Landbouweekblad

VENNOTE

-

Mnr. Riaan Burger, die skool se bemarkings­bestuurder, sê miljoene rand is al deur verskeie maatskappy­e en ander belanghebb­endes bestee om die herlewing van landbou by Bloues te bevorder. Dit sluit in: ■ Kynoch, wat grondmonst­ers neem, kartering doen en kunsmis beskikbaar stel; ■ Senwes, wat ook grondmonst­ers neem en kartering doen, en die John Deere-trekker en -planter beskikbaar stel; ■ Omnia, Profert, Sidi Parani

en Timac Agro, vir kunsmis; ■ Laeveld Agro Chem, Nulandis en Villa Crop, vir onkruiddod­ers;

■ AgriPlas, vir drupbespro­eiing; ■ MBFI en Crofft, vir blaarvoedi­ng en saadbehand­eling; ■ Barn Lab, wat vir rantsoene vir die Santa Gertrudiss­toetery sorg; ■ Cipla Agrimed, wat die farmaseuti­ese borg vir die stoetery is; en ■ Die Departemen­t van Onderwys, wat met finansieri­ng help. Riaan noem ook die naam van mnr. EP Nel, provinsial­e leerfasili­teerder vir landbou in die Vrystaat en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landbou-onderwyser­sverenigin­g (SALOV), wat ’n groot rol speel om skole te bemagtig om landboulee­rlinge sinvol op te lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa