Grond: Zim-boer se raad aan SA boe­re

Eers na­dat hy sy plaas ver­loor het, het die Zim­bab­wie­se lei­er­boer mnr. Pe­ter S­teyl die no­dig­heid be­gin in­sien van saam­werk met ál­le me­de­boe­re. Hy meen kom­mer­si­ë­le en op­ko­men­de boe­re in Suid-A­fri­ka moet drin­gend be­gin saam­werk, be­rig JASPER RAATS.

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

“OM van my plaas ge­skop te word, was dalk die bes­te ding wat nóg met my ge­beur het. Dit het my ge­help om met al­le an­der men­se te kan saam­werk,” het mnr. Pe­ter S­teyl, voor­sit­ter van die kom­mer­si­ë­le boe­re-u­nie in Zim­bab­we (CFU), op A­gri Lim­po­po se kon­gres ge­sê.

Hy wens hy en sy me­de­boe­re in Zim­bab­we het 30 jaar gelede die vi­sie en ge­leent­heid ge­had wat boe­re in Suid-A­fri­ka van­dag het. Hy het ook ge­waar­sku dat boe­re en die ge­or­ga­ni­seer­de landbou hul­le uit die po­li­tiek moet hou en hul­le nie op die ho­we en die Grond­wet moet ver­laat om hul­le teen grond­gry­pe te be­skerm nie.

“Ek hoor baie boe­re in SuidA­fri­ka sê: ‘Ons Grond­wet sal dit nie toe­laat nie.’ Óns grond­wet het dit ook nie toe­ge­laat nie. Moe­nie dink die wet gaan jou red nie. In Ok­to­ber 2002 het ie­mand op my plaas op­ge­daag met ’n brief en ge­sê: ‘Jou plaas be­hoort nou aan my. Jy het ses we­ke om te trek.’

Pe­ter het met win­ter­ko­ring en ka­toen in die Zim­bab­wie­se la­e­veld na­by Ha­ra­re ge­boer. Hy wou die saak nie net laat vaar nie. Hy was woe­dend en ge­frus­treerd oor hoe mag­te­loos hy was. Sy ma, ’n diep ge­lo­wi­ge vrou, het hom moed in­ge­praat en ge­sê hy moet die plaas laat gaan en ver­trou dat al­les sal uit­werk soos dit moet.

“Ek moes deur dit gaan om die mens te word wat ek van­dag is. Ek was ar­ro­gant en het ge­dink ek is be­ter as an­der men­se. Nou sien ek ’n mens voor my, of ek met ’n mi­nis­ter of ’n be­staans­boer praat. Nou be­te­ken ek uit­ein­de­lik iets vir die sa­me­le­wing.”

Hy het die oor­logs­ve­te­ra­ne en Zim­bab­we se swart boe­re eers leer ken na­dat hy sy plaas ver­loor en die land­bou­werk­tuie wat hy oor­ge­had het, ver­koop het aan oor­logs­ve­te­ra­ne en men­se wat an­der kom­mer­si­ë­le boe­re se pla­se ge­kry het.

LES­SE UIT ZAMBIË

Die CFU het van sy be­stuurs­le­de na buur­lan­de ge­stuur om by­stand vir le­de te gaan soek. Pe­ter is na Zambië, waar­heen so­wat 300 Zim­bab­wie­se kom­mer­si­ë­le boe­re ge­trek het. Hy was be­vriend met van­hu lle en het saam­ge­gaan na die Zam­bie­se kom­mer­si­ë­le boe­re­ver­e­ni­ging se ver­ga­de­rings.

“My oë het oop­ge­gaan. An­ders as in Su id-A­fri­ka en Zim­bab­we was daar net een ver­e­ni­ging vir al­le boe­re – wit, swart, In­di­ër, al­mal om die­self­de ta­fel.”

Hyw as be­ïn­druk daar­mee dat groot- en klein­boe­re op die be­stuur ’n ewe sterk stem ge­had het.

Hy het be­sef die CFU moes swart boe­re al in 1980 op dié ma­nier be­trek het en het dit in Ha­ra­re so aan sy kol­le­gas oor­ge­dra. “Van die ou man­ne het op­ge­spring en my her­in­ner aan al­les wat die ver­e­ni­ging al vir ons wit boe­re

ge­doen het,” lag Pe­ter.

Hy het eg­ter vol­ge­hou dit gaan oor wat Zim­bab­wie­se boe­re vo­ren­toe vir hul­self gaan doen.

’N NU­WE ERA

Dit was tien jaar gelede. Die CFU het daar en dan be­gin brûe bou en Pe­ter het an­der boe­re­ver­e­ni­gings se ver­ga­de­rings be­gin by­woon. “Op die eer­ste ver­ga­de­ring moes ek saam­werk met die men­se wat my van my plaas ge­skop het. Ek was bang.

“’n Mens kan nie aan ie­mand wat dit nog nooit be­leef het, ver­dui­de­lik hoe merk­waar­dig die ge­waar­wor­ding is wan­neer jy be­sef jy en jou vo­ri­ge vy­an­de het iets ge­meen nie. Julle al­mal het ’n pas­sie vir boer­de­ry.”

Die sa­me­wer­king s pro­ses het mo­men­tum ge­kry en ge­groei, en van­dag praat die ver­skil­len­de landbou-u­nies in Zim­bab­we van ’n fe­de­ra­sie. Vir Pe­ter is die groot voor­deel dat po­li­ti­ci nie meer ver­skil­len­de groe­pe teen me­kaar kan af­speel nie.

RAAD VIR SA

Pe­ter waar­sku Suid-A­fri­ka se kom­mer­si­ë­le boe­re om nie teen die Regering in op­stand te kom nie. “Dit is nie jul werk nie. Julle is ’n landbou-u­nie, nie ’n po­li­tie­ke par­ty nie. Julle moet ’n on­der­steu­nings­groep wees en deel van die op­los­sing wees.”

Hy moe­dig die ge­or­ga­ni­seer­de landbou aan om eer­der die steun van die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing te wen en een­heid on­der ver­skil­len­de boe­re­ver­e­ni­gings te be­vor­der.

“Ek het na an­der landbou-u­nies se ver­ga­de­rings ge­gaan en se­ker ge­maak ek bly daar tot die bit­ter ein­de. Ek het pap en sous saam met al­mal ge­ëet en een van hul­le ge­word, nie be­ter of be­lang­ri­ker as e­nig­ie­mand nie.”

Hy sê Suid-A­fri­ka­ners moe­nie die fout maak om te dink die 300 Zim­bab­wie­se boe­re le­wer Zambië se 5 mil­joen ton graan nie. “Tag­tig per­sent van daar­die land se graan word deur klein­boe­re ge­le­wer, maar kom­mer­si­ë­le boe­re het hul­le ge­help or­ga­ni­seer. Nou is daar sa­me­syn en een­heid. Dít is wat ons al­mal moet be­reik.”

Hy sê ’n Suid-A­fri­kaan­se koe­rant het hom on­langs aan­ge­haal en dit laat klink of hy sê kom­mer­si­ë­le boe­re moet eer­der nou bie­tjie grond weg­gee as om al­les la­ter te ver­loor. “Ek het nie net van grond ge­praat nie. Gee ook jou tyd en maak se­ker men­se be­haal suk­ses. Hul­le is in ar­moe­de vas­ge­vang en het ons hulp no­dig om daar­uit te breek. Trek daar­die ou­ens op; wees hul op­los­sing.”

Hy waar­sku dat boe­re nie han­de ge­vou moet toe­kyk hoe res­ti­tu­sie­pla­se mis­luk nie. “Ons het in die 1980’s ge­kyk hoe oor­logs­ve­te­ra­ne se pla­se ten gronde gaan en niks ge­doen om te help nie. Daar­die men­se het kwaad ge­word en nie hul­self vir hul mis­luk­kings ge­bla­meer nie. Twin­tig of der­tig jaar la­ter wou hul­le nu­we pla­se hê – óns pla­se.”

Hy het boe­re ook ge­waar­sku om nie men­se soos Ju­li­us Ma­le­ma te ig­no­reer nie. “Gaan praat met hom en bou brûe. Dit gaan oor vriend­skap, nie oor oor­log nie.”

Hy waar­sku dat Suid-A­fri­kaan­se boe­re nie meer tyd aan hul kant het nie. Om vriend­skap­pe te bou, verg tyd.

“Zim­bab­we se boe­re­ver­e­ni­gings hou in Sep­tem­ber hul eer­ste ge­sa­ment­li­ke kon­gres. Dit het tien jaar van aan­hou­dend saam­werk ge­kos. Julle sal dit vin­ni­ger moet laat ge­beur.”

Van­dag huur Pe­ter ’n deel van sy ou plaas te­rug waar hy aar­tap­pel­moe­re kweek. Baie van sy kli­ën­te is nu­we boe­re, som­mi­ges só klein dat hul­le net een sak­kie aar­tap­pels koop om te plant. “Ek help al­mal ewe graag. Ons is al­mal boe­re. Van­dag se klein­boer is dalk mô­re ’n groot, kom­mer­si­ë­le kli­ënt.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.