SÓ WERK DIE OU­TO­MA­TIE­SE DEUR­DRUK­KER

Landbouweekblad - - Lbw Boereplan -

Ka­non­kop se ou­to­ma­tie­se deur­druk­ker be­weeg van kuip tot kuip om be­tyds en pre­sies deur­druk­ke te doen. Mnr. Gaf­fie le Roux van Le­a­ding Ed­ge op S­tel­len­bosch ver­dui­de­lik hoe die ma­sjien werk.

Die ma­sjien kan vo­ren­toe en ag­ter­toe be­weeg oor die leng­te van die kui­pe so­dat die he­le koek deur­ge­druk word. Dit kan ook links en regs, van kuip tot kuip, be­weeg. Hier­die be­we­ging, op die x- en y-as­te, word ge­doen met ’n drie­fa­se vier­pool-in­duk­sie­mo­tor van 0,37 kW, wat met ver­an­der­li­ke spoed (VSD) aan­ge­dryf word.

Wan­neer die ma­sjien bo ’n kuip ge­po­si­si­o­neer is, word die deur­druk-ak­sie met ’n Del­ta ser­vo-mo­tor uit­ge­voer. Dit kan 3 000 r/min. be­reik, maar dank­sy ’n 20-1-rat­kas draai dit teen so­wat 60/min. Die ser­vo-mo­tor word deur ser­vo-aan­dry­wing be­heer, wat be­te­ken dit kan spoed en druk be­heer (by­voor­beeld sta­di­ge ver­snel­ling).

“Met die VSD’s en die ser­vo-aan­dry­wing kan die spoed met ’n ver­stel­ling op die HMI-skerm (mens-ma­sjien-kop­pel­vlak) aan­ge­pas word vol­gens die tyd wat die deur­druk-ak­sie moet plaas­vind,” sê Gaf­fie.

Ge­woon­lik ver­eis hul­le dat ’n kuip so­wat 2 mi­nu­te lank deur­ge­druk word om die dop­pe en sap goed te meng, maar dié tem­po kan aan­ge­pas word.

El­ke kuip is met sen­sors toe­ge­rus wat me­taal­voor­wer­pe kan waar­neem wan­neer dit na­by die sen­sor kom, son­der dat kon­tak tus­sen die twee plaas­vind. Dit staan be­kend as in­ducti­ve

prox­i­mi­ty-sen­sors en word deur S­chnei­der E­lec­tric ver­vaar­dig. Dié sen­sors be­paal hoe die ma­sjien bo ’n kuip ge­po­si­si­o­neer word.

Sei­ne word na ’n pro­gram­meer­ba­re lo­gie­se be­heer­der (PLC) ge­stuur, waar dit na bi­nê­re ko­de om­ge­ska­kel word om die ligging van die ma­sjien te be­paal. Dit be­paal ook of die ma­sjien sy deur­druk­ak­sie moet staak en moet op­lig om bo-oor ’n kuip­muur te be­weeg.

“Die op­ligak­sie word met li­ne­ê­re aan­dry­wers op die kar­re­tjie ge­doen. As die sen­sors lees die ma­sjien is ge­lig, kan die druk-ak­sie nie plaas­vind nie,” sê Gaf­fie.

Die ma­sjien kan ook ten vol­le ou­to­ma­ties funk­si­o­neer, wat be­te­ken dit kan ou­to­ma­ties in el­ke kuip be­gin trap en dan weer te­rug­keer na die be­gin­sta­sie.

“Daar is twee pro­gram­me wat die ma­sjien be­heer. ’n Se­mi-ou­to­ma­tie­se pro­gram gee die operateur meer be­heer oor die druk-ak­sie (soos om dit na ’n spe­si­fie­ke kuip te s­tuur, maar dan die kuip ou­to­ma­ties te laat deur­druk). ’n Vol-ou­to­ma­tie­se pro­gram laat be­weeg die druk­arm met die druk van ’n knop­pie na ’n spe­si­fie­ke kuip of ver­skeie kui­pe in ’n spe­si­fie­ke volg­or­de.”

In­lig­ting, soos hoe lank die ma­sjien ge­loop het, hoe laat dit be­gin en klaar­ge­maak het of wat die spoed was waar­teen dit ge­werk het, kan van­af die HMI-skerm op ’n ge­heu­e­stok­kie ge­bê­re word.

Gaf­fie meen die ma­sjien kan selfs ver­der ont­wik­kel word. “Die vol­gen­de stap is om el­ke kuip se tem­pe­ra­tuur ook op die HMI­skerm te gee. Die stel­sel is uit ’n pro­gram­me­rings­oog­punt baie veel­sy­dig en het baie po­ten­si­aal om nog ver­der te ont­wik­kel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.