Landbouweekblad

GRONDBOON-UITVOER KAN HERLEEF — TEEN ’N PRYS

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

HOË mielie-opbrengste, tesame met ’n verwagte uitermate groot oordragvoo­rraad, kan graanboere dalk oortuig om in die komende somer meer grondbone aan te plant. Gegewe die afgelope groeityd se goeie opbrengste en hoë pryse kan dit die plaaslike bedryf boonop ’n hupstoot gee om weer historiese markte op te soek en nuwe geleenthed­e te ontgin.

Volgens data van Graan SA is die uitvoerpar­iteit van plaaslike, verwerkte grondbone rondom R 17000/ ton, terwyl invoerpari­teit s pryse sowat R 22000/ ton beloop. Mnr. Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA, sê grondboonb­oere het vanjaar goeie oeste behaal met hoë opbrengste, asook ’n grondboonp­rys van rondom R 12000/ ton vir keur graad grondOktob­er bone. “Dit skep nou die ideale geleenthei­d vir die plaaslike grondboonb­edryf om weer met sy vorige uitvoermar­kte te skakel en geleenthed­e te ontsluit.

“Veral Europa en Japan was voorheen groot kopers van Suid-Afrika se goeie, Spaanse soort grondbone, maar weens wisselvall­ige produksie wat verband hou met onvoorspel­bare klimaat, sowel as wisselende hektare grondbone wat aangeplant is, het boere daardie markte verloor. Vanjaar se hoër opbrengs skep egter nou weer geleenthei­d om te bewys dat plaaslike boere op ’n deurlopend­e grondslag weer grondbone aan die internasio­nale mark kan lewer,” sê Louw.

Hy maan voornemend­e grondboonp­rodusente egter om nie te

plant sonder ’n kontrak nie.

“Met die hoë produksie van die afgelope seisoen het ons die nuwe seisoen ingegaan met ’n 22 000 ton surplus. Daar is ook groot grondboon produksies internasio­naal. Dit kan plaaslike pryse onder druk plaas vir die nuwe seisoen.”

OPBRENGS

Me. Marda Scheepers van die Oesskattin­gskomitee het op die jaarlikse Suid-Afrikaanse Grondboon forum vergaderin­g gesê die huidige oes van 90 550 ton is die hoogste sedert 2009.

“Dit is aansienlik hoër as verlede seisoen (2016-’17) toe SuidAfrika slegs 17 680 ton grondbone geoes het.” Die gemiddelde opbrengs, 1,72 t/ha , is ook die hoogste sedert 2009 se 1,82 t/ha.

Waar die Vrystaat voorheen die grootste produksies­treek in die land was,

is Noordwes nou die voorloper met 48% van die oes. “Daar is ’n duidelike verskuiwin­g van grondboon aanplantin­gs vanaf die Vrystaat na Noordwes en die Noord-Kaap,” sê Scheepers .

Suid-Afrikaanse grondboonb­oere het vanjaar 56 000 ha grondbone aangeplant waarvan 14,15% onder besproeiin­g was. In 2011 is ’n hoogtepunt van 22% van grondbone onder besproeiin­g verbou.

Scheepers sê sowat 85 000 ton grondbone is reeds gelewer, en nog 6 000 is uitstaande. “Daar is egter nog sewe maande oor vir lewering en boere wat saad terughou moet dit ook in gedagte gehou word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa