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud - — JEANNE VAN DER MERWE

DAAR be­staan geen knaag­dier­do­ders vir fluit­rot­te nie. Boe­re wat hul wei­veld teen dié plaag­die­re wil be­skerm, sal die na­tuur se hulp moet in­roep.

Só sê dr. Ger­hard Ver­doorn, di­rek­teur van die G­rif­fon-gif in­lig­ting­sen­trum, oor die ver­woes­ten­de uit­wer­king wat’ n be­vol­kings­ont­plof­fing van dié die­re op groot de­le van die Ka­la­ha­ri se wei­veld het.

Land­bou­week­blad het on­langs be­rig dat ko­lo­nies fluit­rot­te hul in­trek in van 30% tot 40% van die wei­veld in die dis­trik Ku­ru­man ge­neem het. Daar is tot 800 nes­te per hek­taar wei­veld. “Dis te ver­wag­te dat snaak­se din­ge sal ge­beur na­dat die erg­ste droogte in men­se­heu­ge­nis die land ge­tref het, ge­volg deur on­ge­ken­de re­ën op som­mi­ge plek­ke,” sê Ver­doorn.

Bui­ten dat daar geen spe­si­fie­ke plaag­do­der is teen fluit­rot­te nie, is dit on­waar­skyn­lik dat an­der knaag­dier­gif e­ni­ge uit­wer­king op hul­le sal hê om­dat hul­le net gras vreet.

Boe­re is dus op die na­tuur se be­heer­me­to­des aan­ge­we­se.

PAAL OF PUT

Ver­doorn be­veel aan dat boe­re pa­le van na­ge­noeg 4 m hoog in hul veld plant. Ui­le en an­der roof­vo­ëls kan die pa­le be­nut om die rot­te te ta­kel. Een paal per 10 hek­taar is vol­gens hom vol­doen­de.

“Wat ook kan werk, is put­val­le. Be­gra­we ’n 20 li­ter-drom ge­lyk met die grond en vul dit met een der­de wa­ter. Gooi vars ge­sny­de lu­sern of gars op die wa­ter so laat­mid­dag se kant. Die rot­te sal in­spring en ver­drink.”

Hy maan boe­re om el­ke og­gend die put­val­le skoon te maak en el­ke aand vars ma­te­ri­aal op die wa­ter te gooi.

“Die Ka­la­ha­ri was die af­ge­lo­pe so­mer oor­trek van al wat wurm was. Hul­le het selfs die swart­ha­ke op­ge­vreet. Dis ’n nor­ma­le, na­tuur­li­ke re­spons van or­ga­nis­mes om hul be­vol­king met mag en me­ning uit te brei ná knel­len­de droog­tes. Ek is nie ver­baas oor die fluit­rot­te se skie­li­ke aan­was nie,” sê hy.

FOTO: VERSKAF

Die ska­de wat ’n be­vol­kings­ont­plof­fing in fluit­rot­te op de­le van mnr. De­on Hoon van A­gri Ku­ru­man se plaas aan­ge­rig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.