Hooimaak & weiding

Ver­skil­len­de gras­soor­te het ver­skil­len­de be­hoef­tes wat ge­hal­te­be­stuur be­tref. Boe­re moet dus die ei­en­skap­pe van die gras­soor­te wat hul­le vir weiding ge­bruik, baie goed ken.

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

Be­stuur aan­ge­plan­te wei­dings reg. Dít sal ver­se­ker dat die ge­was ’n ho­ër op­brengs le­wer, vir her­groei ge­bruik kan word en lan­ger oor­leef.

LANGSWENKGRAS

Langswenkgras (Fe­stuca a­run­di­na­cea) is ’n ge­ma­tig­de, meer­ja­ri­ge pol­gras wat oor feit­lik die he­le Suid­A­fri­ka ge­bruik word. Dit is be­ter om dié gras on­der be­sproei­ing te ves­tig, want dit be­no­dig on­ge­veer 800 mm re­ën­val (deur die jaar ver­sprei).

In som­mi­ge ge­bie­de, waar die re­ën­val 800 mm oor­skry en langswenkgras in swaar, turf­ti­pe klei­grond ge­ves­tig kan word, kan dit son­der be­sproei­ing ver­bou word. Langswenkgras flo­reer in dié soort grond. Dit kan ook wa­ter­deur­drenk­te grond weer­staan. In ge­val­le waar die grond eg­ter goed drei­neer of san­de­rig is, is be­sproei­ing nood­saak­lik.

Langswenkgras se le­wens­duur hang ver­al af van die kli­maat, grond en be­stuur. ’n Goed be­stuur­de stel­sel in ’n ge­ma­tig­de kli­maat oor­leef min­stens vier tot se­we jaar, maar som­mi­ge per­se­le in Suid­A­fri­ka is al 20 jaar oud.

Langswenkgras bly deur die he­le jaar groen en eet­baar, hoe­wel se­ke­re ou­er kul­ti­vars nie dié ei­en­skap­pe ver­toon nie. Voor­heen was langs­wenk­gras­kul­ti­vars swak­ker as wat dit van­dag is. Die ou­er langs­wenk­gras­kul­ti­vars was min­der smaak­lik en het moei­li­ker ver­teer. Dit het ook in­ter­ne swam­me met al­ka­lo­ïe­de be­vat wat ’n reeks ver­te­rings­ver­steu­rings by vee ver­oor­saak het, van sub­kli­nie­se hit­te­stres tot vrek­tes.

Dié ken­mer­ke is eg­ter gro­ten­deels uit langswenkgras ge­teel. Dees­dae is die kul­ti­vars smaak­li­ker, mak­li­ker ver­teer­baar en ook deur die he­le jaar vei­lig.

As in­ten­sief be­sproei­de, ge­ma­tig­de weiding is langswenkgras die mak­lik­ste om te be­stuur. Dit weer­staan mis­han­de­ling in die vorm van weiding en ge­brek­ki­ge be­sproei­ings­be­stuur be­ter as by­voor­beeld meer­ja­ri­ge raai­gras. Baie boe­re wat nie voor­heen ge­ma­tig­de gras­soor­te ge­bruik het nie, ge­bruik nou langswenkgras om­dat die be­stuur daar­van baie soos veld­be­stuur is.

Langswenkgras is ui­ters ge­skik vir die maak van staan­de hooi. Die gras wat in die herfs en win­ter uit­ge­groei het, word ge­bruik. Staan­de hooi van langswenkgras bly die he­le win­ter groen, smaak­lik en die ge­hal­te wis­sel van re­de­lik tot goed.

Langswenkgras het eg­ter ook ’n paar na­de­le. In die win­ter, ver­al in Suid­A­fri­ka se kou­er streke, vind groei baie sta­dig plaas of glad nie. Die bla­re sal groen en eet­baar wees, maar so­dra die

grond­tem­pe­ra­tuur on­der 6°C daal, kom die groei feit­lik tot ’n stil­stand. Ge­volg­lik moet langswenkgras meest­al in die koud­ste win­ter­maan­de met ’n an­der bron van voer aan­ge­vul word.

BLOUBUFFELSGRAS

Bloubuffelsgras (Cen­chrus ci­li­a­ris) is ’n meer­ja­ri­ge, pol­gras wat in die so­mer groei. Dit het soms krui­pen­de halms wat by die kno­pe wor­tel­skiet en vorm kort, har­de wor­tel­stok­ke (Ro­berts & Fou­rie, 1975). In guns­ti­ge toe­stan­de is die gras blaar­ryk met ’n ken­mer­ken­de blou­groen of hel­der­groen kleur na ge­lang van die kul­ti­var (Dann­hau­ser, 1987).

Die bla­re is tot 10 mm breed en 250 mm lank. Vol­gens Tain­ton, Brans­by & Booy­sen (1976) is die stin­gels her­haal­de­lik ver­tak, hout­ag­tig as dit ryp is en dit word tot 1 200 mm lank. Die bloei­wy­se is ’n kom­pak­te, bor­sel­ag­ti­ge, si­lin­drie­se struk­tuur, tot 120 mm lank en dit het dik­wels ’n pers voor­koms. Ryp saad kom dan mak­lik los van die stin­gel. Die gras het ’n be­son­de­re geur.

Ge­was­ver­eis­tes en ge­brui­ke

Bloubuffelsgras is aan­ge­pas by die warm, la­e­re­ën­val­ge­bie­de van Suid­A­fri­ka. Dit is ’n bui­ten­ge­woon droog­te­be­stan­de gras wat vin­nig stoel deur mid­del van on­ der­grond­se lo­pers.

Bloubuffelsgras aard op e­ni­ge grond bui­ten baie lig­te sand­grond. Dit kom dik­wels op kalk­ag­ti­ge grond voor en kan nie baie suur grond ver­dra nie. Dit sal baie nat toe­stan­de vir ’n be­perk­te tyd oor­leef. Dit ont­wik­kel ’n sterk wor­tel­stel­sel tot 1 500 mm diep as die fi­sie­ke ei­en­skap­pe van die grond dit toe­laat.

Bloubuffelsgras word dik­wels vir vleis­bees­te ge­bruik, maar is ook ge­skik vir melk­koeie, ska­pe, per­de en die maak van hooi.

Be­wei­ding en hooimaak

Die be­nut­ting van bloubuffelsgras deur die die­re wat wei, kan be­skou word as deel van ’n to­ta­le stel­sel wat die veld, ge­ves­tig­de wei­dings en moont­li­ke oes­res­te in­sluit. Die doel met ’n blou­buf­fels­gras­wei­ding is ge­woon­lik om druk op die veld te ver­lig, ver­al in die vroeë so­mer.

Groei be­gin ná die eer­ste goeie so­mer­re­ën, wat be­te­ken be­wei­ding kan nor­maal­weg in No­vem­ber be­gin wan­neer die gras om­trent 300 mm hoog is. Bees­te vreet bloubuffelsgras van bo na on­der, en die wei­dings­druk ty­dens die wei­pe­ri­o­de moet so wees dat die gras slegs lig­gies be­wei, of heel­te­mal op­ge­vreet word. As dit half­pad af­ge­vreet word, ont­wik­kel nu­we bla­re

van­uit die lit­te, en die weiding wat dan be­skik­baar is, is ’n meng­sel van nu­we bla­re en ou, har­de stin­gels.

Die weiding ver­loor só sy smaak­lik­heid en daar­om word bloubuffelsgras soms as ’n on­smaak­li­ke gras be­stem­pel.

Die ma­nier waar­op be­nut­ting toe­ge­pas word, is dus óf ’n baie vin­ni­ge wis­sel­wei­ding óf ’n be­trek­lik lang wei­pe­ri­o­de waar­ty­dens die gras heel­te­mal op­ge­vreet sal word. As dit eg­ter so­mer word, groei die gras vin­ni­ger en dan word dit al hoe moei­li­ker om e­ni­ge van die wei­dings­me­to­des te ge­bruik. Maak dan hooi of spaar die weiding vir ge­bruik in die win­ter.

Die ka­li­um­in­houd van bloubuffelsgras is dik­wels re­de­lik hoog. Vul dus ka­li­um aan waar jy hooi sny. Teen die ein­de van die win­ter be­hoort al­le on­ge­vre­te, ou ma­te­ri­aal af­ge­sny te word.

Dit kan we­lis­waar e­ni­ge tyd van die jaar ge­doen word wan­neer sur­plus­groei op­ge­bou het. Bloubuffelsgras moet al­tyd so blaar­ryk moont­lik ge­hou word.

Die­re­pro­duk­sie

Die wins­ge­wend­ste ma­nier om be­mes­te weiding te be­nut, is deur jong, groei­en­de die­re. In die ek­s­ten­sie­we soet­veld­ge­bie­de is dit goed om die be­nut­ting van die veld te be­perk ty­dens die vroeë so­mer, en om aan­ge­plan­te weiding mak­si­maal te be­nut.

Na ge­lang van die weiding wat be­skik­baar is, kan al­le vee in ’n sta­di­um aan die veld ont­trek word, wat i­de­aal vir veld­be­stuur sal wees. Dit is voor­de­lig om ver­van­gings­ver­se, speen­kal­wers en soms koeie met jong kal­wers op be­mes­te weiding te laat loop.

LU­SERN

Lu­sern kan as ’n in­ten­sie­we, ho­ë­pro­du­se­ren­de ge­was on­der be­sproei­ing of in dro­ë­land­toe­stan­de met ’n jaar­lik­se re­ën­val van min­der as 500 mm suk­ses­vol ver­bou word. Lu­sern is aan­ge­pas tot ’n wye reeks kli­maats­toe­stan­de, maar dit het spe­si­fie­ke grond­ver­eis­tes ten op­sig­te van drei­ne­ring en grond­suur­heid. Lu­sern ver­dra nie a­lu­mi­ni­um in die grond nie en daar­om moet die per­sen­ta­sie suur­ver­sa­di­ging ver­kies­lik nul wees.

Om in dié ver­eis­tes te voor­sien kan kalk in die grond in­ge­werk word – hoe die­per hoe be­ter.

Lu­sern word dik­wels die “ko­ning van voer­ge­was­se” ge­noem om­dat dit ’n voer van hoë ge­hal­te is, 18-20% ru­pro­te­ïen be­vat en mak­lik ver­teer. Lu­sern is be­son­der smaak­lik en groei goed on­der be­sproei­ing. Dit is ’n sterk meer­ja­ri­ge plant en sal ses jaar en lan­ger goed groei. Lang­le­wend­heid is af­hank­lik van die be­stuur en die dor­man­sie­klas van die kul­ti­var.

In ge­val­le waar lu­sern be­wei word, word dit soms aan­hou­dend be­wei en dit laat die ge­was se groei­krag af­neem.

Nog ’n wan­prak­tyk is dat lu­sern in die win­ter be­wei word. Win­ter­be­wei­ding son­der rus in die herfs of len­te ver­laag die op­brengs en leef­tyd van die lu­sern dras­ties.

Swak be­stuur lei daar­toe dat lu­sern erns­ti­ge blaar­ver­lie­se toon ty­dens sei­soe­na­le droog­tes. Die lu­sern moet dus op die reg­te tyd be­nut word.

In droë, mar­gi­na­le ge­bie­de kan lu­sern se leef­tyd ver­leng word deur die plan­te lank te laat rus, en dit nie te laat be­wei voor­dat saad ge­vorm is nie. Dit gee die plant kans om re­ser­wes na sy wor­tels te ver­plaas vir die be­nut­ting van die vol­gen­de sei­soen se re­ën.

In ho­ë­re­ën­val­toe­stan­de en on­der be­sproei­ing moet lu­sern be­stuur word deur ’n deeg­li­ke in­spek­sie van die her­groei op die kroon, en nie deur 10% blom­per­sen­ta­sie te ge­bruik nie.

Pan­nar het die in­lig­ting verskaf.

FOTO: CHARL VAN ROOYEN

In­drin­ger­bos­se het voor­heen hier so dig ge­groei dat die weiding niks werd was nie. Nou is dit ’n blou­buf­fels­gras­land met groot bo­me vir ska­du wat ’n guns­ti­ge ha­bi­tat skep vir roof­vo­ëls wat slan­ge en mui­se in toom hou.

FOTO: ARGIEF

’n Stand langswenkgras on­der be­sproei­ing. Die aan­plan­ting is se­we jaar oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.