1 KENIA | Po­li­tiek knou kof­fie­mark

Landbouweekblad - - Lbw Nuus - — Dai­ly Na­ti­on

Die kof­fie­be­dryf in Kenia is tot stil­stand ge­ruk deur die po­li­tie­ke on­se­ker­heid in die land se­dert Kenia se hoog­ge­regs­hof die pre­si­dents­ver­kie­sing van 8 Au­gus­tus weens on­ge­rymd­he­de nie­tig ver­klaar het.

Mnr. Jus­tus Ki­a­go, ad­junk­di­rek­teur van die land se ko­ö­pe­ra­tie­we u­nie, sê in­ter­na­si­o­na­le kof­fie­ko­pers het be­sluit om weg te bly uit Kenia tot ná die nu­we ver­kie­sing wat deur die hof ge­las is.

Die po­li­tie­ke woe­lin­ge val saam met die vroeë oes­tyd, wat dit moei­lik maak vir boe­re om sei­soen­wer­kers te kry om die kof­fie­bo­ne te oes. Dit be­te­ken die ho­ë­graad­se bo­ne, wat nou ge­pluk moet word, sal aan die bo­me ver­droog en dan teen la­er pry­se ver­koop moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.