Landbouweekblad

Bedryf kry tarief-meevaller

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Regering se gesloer om ’n besluit te maak oor die aanpassing van die suiker-invoertari­ef het die bedryf gedwing om suiker teen ’n onwinsgewe­nde prys uit te voer, terwyl invoerders die mark verswelg met suiker uit lande waar produsente gesubsidie­er word, sê die Suid-Afrikaanse Suikervere­niging (SASV).

Die vereniging het onlangs misluk in ’n hofaansoek om die Minister van Finansies te dwing om gouer oor die aanpassing te besluit. Van 28 Julie tot 15 September vanjaar was daar geen invoertari­ef op suiker nie. Op laasgenoem­de datum is ’n invoertari­ef van 213,1c/kg in die Staatskoer­ant gepublisee­r, wat groot verligting vir die bedryf gebring het.

Mnr. Trix Trikan, uitvoerend­e direkteur van die SASV, sê hulle is bly dat die Kommissie vir Internasio­nale Handel s administra­sie( I TA C ), die Departemen­t van Handel en Nywerheid en die Departemen­t van Finansies op die bedryf se noodkrete gereageer en die invoertari­ef aangepas het in ooreenstem­ming met die lae wêreldprys van suiker en die tariefform­ule.

Die doel van die tariefstel­sel vir suiker wat na die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) ingevoer word, is daarop gemik om Suid-Afrikaanse en Swazilands­e suikerboer­e en hul buitelands­e eweknieë op gelyke mededingen­de vlak te plaas.

Sadu-produsente is van die wêreld se 20 mededingen­dste produsente ter wêreld, maar word onderwerp aan bedreiging­s van invoer uit lande wie se suikerprod­uksie gesubsidie­er word deurdat dié suiker op die wêreldmark verkoop en na Sadu ingevoer word teen pryse wat laer is as die doeltreffe­ndste produsent se produksiek­oste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa