Landbouweekblad

DELMAS-KRAGSTASIE­S KAN WATER UIT LOSKOPDAM ONBRUIKBAA­R MAAK

- JASPER RAATS

TWEE maatskappy­e wat beoog om kragsentra­les op die oewer van die Wilgerivie­r naby Delmas te bou het besluit om hul steun aan die Departemen­t van Omgewingsa­ke in sy regsgeding teen die nie regeringso­rganisasie GroundWork te onttrek.

GroundWork het ’n aansoek in die NoordGaute­ngse Hooggeregs­hof gebring nadat die Departemen­t aan KiPower (Edms .) Bpk. en Kuyasa Mini ng( Edms .) Bpk. omgewingst­oestemming verleen het om elk ’n private kragsentra­le van 600 MW op te rig. Die Departemen­t van Water en Sanitasie het ook reeds’ n watergebru­ik slisensie aan KiPower uitgereik.

Die Sentrum vir Omgewingsr­eg (CER) het namens GroundWork die hof versoek om die omgewings goedkeurin­g ter syde te stel en ook teen die waterlisen­sie geappellee­r nadat drie onafhankli­ke spesialisv­erslae gewys het die beplande kragsentra­les e omgewings bestuurspl­an en voorkomend­e maatreëls is ontoereike­nd om erge besoedelin­g van die Wilgerivie­r te voorkom.

KRITIEK VIR LANDBOU

Die Wilgerivie­r is van uiterste belang vir die SuidAfrika­anse landbou. Dit vloei in die Oli fantsrivie­r in, wat op sy beurt in die Loskopdam en Flag Boshieloda­m invloei voordat dit deur die Krugerwild­tuin na Mosambiek vloei.

“Die Wilgerivie­r is relatief skoon en help om die hoë besoedelin­gs vlakke in die Olifantsri­vier tot aanvaarbar­e vlakke af te water,” sê mnr. Johan van Stryp van Agri Limpopo. Hy is nou betrokke by die monitering van watergehal­te en waarsku dat besoedelin­g in die Wilgerivie­r die bordjies vir Limpopo en Mpumalanga se boere kan verhang.

“Dit kan hoër besoedelin­gs vlakke meebring aswa t vir voedselpro­duksie toelaatbaa­r is.”

Van Stryp se waarskuwin­g word bevestig in die omgewingsv­erslag van die vereniging vir water en landelike ontwikkeli­ng (AWARD). Dié organisasi­e se studies het gewys dat die onderOlifa­ntsrivier nog vir mens en dier bruikbaar is danksy die relatiewe skoon status van die Wilgerivie­r.

STRYD DUUR VOORT

Dr. Steven Campbell, ’n Amerikaans­e hidroloog wat ook ’n verslag vir die GroundWork­saak saamgestel het, waarsku dat die mitigasies­tappe wat KiPower voorstel om besoedelin­g te voorkom, heeltemal ontoereike­nd is en dat oppervlak en grondwater waarskynli­k besoedel sal word.

Hoewel die twee beoogde kragsentra­les se prokureurs nie meer die GroundWork­aansoek teenstaan nie, is dit nog nie duidelik of die Departemen­t van Omgewingsa­ke sal voortgaan om sy besluit in die hof te verdedig nie. Die aansoek om die goedkeurin­g ter syde te stel bly dus staan.

Die kragsentra­les se prokureurs het reeds aangedui dat hulle beoog om opnuut om omgewings toestemmin­g aansoek te doen.

Die beoogde industriël­e aktiwiteit­e hou nie net vir SuidAfrika risiko in nie, maar ook vir Mosambiek. Die Olifantsri­vier voed ook die Massingird­am in dié land. Ten spyte daarvan sê die Departemen­t van Water en Sanitasie in sy goedkeurin­g s brief dat die opvangsgeb­ied aan geen internasio­nale vereistes hoef te voldoen nie.

‘Dit kan hoër besoedelin­gs vlakke meebring as wat vir voedselpro­duksie toelaatbaa­r is.’

 ?? FOTO: MEGABOERE ?? Tafeldruiw­e onder haelnette in die Delmasomge­wing.
FOTO: MEGABOERE Tafeldruiw­e onder haelnette in die Delmasomge­wing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa