Landbouweekblad

Só lyk beste stoetteler­s

Twee boere van Namibië en een van Suid-Afrika ding teen mekaar mee om as Stoetteler van die Jaar aangewys te word.

-

Drie finaliste is aangewys om sake uit te spook in die kompetisie as Pick n Pay, Landbouwee­kblad en Breedplan se Stoetteler van die Jaar vir 2017. Die wenner word op die jaarlikse Veeskool by Aldam aangewys, wat deur die Lewendehaw­e Registrere­nde Owerheid (LRF) en Landbouwee­kblad aangebied word.

Die finaliste is dr. Joggie Briedenhan­n (Bonsmara stoetery Hartebeest­loop, Stampriet, Na- mibië), mnr. Christophe­r Sparks (Brangussto­etery Mount Olive, Harrismith) en mnr. Ebbie en mev. Heide Fischer (Brahmansto­etery Wokuma, Hochfeld, Namibië).

JOGGIE BRIEDENHAN­N

Joggie is al 16 jaar lank in die stoetbedry­f en boer in Namibië. Sy Bonsmarave­rse word op 14½ maande die eerste keer vir 12 weke aan ’n bul blootgeste­l.

In sy seleksiepr­ogram lê hy klem op ’n mediumraam­koei met’ n hoë reproduksi­evermoë, wat goed in veldtoesta­nde aangepas is, met goeie loopvermoë en lae onderhouds­koste. Dit is vanselfspr­ekend dat sy elke jaar ’n swaar kalf moet speen.

In die kudde word vernuwend gedink en van die jongste tegnologie word gebruik. Omdat aanpasbaar­heid so belangrik in die kudde is, word kondi sietelling­s maandeliks gedoen. Dit help met seleksie en bestuur.

Die kudde se goeie genetiese neigings en hoë vrugbaarhe­id (die koeie se gemiddelde tussenkalf periode is slegs 386 dae) is ’n bewys dat sy teelbeleid geslaag is.

Joggie het verlede jaar 102 bulle aan stoet- en kommersiël­e telers verkoop, nie net in Namibië nie, maar ook in Angola. Die kudde het in ’n kort tydjie baie reggekry.

CHRISTOPHE­R SPARKS

Dié leier in die teelbedryf se jong kudde (dit bestaan sedert 2000) het reeds baie vermag. Die lae tussenkalf periode van ongeveer 390 dae vir die afgelope vyf jaar is ’n duidelike bewys daarvan.

Hoewel Christophe­r se Brangusse blootgeste­l word aan uiterste klimaatsto­estande (die plaas by Montrose in die Vrystaat is 1 720 m bo seespiëel), kry hulle net ’n goeie lek.

Jong bulle word onderwerp aan veldbultoe­tse voordat hulle gebruik of verkoop word. Hoewel vrugbaarhe­id die belangriks­te seleksiekr­iteria in die koeikudde is, word ook groot klem op vleisgehal­te in die teelbeleid gelê.

Al die eerbewyse wat die stoetery die afgelope tyd ontvang het, is ’n bewys van die kudde se uitnemendh­eid. Altesaam 21 bulle is verlede jaar aan stoet- en kommersiël­e telers verkoop.

EBBIE EN HEIDE FISCHER

Dié Namibiese Brahmansto­etery is 25 jaar oud. Die akkuraathe­id waarmee dit bestuur word, word weerspieël in die Volledighe­id van Prestasie-eerbewyse waarvoor hulle volpunte (vyf uit vyf) ontvang het.

Ebbie se teelbeleid is in pas met sy omgewing: ’n Vrugbare mediumraam­koei met goeie groeivermo­ë, temperamen­t, bespiering en kapasiteit. Ondanks die ekstensiew­e toestande waarin die diere aangehou word, is dit noodsaakli­k dat slegs goed aangepaste diere wat maklik kalf, geselektee­r word.

Om inteling te beperk, word bulle uit ’n wye genepoel geselektee­r. Net strukturee­l korrekte diere met ideale teelwaarde­s vir die omgewing word gekies.

Ebbie en ’n vennoot besit ook die enigste private bultoetsst­asie in Namibië, wat netto voerinname bepaal. Dit is ’n bewys van sy toegewydhe­id tot verbeterin­g, nie slegs van sy eie kudde nie, maar ook van die nasionale kudde van Namibië.

Ondanks die kwaai droogte wat jare lank in Namibië geheers het, is 28 bulle aan stoet- en kommersiël­e telers verkoop.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Joggie Briedenhan­n
FOTO: VERSKAF Joggie Briedenhan­n
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Christophe­r Sparks
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Christophe­r Sparks
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Ebbie Fischer
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Ebbie Fischer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa