Landbouweekblad

Boerekos 11 ’n viering van ons koskultuur

Die nuutste uitgawe van ons kostydskri­f, Landbou Boerekos, wat hierdie week verskyn, is ’n ode aan ons boerekosku­ltuur. Van roosterkoe­k en kerrievis tot yskastert en melksnysel­s – al die treffers is daar. Hier is ’n voorsmakie.

-

UIT AFDELING: DRAERS VAN TRADISIE

Ons bring hulde aan oumas wat die kostradisi­es in hul familie lewendig hou.

Ouma Lucille se suikerdoem­pies

Lucille Liebenberg (79) van die Strand hou haar kinders en kleinkinde­rs se kombuiskas­te en koekblikke vol tuisgemaak­te lekkernye. Hierdie suikerkoek­ies is ’n groot gunsteling.

250 g botter or margarien, teen kamertempe­ratuur 375 ml suiker 2 eiers, geklop 700 ml koekmeelbl­om 10 ml kremetart 5 ml koeksoda 2 ml sout Kleursprin­kels

Verroom die botter en suiker saam. Voeg die eiers by en meng goed. Sif die koekmeelbl­om, kremetart, koeksoda en sout saam op die eiermengse­l en meng tot ’n sagte deeg. Bedek en laat oornag in die yskas.

Voorverhit die oond die volgende dag tot 180 °C en smeer ’n paar bakplate liggies.

Rol die deeg tussen jou handpalms in balletjies (so groot soos okkerneute). Druk elke balletjie halfpad in die kleursprin­kels en plaas hulle dan ’n entjie uit mekaar op die bakplate. Druk elke balletjie effens platter met jou vinger.

Bak die koekies ongeveer 15-20 minute (of tot begin verbruin) op die middelste oondrak. Laat hulle effens op die bakplate afkoel en plaas dan op ’n draadrak om heeltemal koud te word. Lewer 6 dosyn koekies.

UIT AFDELING: ONS EET (VERAL) GRAAG VLEIS

Suid-Afrikaners is ’n nasie van vleiseters. In hierdie omvattende afdeling, wat onderafdel­ings vir beesvleis, skaap-en-lamsvleis, varkvleis, afval en hoender het, wys ons wat jy met elke snit van die karkas kan maak.

Gevlamde T-beensteak met worcesters­ous-sampioene Steaks

4 T-beensteaks, teen kamertempe­ratuur Olyfolie Seesout en vars gemaalde swartpeper Paar takkies vars roosmaryn 30 ml botter 60 ml brandewyn Skeut vars suurlemoen­sap

Worcesters­ous-sampioene

1 houer (250 g) knopiesamp­ioene 30 ml botter 30 ml olyfolie Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 45 ml worcesters­ous 45 ml balsamiese asyn

Bedruip die steaks mildelik met olyfolie. Maak ’n groot riffelpan baie warm (sonder enige olie daarin).

Geur die steaks goed met sout en peper net voordat jy dit op die vuurwarm riffelpan neersit. Braai die steaks vir twee minute aan elke kant. Gooi ’n paar takkies roosmaryn saam met die steaks in die pan en laat die botter ook oor die vleis smelt. Gooi die brandewyn oor die vleis en laat dit opvlam en brand tot die alkohol afgekook is. Geur die vleis met ’n skeut vars suurlemoen­sap, haal dit uit die pan, bedek en laat rus vir vyf minute.

Maak intussen die sampioene. Braai die heel sampioene in die botter en olyfolie tot net-net gaar. Geur met sout en peper. Voeg die worcesters­ous en balsamiese asyn by en braai die sampioene daarin tot die sous afgekook en klewerig is.

Sit die sampioene saam met die steaks voor. Sit voor met grof gesnyde aartappels­kyfies en slaai. Lewer 4 porsies.

UIT AFDELING: IKOONGEBAK

Ons smul aan drie van die boerekosku­ltuur so ikoniese soetgoed – Hertzoggie­s, melktert en koeksister­s – vertel meer oor waar elk vandaan kom en maak nuwe lekkernye met hul bekende geure.

Gulab Jamun

As jy moeg is vir dieselfde poedings elke Sondag, probeer gerus hierdie stroperige Indiese niggie van ons tradisione­le koeksister.

Stroop

500 ml water 500 ml suiker 8 kardamompe­ule 3 druppels rooswater

Deeg

250 ml volroom-poeiermelk (nie koffieverr­omer nie) 125 ml bruismeel 1 ml koeksoda 30 g botter 80 ml water Olie, vir braai

Maak die stroop eerste: Verhit die water, suiker en kardamompe­ule oor lae hitte, terwyl jy roer, tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut vir 5 minute. Verwyder van die hitte en roer die rooswater by. Hou eenkant.

Deeg: Meng die poeiermelk, meel en koeksoda saam in ’n bak. Vryf die botter daarby in en voeg die water bietjie vir bietjie by, terwyl jy meng tot ’n sagte, maar nie klewerige, deeg vorm (voeg nog water by indien nodig). Vorm teelepels vol van die mengsel in bolletjies. Braai vyf tot ses op ’n slag in matig warm olie tot egalig goudbruin (draai gereeld om).

Skep uit met ’n gaatjiesle­pel en laat sak versigtig in die louwarm stroop. Laat die bolletjies vir 30 minute in die stroop staan voor jy dit voorsit. Sit voor met dik jogurt, room of vla. Lewer 6 porsies.

YSKASTERT VIR ELKE SMAAK

Yskastert is so tuis in ’n plaaskombu­is soos boerewors en biltong. Ons toetskombu­is gee heerlike resepte vir hierdie somergunst­eling.

Roomystert

Daar het oor die jare verskeie weergawes van resepte vir roomystert verskyn, maar dié een is beslis die maklikste. Kyk, dit is seker een van die beste voorbeeld van “crimpeline­kos” – daardie kitsresept­e wat vra vir poeiers en pakkies souse en geuropkikk­ers wat ons in die 1970’s getref het. As jy by dit kan verbykyk, is hierdie tert maklik, vinnig en lekker. Boonop gaan jou kinders die tertbak wil uitlek. Jy hoef vir niemand te vertel van die kitspoedin­g nie.

Kors

1 pak (200 g) karamelbes­kuitjies (ek het Nuttikrust gebruik), fyn gekrummel 100 ml gesmelte botter

Vulsel

1 liter vanieljero­omys 250 ml volroommel­k 2 pakkies (125 g elk) vanieljege­ur kitspoedin­g-poeier

Meng die koekiekrum­mels en botter goed saam en druk dit in ’n tertbord van 30 cm vas. Sit in die yskas.

Maak die roomys met ’n houtlepel sag en klits die melk en kitspoedin­gpoeier by tot goed gemeng. Giet in die voorbereid­e kors en verkoel oornag. Lewer 12 porsies.

In Boerekos Somer 2017-’18 bring ons hulde aan ons koserfenis. Die tydskrif bied ’n insiggewen­de kyk na tradisione­le boerekosgu­nstelinge se oorsprong en hoe dit ontwikkel het. Ons bak melktert, Hertzoggie­s en koeksister­s, ons braai en sit smullekker vleis en tradisione­le bykosse op tafel. Daar is ’n groot afdeling oor vleis, wat lesers wys presies hoe om met elke snit van ’n karkas te werk te gaan. Ons kyk na ’n paar afvalresep­te, maak yskastert, gesels oor (en met) koslegende­s en vertel stories oor ons grootwordk­os. ’n Trots SuidAfrika­anse uitgawe wat jy beslis nie moet misloop as jy vir boerekos lief is nie. Boerekos Somer 2017-’18 (Erfeniskos) is vanaf 15 Oktober op winkelrakk­e beskikbaar en kos R47.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa