Landbouweekblad

GROOT PRODUSENTE TERUG IN DIE NES

- — CARIEN KRUGER

DI Eland se grootste pluimveepr­odusente het terwille van samewerkin­g hul geskille uit die weg geruim.

Groot braaihoend­er produsente wat vir verskillen­de tydperke nié meer lid was van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging( SAP V) nie, het nou weer eens by die organisasi­e aangesluit.

Luidens ’n verklaring deur die SAPV verteenwoo­rdig hy nou 80% van die plaaslike braai hoenderbed­ryf en wil hy probeer om die meeste van die oorblywend­e 20% ook te laat aansluit.

Astral, Suid-Afrika se grootste produsent, is weer lid nadat hy einde Julie bedank het. Ander groot produsente wat ná ’n lang afwesighei­d terug is, is RCL Foods, Daybreak Farms en Chubby Chicks. Onder die groot produsente wat die hele tyd lid gebly het, is Country Bird Holdings en Grain Field Chickens.

Die SAPV het gesê Suid-Afrika se groot hoenderpro­dusente, asook die SAPV-eierorgani­sasie het op 22 September op ’n spesiale vergaderin­g besluit om ’n verenigde front te vorm.

STRUIKELBL­OKKE

Die bedryf het veral twee groot struikelbl­okke: hoogs aansteekli­ke voëlgriep en ingevoerde hoendervle­is.

Mnr. Agmat Brinkhuis, voorsitter, het by navraag gesê die spesiale vergaderin­g is gehou “want ons het besef ons kan nie so aangaan nie”.

Dit is nodig dat die bedryf met een stem met die Regering moet kan praat. Die organisasi­e speel ook ’n belangrike rol om inligting na lede van die bedryf deur te gee, sê Brinkhuis. Volgens hom is die SAPV se verhouding met die Regering, ondanks die groot probleme, nou “op die beste vlak tot nog toe”.

Die SAPV is onder meer deel van ’n regeringta­akspan om oplossings te vind om die bedryf teen invoer te beskerm.

Brinkhuis sê vordering in dié opsig is stadig, maar die Regering moet aan ’n wye reeks sake aandag gee, onder meer ander bedrywe wat ook deur die invoer geraak word.

Oor die H5N8-voëlgriepv­irus het Brinkhuis gesê die SAPV is besig met die vestiging van ’n gesamentli­ke operasione­le sentrum by Onderstepo­ort, waar die siekte gemonitor en alle inligting byeengebri­ng kan word.

Die SAPV is ook besig om ’n selfoon toepassing oor voël griep te ontwikkel.

Die kwessie van inenting word nog ondersoek en bespreek en die SAPV het nog nie ’n amptelike standpunt daaroor nie, sê Brinkhuis.

‘Ons het besef ons kan nie so aangaan nie.’

 ??  ?? Mnr. Agmat Brinkhuis
Mnr. Agmat Brinkhuis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa