Boe­ke

Goog­le­loer, hom­mel­tuig, sel­f­ie en an­tie – dis al­les voor­beel­de van nu­we woor­de wat vir die eer­ste keer in die A­fri­kaan­se woor­de­lys en spel­re­ëls (AWS) ver­skyn. Dié nut­ti­ge gids vier van­jaar sy hon­derd­ste be­staans­jaar met ’n nu­we, elf­de uit­ga­we. Prof. Gerha

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

Jy is ’n plaas­kind uit Noord­wes. Wan­neer het die taal­gog­ga jou ge­byt?

Juis daar in my kin­der­plaas­dae. My pa het nooit vir ons sto­ries ge­lees nie, maar dik­wels ge­dig­te uit D.J. Op­per­man se Groot

Ver­se­boek – C. Louis Lei­poldt, To­ti­us, Jan F. Cel­liers. Dit het die klank van A­fri­kaans in my in­ge­bed. En dan na­tuur­lik won­der­li­ke taal­on­der­wy­sers – nie net A­fri­kaans nie, maar ook En­gels en Duits. Dis die men­se in jou groot­word­ja­re wat jou eint­lik ’n lief­de en ’n pas­sie vir taal kan gee. Ek het aan­vank­lik baie meer van die let­ter­kun­de ge­hou, maar op Tuks het die taal­kun­de­g­og­ga my ge­byt, weer­eens on­der die in­spi­re­ren­de lei­ding van uit­mun­ten­de do­sen­te.

Wat­ter nu­we nei­gings in A­fri­kaans word in die AWS op­ge­neem?

Die AWS was eint­lik nog al­tyd ’n pro­duk van die tyds­gees. Die oor­sprong van die AWS lê in die be­hoef­te wat be­staan het om A­fri­kaans as skool­taal te ves­tig. Dit was ver­al C.J. Lan­gen­ho­ven wat met y­wer werk daar­van ge­maak het om A­fri­kaans in die sko­le te help invoer. In die 50’s en 60’s van die vo­ri­ge eeu was daar ’n ont­plof­fing in A­fri­kaan­se vak­taal en ter­mi­no­lo­gie, en die woor­de­lys­ge­deel­te is e­norm uit­ge­brei met teg­nie­se woor­de­skat. Met die aan­breek van die nu­we mil­len­ni­um was daar wê­reld­wyd ’n be­we­ging na gro­ter prag­ma­tis­me, en ons sien dan hoe re­ëls in die

AWS meer ge­brui­kers­vrien­de­lik aan­ge­bied word. Maar die AWS ge­tuig ook van die leef­wê­reld van die mo­der­ne A­fri­kaans­spre­ker – ie­mand wat ’n wê­reld­bur­ger is, nie skaam of bang is om in kon­tak te wees met spre­kers van an­der ta­le nie, ie­mand wat moet kan saam­praat en saam­skryf met En­gel­se, Duit­sers, C­hi­ne­se, In­di­ërs, ens. Die AWS is en bly dus nie net ’n taal­gids nie, maar ook ’n kul­tu­re­le skat.

Die AWS spog ook met ’n klom­pie nu­we woor­de, wat ook van toe­pas­sing is op die landbou (bv. hom­mel­tuig). Kan jy aan nog ’n paar dink?

Die land­bou­wê­reld was nog al­tyd ’n ryk bron wat A­fri­kaans ge­voed het – dink maar aan tal­le i­di­o­me, soos “van wolf skaap­wag­ter maak”, “ag­ter­os kom ook in die kraal”, “ie­mand se ploeg loop vlak” en ’n mo­der­ne ene, soos “gooi mielies!”.

Voor­beel­de van nu­we woor­de wat vir die land­bou­ge­meen­skap van waar­de is, sluit in beurt­krag, be­wa­rea, bid­sprin­kaan, bi­o­di­ver­si­teit, hi­dro­bre­king, im­buia, ke­ker­ert­jie, ska­lie­gas, skier­vlak­te en wa­ter­skaars­te.

Die SA A­ka­de­mie vir We­ten­skap en Kuns se Taal­kom­mis­sie, waar­van jy die voor­sit­ter is, stel die AWS saam. Wat ge­beur ag­ter die skerms? Hoe be­sluit julle wat­ter re­ëls of woor­de haal die gids en wat­ter hoort nie meer in die AWS nie?

Dis ’n lang en har­de pad om te stap, maar baie lek­ker. Om­dat al­le le­de van die Taal­kom­mis­sie taal­men­se is, is ons ge­du­rig in aan­ra­king met nu­we teks­te en met men­se in ver­skil­len­de kon­teks­te (soos op Fa­ce­book). Wan­neer ons ’n woord te­ë­kom wat moont­lik ’n spel­ling- of skryf­pro­bleem kan op­le­wer (by­voor­beeld “pre­mi­um­pe­trol”, want men­se twy­fel of dit los of vas ge­skryf moet word), of wat om er­ken­ning vra (by­voor­beeld “hom­mel­tuig” vir die En­gel­se dro­ne), be­gin ons om na­vor­sing oor el­ke woord te doen. Is dit taal­kun­dig kor­rek? Kom dit met ’n hoë fre­kwen­sie in ’n ver­skei­den­heid teks­te voor? Kom dit reeds in an­der woor­de­boe­ke voor? Wat maak die Ne­der­lan­ders, Duit­sers, En­gel­se, No­re, S­we­de of an­der ta­le met dié woord? Op grond van dié in­lig­ting word daar dan uit­ein­de­lik (meest­al) ’n kon­sen­sus­be­sluit ge­neem. Dit stop eg­ter dan nie daar nie, want dan moet ons ook nog toets of ver­ta­lers en teks­ver­sor­gers met ons saam­stem. Dit is dus nie som­mer ’n leun­s­toel­wer­kie nie . . .

Die he­le ly­wi­ge gids is ook aan­lyn be­skik­baar. Waar­om het julle dié be­sluit ge­neem?

Die mo­der­ne A­fri­kaans­spre­ken­de ge­bruik ei­e­tyd­se teg­no­lo­gie. Daar moet geen ver­sko­ning wees waar­om jy nié jou AWS kan raad­pleeg nie. Van­af van­jaar leef jou

AWS dus ook op jou skoot­re­ke­naar, jou slim­foon of ta­blet. Ho­pe­lik spoor dit ook ’n jon­ger ge­slag aan om die AWS meer ge­reeld en met vrug te ge­bruik.

Wat maak jou op­ti­mis­ties oor die toekoms van A­fri­kaans?

Ek bly in P­re­to­ria en praat op ’n daag­lik­se ba­sis min En­gels. Van in­ko­pies by die S­par tot ge­sprek­ke met ’n pro­ku­reur of an­der a­ka­de­mi­ci ge­skied in A­fri­kaans. Ek be­sef dat dit se­ker­lik iet­wat van ’n en­kla­ve is, maar des­al­nie­te­min word A­fri­kaans nog baie ge­bruik. As ons daar­in kan slaag om vir A­fri­kaans ’n vrien­de­li­ke ge­sig te gee, kan dit net be­ter met die taal en sy men­se gaan. En daar­oor is ek op­ge­won­de.

Die A­fri­kaan­se woor­de­lys en spel­re­ëls word deur P­ha­ros uit­ge­gee. Dit kos R450.

2

2. Prof. Ger­hard van Huys­steen be­skou die AWS as ’n lief­destaak. Die hui­di­ge Taal­kom­mis­sie, a­ka­de­mi­ci en taal­prak­ti­syns het se­dert 2009 meer as 700 uur aan ge­sa­ment­li­ke ver­ga­de­rings be­stee om die AWS by te werk, en dít son­der e­ni­ge ver­goe­ding.

1 1. Hon­derd jaar jonk. Die A­fri­kaan­se woor­de­lys en spel­re­ëls het on­langs vir die elf­de keer ver­skyn, net mooi ’n eeu na­dat dit die eer­ste keer ge­pu­bli­seer is. Die nu­we gids be­slaan meer as 800 bladsye, ter­wyl die 1917-uit­ga­we net 196 bladsye dik was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.