Landbouweekblad

LANDBOUNUU­S UIT AFRIKA

-

1 NIGERIË | Kom bemarkings­rade terug?

Die Nigeriese federale regering beoog ’n nasionale gesprek oor die voorgestel­de herinstel i ng van landbou bemarkings­rade, sê mnr. Au du Ogbeh, di eland se minister van landbou.

Ogbeh het op ’n herdenking van die land se onafhankli­kheidsword­ing gesê die rade het verseker dat landboupro­dukte aan die vereistes van uitvoerbes­temmings voldoen. Sedert di tin 1974 (tydens die land se eerste militêre bewind van 1966 tot 1979) afgeskaf is, was daar egter min mense wat aan boere verduideli­k het hoe om gewasse te verbou en te kweek ten einde uitvoermar­kte tevrede te stel. Ogbeh meen dit is nodig dat belanghebb­endes in die landbou-waardekett­ing die invloed en probleme van dié rade bespreek om te besluit of dit heringeste­l moet word. — Premium Times

2 MALAWI | Regering moet keer oor saad

Die Malawiese regering is onder druk om die gebruik van nie-kommersiël­e saadkultiv­ars te verskans in wetgewing wat tans hersien word. Aktiviste waarsku dat die huidige beleidsvoo­rstelle vir die voorgenome wetswysigi­ngs oor teelregte inheemse saadkultiv­ars ignoreer en daarmee saam ’n sektor wat beduidend tot kosproduks­ie bydra.

Die regering het onlangs aangekondi­g die wysigings mik om die kommersiël­e regte van plantkweke­rs, saadgehalt­e en dus die landbousek­tor as geheel te versterk. Kritici van die nuwe reëls sê egter die wetgewing lê meer klem op die beskerming van kommersiël­e saadmaatsk­appye as voedselsek­erheid. — Thomson Reuters

 ??  ?? 1 2
1 2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa