Landbou in K­waZu­lu-Na­tal

K­waZu­lu-Na­tal is een van die nat­ste pro­vin­sies in Suid-A­fri­ka. Dit het ’n betroubare re­ën­val­pa­troon en meer land­bou­grond van hoë ge­hal­te as e­ni­ge an­der pro­vin­sie. Tog het boe­re in dié pro­vin­sie ook on­der die droogte ge­buk ge­gaan.

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

Hoe­wel K­waZu­lu-Na­tal ’n klein ge­deel­te van Suid-A­fri­ka se grond­ge­bied be­slaan, be­vind ’n be­dui­den­de per­sen­ta­sie van die land se klein­boe­re hul­le in dié pro­vin­sie. Die land­bou­ak­ti­wi­tei­te in K­waZu­lu-Na­tal is ui­ters uit­een­lo­pend en hou ver­band met die to­po­gra­fie­se pa­tro­ne. By­na e­ni­ge land­bou­ak­ti­wi­teit kan in die pro­vin­sie be­oe­fen word.

SUIKERRIET

Suid-A­fri­kaan­se sui­ker­riet­boe­re is te­vre­de met die pro­duk­sie in 2017-’18 om­dat dit met 16% tot so­wat 17,5 mil­joen ton ver­be­ter het ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge sei­soen, sê mnr. Ri­chard Ni­chol­son, e­ko­no­mie­se na­vor­sings­be­stuur­der by die Suid-A­fri­kaan­se sui­ker­riet­kwe­kers­ver­e­ni­ging Ca­ne­g­ro­wers. Die pro­duk­sie is nog­tans 13% la­er as in ’n nor­ma­le jaar.

In die noor­de­li­ke be­sproei­ings­ge­bie­de, waar­on­der Pon­go­la in die noor­de van K­waZu­lu-Na­tal en Ma­le­la­ne en Ko­ma­ti­poort in M­pu­ma­lan­ga, is pro­duk­sie steeds 22% la­er as die nor­ma­le pro­duk­sie­vlak­ke weens die streng be­sproei­ings­be­per­kings in die vo­ri­ge sei­soen.

Hier­die ge­bied sal aan­sien­lik be­ter pro­duk­sie­her­win­ning in die so­mer van 2017-’18 kan er­vaar, mits die nor­ma­le re­ën­val­pa­troon voor­kom.

Die ver­haal­ba­re waar­de (RV), wat ’n aan­dui­ding van ge­hal­te in die be­dryf is en die grond­slag is waar­vol­gens boe­re be­taal word, het ook ver­be­ter ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge sei­soen.

“Hier­die ver­be­te­ring toon dat pro­duk­sie en ge­hal­te kan ver­be­ter met be­ter weers­om­stan­dig­he­de en boe­re wat weer in hul pla­se be­lê het,” sê Ri­chard.

Dié her­stel van die droogte is moei­li­ker ge­maak deur die toe­ne­men­de invoer van sui­ker.

“Die be­raam­de invoer vir 2017’18 is tans 600 000 ton sui­ker. Hier­die groot hoe­veel­heid ver­min­der die be­raam­de vraag van die plaas­li­ke mark (lo­cal mar­ket de­mand es­ti­ma­te – LMDE) om­dat meer plaas­li­ke sui­ker teen lae wê­reld­mark­pry­se uit­ge­voer moet word. Die LMDE is ’n be­lang­ri­ke fak­tor in die RV-prys­be­pa­ling.”

Van­weë die kom­bi­na­sie van die wê­reld­mark­prys, die wis­sel­koers van die rand teen­oor die dol­lar en die nul­be­las­ting per ton sui­ker, het die RV-prys wat boe­re kry, af­ge­neem tot die hui­di­ge prys van R4 449,58. Die Suid-A­fri­kaan­se sui­ker­be­dryf is in ge­sprek met die Kom­mis­sie vir In­ter­na­si­o­na­le Han­dels­ad­mi­nis­tra­sie (I­tac) en die De­par­te­ment van Ny­wer­heid oor die on­toe­rei­ken­de vlak van be­sker­ming.

MAKADAMIANEUTE

K­waZu­lu-Na­tal kan bin­ne drie jaar dub­bel so­veel ma­ka­da­mi­a­boor­de hê as nou. Tans is 8 500 ha on­der ma­ka­da­mi­a­neut­bo­me en dit kan vol­gen­de jaar tot 10 000 ha toe­neem.

Me. Ann Ba­ker, be­stuur­der van die G­reen Farms Nut Com­pa­ny-fa­briek op Sout­h­broom, sê K­waZu­lu-Na­tal se kus­stre­ke le­wer ge­reeld ge­mid­deld 40% uit­ge­dop­te neu­te, teen­oor die stan­daard van 33%.

Die neut­fa­briek op Sout­h­broom is die eer­ste ter wê­reld wat die FSSC2200-ser­ti­fi­ka­sie vir voed­sel­vei­lig­heid ver­werf het. Die fa­briek is on­langs ver­groot as deel van die G­reen Farms Nut Com­pa­ny se be­plan­ning om 25% van van­jaar se ver­wag­te oes van 65 000 ton makadamianeute te ver­werk. Dank­sy die re­kord­prys van ma­ka­da­mi­as het die G­reen Farms Nut Com­pa­ny ver­le­de jaar ’n ruim ag­ter­skot aan am­per 300 boe­re be­taal.

AAR­TAP­PELS

Die aar­tap­pel­be­dryf in K­waZu­luNa­tal het klei­ner ge­word. Nie net die op­per­vlak­te wat be­plant is nie, maar ook die aan­tal aar­tap­pel­boe­re het min­der ge­word.

“Ons het in die af­ge­lo­pe paar jaar op­ge­merk dat al hoe meer er­va­re, ou­er boe­re hul pla­se ver­koop en af­ge­tree het of net op­ge­hou het om aar­tap­pels te plant,” sê mnr. Grant Bol­strid­ge, di­rek­teur van Del­ta Mar­ket A­gents. Del­ta is in 1998 ge­stig en ver­tolk ’n be­lang­ri­ke rol op die Dur­ban­se vars­pro­duk­te­mark.

Hy sê ’n paar pla­se is aan melkboere ver­koop. ’n Aan­tal aar­tap­pel­boe­re het ook oor­ge­ska­kel na wins­ge­wen­der, min­der ar­beids­in­ten­sie­we pro­duk­te. Sty­gen­de in­set­kos­te, ar­beids­on­rus en

plaas­moor­de is ver­de­re strui­kel­blok­ke.

“Die ge­hal­te en op­brengs het eg­ter aan­sien­lik ver­be­ter en as ’n streek moet die boe­re met dié ver­be­te­ring ge­prys word,” sê Grant. “On­ge­luk­kig vind baie boe­re dit steeds moei­lik om mee te ding met die ge­hal­te en sor­te­ring­stan­daar­de in an­der streke. Kli­maats­toe­stan­de, grond­soor­te, siek­tes en in­sek­te speel ook ’n rol.”

Dank­sy ver­le­de jaar se re­kord­pry­se is daar op­nuut be­lang­stel­ling in K­waZu­lu-Na­tal se aar­tap­pel­be­dryf. Weens die droogte is dit eg­ter moei­lik om wins te maak met swak op­brengs­te.

Die aar­tap­pel­be­dryf het baat ge­vind by die o­pe­ning van die nu­we Sim­ba-fa­briek in Dur­ban. Dit het groei ge­sti­mu­leer en meer boe­re aan­ge­moe­dig om spe­si­fiek vir Sim­ba aar­tap­pels te ver­bou. Meer hek­ta­re vir an­der fa­brie­ke is ook on­der kon­trak be­plant.

“Die mo­der­ni­se­ring van boer­de­ry­prak­ty­ke, ma­sji­ne­rie en werk­tuie het ge­help om die aar­tap­pel­boe­re in pas met be­dryf­stan­daar­de te hou. Die hand­ha­wing van hoë stan­daar­de, ge­hal­te en kon­se­kwent­heid is die sleu­tel tot goeie pry­se op die mark­te.

“Die be­kend­stel­ling van nu­we kul­ti­vars het ook ge­help om op­brengs­te te ver­be­ter. Uit­ein­de­lik is dit waar­na el­ke boer streef.”

HERBOU KUD­DES

Die pro­vin­sie het die af­ge­lo­pe twee jaar baie wis­sel­val­li­ge weers­toe­stan­de ge­had, ver­al in die noor­de­li­ke dis­trik­te van La­dy­smith en Dun­dee, sê mnr. Hen­drik Bo­tha, streeks­voor­sit­ter van die Rooi­vleis­pro­du­sen­te­or­ga­ni­sa­sie in K­waZu­lu-Na­tal.

“By Vry­heid, Pon­go­la en M­ku­ze is toe­stan­de nog swak­ker. In baie dis­trik­te het re­ën­val aan­sien­lik ge­wis­sel.”

Die weer het ’n groot rol ge­speel in die moei­li­ke si­tu­a­sie waar­in vee­boe­re hul­le be­vind.

“On­ge­veer 50% van die kom­mer­si­ë­le vleis­bees­boe­re in die pro­vin­sie is fi­nan­si­eel swak­ker af as ver­le­de jaar,” sê Hen­drik.

“Boe­re wat nood­ge­dwon­ge in 2015-’16 hul aan­teel­vee ver­min­der het, teen la­er pry­se as die hui­di­ge pry­se, er­vaar nou ge­brek­ki­ge kon­tant­vloei.

“Heel­wat boe­re het hul aan­teel­vee ty­dens die droogte teen hoë kos­te ge­voer. Hul­le is la­ter ge­dwing om weens die voort­ge­set­te droog­te­toe­stand ’n deel van hul aan­teel­vee te ver­koop om on­der meer ag­ter­stal­li­ge voer­re­ke­nings te be­taal.

“Nou moet boe­re weer hul aan­teel­vee ver­vang, maar dit is feit­lik on­moont­lik weens ho­ër pry­se en ’n te­kort van aan­teel­vee,” sê hy.

Dit duur drie tot vier jaar voor­dat ver­van­gings­ver­se kal­wers le­wer. Dit kan tot vyf jaar duur om weer in vol­le pro­duk­sie te wees.

“Ge­volg­lik bly baie boe­re se fi­nan­si­ë­le po­si­sie on­der groot druk. Ten spy­te daar­van dat die prys van vee­voer van­jaar guns­tig is teen­oor die on­lang­se ver­le­de, het baie boe­re ag­ter ge­raak met pro­duk­sie­kre­diet. Kon­tant­vloei bly dus ’n erns­ti­ge pro­bleem.”

Hen­drik sê eg­ter vleis­boe­re kan hoop­vol bly.

“Met die prys­aan­pas­sings van vleis­pry­se en aan­teel­vee van­af Ja­nu­a­rie van­jaar kan boe­re wat weens die droogte ge­knie­hal­ter is, stel­sel­ma­tig weer op hul voe­te kom. Ons le­wer ’n ge­hal­te­pro­duk waar­voor daar al­tyd ’n goeie aan­vraag sal wees.”

FOTO: JOHAN VAN DER MERWE

Suikerriet het swaar­ge­kry ty­dens die droogte in K­waZu­lu-Na­tal en is om­trent geel in die om­ge­wing van G­rey­town. Die Suid-A­fri­kaan­se sui­ker­riet­kwe­kers­ver­e­ni­ging Ca­ne­g­ro­wers is eg­ter hoop­vol dat die be­dryf nie daar­deur ge­poot­jie sal word nie.

FOTO: MARIEKE SNYMAN

Vee­boe­re moes hul kud­des ty­dens die droogte ver­klein en nou pro­beer hul­le om die kud­des weer op te bou. So­wat 50% van die kom­mer­si­ë­le vleis­bees­boe­re in die pro­vin­sie is fi­nan­si­eel swak­ker daar­aan toe as ver­le­de jaar en word deur ver­skeie pro­ble­me ge­teis­ter.

FOTO: ANDRIES GROENEWALD

Die ma­ka­da­mi­a­be­dryf in K­waZu­lu-Na­tal word al hoe gro­ter. Dié pro­vin­sie het 8 500 ha on­der ma­ka­da­mi­a­neut­bo­me. Na ver­wag­ting kan dit vol­gen­de jaar tot 10 000 ha toe­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.