Landbouweekblad

MULTIPLANT SE GESKIEDENI­S

-

Die MultiPlant-kwekery is in 1947 begin toe mnre. Len en Francois du Toit se oupa, ’n mynwerker en deeltydse boer aan die Wesrand, te veel plantjies vir sy eie boerdery gekweek het en só ’n mark vir groentepla­ntjies in sy streek ontdek het. Die besigheid het vinnig uitgebrei. Saailinge is met die hand geoes en met oop wortels, toegedraai in nat koerantpap­ier, per trein die land vol verskeep.

Daarna het Len se ma, Alda, wat die kwekery saam met Len se pa, Leonard, ’n gekwalifis­eerde elektro-meganikus, by Alda se pa oorgeneem het, in die 1970’s die Speedling-stelsel uit Amerika ingevoer. Hierdie bekende polistiree­n-saailaaie, wat vandag nog algemeen gebruik word, het MultiPlant se kapasiteit en die gehalte van sy plantjies drasties verbeter.

In 1997 moes Len sy informasie­tegnologie­studies prysgee en die besigheid oorneem. Hy het voortgegaa­n met die Speedling-stelsel.

Hy het met die jare baie blootstell­ing gekry aan Nederlands­e kwekerye, asook Rijk Zwaan, ’n Nederlands­e saadmaatsk­appy wat saad na Suid-Afrika uitvoer.

Deur hierdie netwerk het Len te doene gekry met die kweekblokk­iekonsep, asook die enting van groentepla­ntjies, wat besig is om vir MultiPlant ’n nuwe bemarkings­kanaal oop te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa