Landbouweekblad

‘SA VRA GEREELD TARIEWE’

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA is die land waar die meeste aansoeke om teen stortings tariewe gebring word, aldus mnr. Jim Sumner, die voorsitter van die Amerikaans­e raad vir die uitvoer van hoender en eiers (USAPEEC).

Suid-Afrika hef onder meer teen stortings tariewe op bevrore Amerikaans­e hoenderstu­kke aan die been.

Die Kommissie vir Internasio­nale Handel s administra­sie( I ta c) heroorweeg sulke tariewe elke vyf jaar en invoerders kan dan redes daartéén aanvoer. Sumner het egter op ’n onlangse besoek aan Suid-Afrika laat blyk dat hulle moed opgegee het om dit te probeer betwis.

“Ons het aan vorige hersiening­s probeer deelneem en miljoene dollar aan regskoste bestee, maar ons feite en syfers het op dowe ore geval.”

Die tarief is weer vroeër vanjaar hersien.

“Ons het gesê ons kan nie verder geld in ’n donker, diep gat gooi nie,” het Sumner aan joernalist­e gesê.

Hy is onlangs aangehaal dat hy in Brasilië gesê het Suid-Afrika is die mees proteksion­istiese mark ter wêreld.

Mnr. David Wolpert, uitvoerend­e hoof van die Assosiasie van Vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (Amie), het op die mediagelee­ntheid gesê in sy nege jaar in die in-en-uitvoerbed­ryf, was daar sowat elke 18 maande ’n plaaslike sektor wat stappe teen invoerders van stapel gestuur het.

Hy het ook gesê die Regering gebruik tans voëlgriep “as verskoning” om Europese hoender uit Suid-Afrika te hou en dat Amie regstappe daaroor van stapel begin stuur het.

Me. Zelda Sharp van die USAPEEC het gesê dit is belangrik vir ’n land om handelsven­note te hê vir wanneer voëlgriep of ander siektes uitbreek.

WYE MARK

Amerika se hoenderuit­voer na Suid-Afrika is klein vergeleke met hoender van ander lande af, asook vergeleke met wat Amerika na ander lande uitvoer, maar diversifis­ering is belangrik vir Amerika.

“Ons bedryf se sukses kan toegeskryf word aan sy vermoë om by die mark aan te pas,” sê Sumner. Rusland en China was voorheen Amerika se twee grootste uitvoer bestemming­s, maar weens Rusland se sanksies en China se verbod ná die uitbreking van voëlgriep in Amerika het Amerika sy uitvoer na ander lande uitgebrei.

Verlede jaar was sy ses grootste uitvoermar­kte Mexiko (21,9%), Hongkong (9,8%), Kanada (6%), Taiwan (5,8%), Angola (4,6%) en Kuba (3,5%).

Suid-Afrika is negende op die lys en val in die kategorie “res van die wêreld”, waarheen 48,5% van Amerika se hoenderuit­voer verlede jaar gegaan het, vergeleke met 36% sewe jaar gelede.

STUKKE AAN DIE BEEN

Sumner het gesê die grootste deel van Amerikaans­e hoenderpro­duksie word in Amerika self geëet, selfs “bruin vleis” en agterkwart­e.

In Amerika kan kleinhande­laars borsvleis teen ’n hoër prys as vir agterkwart­e verkoop vanweë die gewildheid daarvan.

Sumner sê die agterkwart­e wat na Suid-Afrika uitgevoer word, word teen dieselfde prys as in Amerika en enige ander land verkoop. “Ons gee nie enige spesiale afslag aan Suid-Afrika nie.”

Dit behels volgens hom dus nie storting nie, maar Amerika het dié geveg (of dit storting is of nie) 17 jaar gelede verloor nadat die Suid-Afrikaanse bedryf gesê het Amerika verkoop dié stukke plaaslik teen pryse wat laer as produksiek­oste is.

 ??  ?? Mnr. Jim Sumner
Mnr. Jim Sumner

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa