Sus­ters droom al klein-klein van eie eet­plek

Die twee sus­ters Li­zel­le van der Merwe (30), ’n be­mar­ker, en Ni­co­let­te Hob­son (27), ’n op­ge­lei­de sjef, se ver­lan­ge na die plat­te­land het hul­le te­rug­ge­lok na A­li­wal-Noord, hul tuis­dorp. Daar het hul­le krag­te saam­ge­snoer en ’n kof­fie­win­kel oop­ge­maak.

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

Hoe­kom is The Pan­try so ge­wild?

Ons bak daag­liks vars pas­teie en koe­ke en bied ’n ver­skei­den­heid heer­li­ke ge­bak en de­li-pro­duk­te aan. Ons doen ook spy­se­nie­ring en bak trou- en ver­jaar­dag­koe­ke. Die win­kel het af­de­lings vir ge­sken­ke, ba­bas, twee­de­hand­se kle­re en ’n lief­da­dig­heids­win­kel.

Ons glo in tuis­ge­maak­te pro­duk­te en vars be­stand­de­le en koop waar moont­lik by plaas­li­ke boe­re en on­der­ne­mings. Ons soek el­ke pro­duk met die hand uit. Ons druk ook ons per­soon­li­ke stem­pel op al­les af – van die ver­pak­king tot die win­kel se uit­leg. Die din­ge waar­voor ons lief is, soos A­fri­kaans, ge­dig­te en mu­siek, is dui­de­lik sig­baar in die win­kel.

Wou julle al­tyd saam ’n on­der­ne­ming be­dryf?

Son­der dat ons dit be­sef het, was dit van kleins af ons droom. As dog­ter­tjies het ons “re­stau­rant-re­stau­rant” ge­speel. Ons het selfs boek­ge­hou van al­les en ook kam­ma-spys­kaar­te op­ge­stel. Na­dat ons by ons vo­ri­ge wer­ke be­dank het, wou ons al twee iets nuuts aan­pak. Dit het goed saam­ge­val met my pa se droom om ’n kof­fie­win­kel te be­gin. Dank­sy my ou­ers se hulp kon The Pan­try ’n werk­lik­heid word.

Het jul ou­ers ge­help met die fi­nan­sie­ring?

Ja, ons is baie be­voor­reg in daar­die op­sig. Ons be­taal die le­ning maan­de­liks aan hul­le te­rug.

Was die pad na suk­ses ge­lyk?

Dis van­jaar ons ses­de jaar en el­ke dag het sy eie pro­ble­me, maar ons ge­niet wat ons doen. Ons byt vas en druk deur. Ons glo har­de werk is die e­nig­ste ma­nier om jou dro­me te ver­we­sen­lik. Dis nie moei­lik om ge­mo­ti­veerd te bly nie, want kos maak, bak en om kre­a­tief te wees, is ons pas­sie. El­ke uur se har­de werk en be­plan­ning was tot dus­ver die moei­te werd, want ons het ge­weet ons gaan die vrug­te daar­van pluk.

Wat­ter be­mar­kings­ka­na­le werk?

Fa­ce­book is vin­nig, doel­tref­fend en in­ter­ak­tief. Dit be­reik ook ’n mark wat gro­ter is as ons on­mid­del­li­ke om­ge­wing. Ons ge­bruik dit daag­liks. Ons ad­ver­teer ook so dan en wan in ons plaas­li­ke koe­rant.

Skep julle ook werk?

Ons neem twee plaas­li­ke vroue, Ret­ha­bi­le M­zi­li­ka­zi en Yo­lan­da Kou­ta, in diens. Hul­le is vrien­de­lik en be­reid om te werk. Elk­een word ge­mo­ti­veer deur haar daag­lik­se doel­wit­te, wat by­dra tot pro­duk­ti­wi­teit en ’n aan­ge­na­me werks­om­ge­wing. Die at­mos­feer in die win­kel en kom­buis is al­tyd ge­sel­lig. Ons skroom nie om ’n be­sem te gryp en die vloer te vee of me­kaar te help waar dit no­dig is nie. Nie­mand wag vir ’n an­der een om dit te doen nie. Ons ma, El­sa­bé S­mit, help ook. Ons is dus ’n span van vyf. S­pan­werk is baie be­lang­rik.

Wat maak julle suk­ses­vol?

Ons is per­soon­lik by die on­der­ne­ming be­trok­ke. Per­soon­li­ke diens, vrien­de­lik­heid en hulp­vaar­dig­heid dra be­slis by tot die suk­ses van e­ni­ge on­der­ne­ming. ’n Klant moet ge­luk­kig en te­vre­de by die kof­fie­win­kel uit­stap.

Hoe be­lang­rik is goeie be­plan­ning?

Ons be­plan en merk die dag se doel­wit­te af na­ma­te ons dit be­reik. Dit help om a­re­as te i­den­ti­fi­seer waar­op ons meer klem moet lê, maar ook a­re­as waar ons moet af­skaal. Ons glo nie aan uit­stel nie; doen iets da­de­lik, maar moe­nie al­les self pro­beer doen nie – de­le­geer!

Wat­ter sa­ke­les­se het julle al ge­leer?

Doen eers deeg­lik na­vor­sing. Sorg ook dat oor­een­koms­te op skrif is so­dat jy daar­op kan staat­maak in­dien iets skeef­loop.

FOTO: VERSKAF

1 1. Li­zel­le van der Merwe, Ret­ha­bi­le M­zi­li­ka­zi, Yo­lan­da Kou­ta, Ni­co­let­te Hob­son en El­sa­bé S­mit by van die tuis­ge­maak­te pro­duk­te wat hul­le in The Pan­try ver­koop.

FOTO: CORELI ROOS

2

2. Die sus­ters het hul u­nie­ke stem­pel op die kof­fie­win­kel af­ge­druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.