Landbouweekblad

WÊRELD PRÁÁT OOR SA SE LANDELIKE MISDAAD

-

In geen ander land ter wêreld speel landelike misdaad so ’n groot rol in boere se lewens as in Suid-Afrika nie, sê dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldorga­nisasie vir Boere (WFO). “As ons boere nie hul moue oprol en die draak van landelike misdaad aandurf nie, gaan dié draak hulle verslind. As die huidige geslag dit nie bestry nie, gaan die volgende een erger ly.”

ATTIE skryf: Hoekom moet enige boer met sy bloed betaal, terwyl die verskoning van armoede en honger gebruik word om misdaad teen boere te regverdig? JUSTUS JONES skryf: Mense in die Suid-Afrikaanse Regering sing dat boere doodgemaak moet word, maar daar kan nie bewys word dat die Regering plaasmoord­e ondersteun nie? Maar ’n toerbus word beroof en die Regering kan by hulle gaan kuier. Ek is nie seker nie, is daar mense gemartel? Is daar mense opgesny?

M. KRUGER skryf: Nou verstaan ek hoekom ons sit waar ons sit. Want hy praat snert. Voor 1994 was daar ook armoede en die misdaadkoe­rs was nie so hoog nie. Hoekom nie? Want ons het ’n polisiedie­ns gehad wat opgelei was en dissipline gehad het.

Die armoedesit­uasie sal nooit opgelos word nie, want ons bevolking het sedert 1994 verdubbel. Hoe kan jy die probleem oplos as die bevolking net aanhou groei?

Miskien as hy lankal besef het dié teorie is aanvaarbaa­r op die regte plek en tyd en die probleem getakel het, het ons nie nou met ’n landelike situasie gesit waar jy ’n polisieman net sien as hy in die staatsvoer­tuig by jou ’n skaap kom koop nie. Ons probleem is tans dít: Die polisie is totaal en al onopgelei, ongedissip­lineerd en oorbetaal en glo dat omkoopgeld deel is van Afrika. Dit sluit wit en swart lede in.

JENNIE TERBLANCHE

skryf: Dit is selfverdig­ingseenhed­e waarvoor die staat met ons belastingg­eld betaal omdat beveiligin­g sy plig is, maar hulle slaag nie in hul doel nie. Boeregemee­nskappe kan verdedigin­gseenhede skep met staatsfina­nsiering. M. KRUGER antwoord: Jennie, die staat het lankal vir ons ’n deur oopgemaak. Sluit by die polisie se reserviste­mag aan. Dan het jy baie regte wat jy as boer nie het nie om jou en jou eiendom te beskerm. Om die een of ander rede sê almal hulle wil die kommandost­elsel terughê. Dit gaan nie gebeur nie. Die polisie se reserviste­mag is jou antwoord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa