Plaas­ver­ko­pe

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud - — JO­HANN BORNMAN

Die vol­gen­de ont­le­ding van grond­ver­ko­pe in Suid-A­fri­ka is van tran­sak­sies vir grond van meer as 10 ha in Lim­po­po, Gau­teng en K­waZu­lu-Na­tal van­af Ju­lie ver­le­de jaar tot Ju­nie van­jaar.

Agt dis­trik­te in Lim­po­po toon dalende grond­prys­nei­gings. In dié pro­vin­sie was daar 510 oor­een­koms­te in 13 dis­trik­te. Dit het 197 321 ha teen R2,709 mil­jard be­hels. Daar­van was 19% tran­sak­sies van kleur. Dié soort tran­sak­sies sluit in ver­han­de­lings tus­sen in­di­vi­due, Re­ge­rings­aan­ko­pe van land­bou­grond en grond wat vir ste­de­li­ke ont­wik­ke­ling ver­kry is. Dit het 16,2% van al die ver­han­del­de hek­ta­re in Lim­po­po teen R437 mil­joen (16,1% van die to­ta­le waar­de) be­hels.

In Gau­teng was daar 530 tran­sak­sies wat 56 904 ha teen R7 mil­jard be­hels het. Daar­van was 132 (24,9%) oor­een­koms­te van kleur. Meer as 61% van die tran­sak­sies was vir grond van min­der as 50 ha. Pry­se in ál die dis­trik­te het ge­daal, ver­al by Car­le­ton­vil­le (12,2%).

Al­te­sa­me 426 tran­sak­sies in 12 dis­trik­te in K­waZu­lu-Na­tal het grond van 128 610 ha teen R3,336 mil­jard be­hels. Daar­van was 29% tran­sak­sies van kleur. So­wat 27% van die tran­sak­sies was vir grond van meer as 300 ha. Grond­pry­se pres­teer oor­we­gend guns­tig, met dalende nei­gings in vier dis­trik­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.