LBWVRA...

Landbouweekblad - - Lbw Graan -

MN­RE. WIL­LEM EN HEIN VI­SA­GIE WAT­TER TEG­NO­LO­GIE MAAK DIE GROOT­STE VER­SKIL IN JUL BOER­DE­RY?

In ons toe­stan­de het die koms van tand­plan­ters die groot­ste ver­skil ge­maak, ver­al wat ver­min­der­de ver­keer op die land be­tref. Met plan­ters kan ons on­kruid­be­kam­ping, plant én die band­pla­sing van kuns­mis in een be­we­ging doen. Saad­pla­sing is ak­ku­ra­ter en band­pla­sing het ge­help dat ons min­der kuns­mis ge­bruik. Die an­der groot voor­deel van plan­ters was dat dit ná ’n droë so­mer deur har­de grond kan werk.

WAT IS DIE SLIMSTE DING WAT JULLE IN JUL BOER­DE­RY GE­DOEN HET?

Ons het be­tyds be­gin om grond by te koop, voor die grond­pry­se so die hoog­te be­gin in­skiet het.

WAT IS DIE GROOT­STE FOUT WAT JULLE GE­MAAK HET?

Ons doen baie moei­te om din­ge die eer­ste keer reg te doen (en nie erns­ti­ge foute te maak nie). Ons uit­gangs­punt is om op klein skaal te eks­pe­ri­men­teer, so­dat ons nie baie ver­loor wan­neer iets wel ver­keerd gaan nie.

HOE BE­ÏN­VLOED VAN­JAAR SE LAE RE­ËN­VAL JULLE?

Ons het ons be­mes­ting ver­min­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.