OU ÉN NUWE SKANSE VIR KUDDES NODIG
Die groot vraag na vleis en goeie vleispryse dien as aansporing vir veediewe, wat sowat R2 500 per stuks vee per dag kan verdien. Boere moet dus ou én nuwe metodes inspan om dié misdaad die hoof te bied, was die boodskap op die eerste konferensie oor landelike misdaad wat onlangs by Centurion gehou is.
Me. Cecili Doorewaard van die Universiteit van Suid-Afrika se departement kriminologie en sekerheid s wetenskappe sê veediefstal is “’n baie lonende misdaad”, wat die afgelope paar jaar tot’ n styging in veediefstalinsidente gelei het.
“Dit is veral ’n aantreklike opsie omdat vee, anders as ander kommoditeite, nie waarde verloor nie. Beeste verhandel tans teen sowat R10 000 elk en skape en bokke teen sowat R2 000 elk,” het sy gesê.
Die uitvloeisel daarvan is dat veediefstal ’n georganiseerde misdaad geword het.
“Die toepassing van kriminologiese studie sal in die toekoms hopelik ’n groeiende rol speel om te help om die neiging van veediefstal beter te verstaan en só help om misdaad te bekamp.”
Verder het dr. Witness Maluleke van die Universiteit van KwaZulu-Natal gesê konvensionele identifikasie metodes, soos die tatoeëring van kleinvee en brandmerk van grootvee, is nie meer genoeg om veediefstal te keer of vee wat gesteel is, te identifiseer nie. Boere moet dus konvensionele metodes met nuwe tegnologie kombineer. Met verwysing na die gebruik van radiofrekwensie-identifikasie (RFID), koord los e sensor nodenetwerke( WS N) e nW iF i vir die voorkoming van veediefstal, sê Maluleke die waarde van sulke tegnologie is onduidelik vir heelwat veeboere. Baie verlaat hulle nog net op die konvensionele metodes, soos voorgeskryf in die Veediefstalwet (Wet 57 van 1959), die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002), die Ouderdom van Diere tydens Merk (regulasie nr. 11) en die Vleis veiligheidswet( Wet 40 van 2000).