Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 NIEU-SEELAND | Kiwi’s katvoet vir GM

Die meeste politieke partye in Nieu-Seeland is ten gunste daarvan dat die huidige moratorium op GM gewasse in plek bly weens “mislukking­s” van GM-tegnologie in ander lande en die voortgeset­te vraag na GM-vrye gewasse. Dit is volgens ’n opname deur die organisasi­e Science Media Centre. Nieu-Seeland se Groen Party is heeltemal gekant daarteen en wil hê selfs ingevoerde kos wat GM bestanddel­e bevat, moet as sodanig geëtikette­er word. Die Arbeidersp­arty stem saam, maar sal die finale besluit aan die land se owerheid vir omgewingsb­eskerming oorlaat. Die enigste party wat hoegenaamd ten gunste van GM gewasse is, is New Zealand First en selfs dié party sal die inbring van GM sade goedkeur mits dit “met uiterste omsigtighe­id” en“in veilige laboratori­um toestande” gedoen word. — The Scottish Farmer

2 NEDERLAND | Koolstof bly konstant

Die wêreldwye produksie van koolstofdi­oksied het verlede jaar staties gebly. China en Amerika, die lande ter wêreld wat die meeste van dié kweekhuisg­as vrystel — naas Indië — het dieselfde hoeveelhei­d of minder van dié gas vrygestel, volgens die Nederlands­e Omgewings assesserin­gs agentskap. Tog is daar verlede ja arme eras 35 miljard ton koolstofdi­oksied in die atmosfeer vrygestel. Verder het die produksie van ander kweekhuisg­asse, hoofsaakli­k metaangas wat beeste afskei en gaslekkasi­es as deel van olie- en gas-eksplorasi­e, met 1% gestyg. Die afplatting in die vrystellin­gs vlakke van kweekhuisg­asse het ook in 2014 en 2015 plaasgevin­d, maar is ongehoord in ’n tyd van wêreldwye ekonomiese groei. — The Guardian

3 KATAR | Hoenders in die woestyn

’n Lank beloofde hoenderpla­as het hernude momentum gekry weens onmin tussen Katar en sy buurlande, wat kos-invoer na hierdie land ernstig bemoeilik. Die maatskappy Dar Al Rayan sê die kompleks sal ’n produksiev­ermoë van 70 000 ton hoendervle­is en 250 miljoen eiers per jaar hê. Die plan is om nie net ’n pluimveepl­aas te vestig nie, maar ook ’n “hele ekostelsel wat die produksie van binnelands­e pluimveepr­odukte ondersteun”, soos voerfabrie­ke, die produksie van onverwerkt­e materiaal om dié voer mee te maak en ander stappe, wat die vestiging van kleiner pluimveepl­ase sal aanmoedig. Hierdie planne is reeds in 2014 aangekondi­g, maar is toe vroeg in 2015 uitgestel te midde van kostebesno­eiings deur die staat. Sedert Saoedi-Arabië, Egipte, die Verenigde Arabiese Emirate en Bahrein in Junie weens politieke kwessies toestemmin­g vir die invoer van kos na Katar weerhou, moet die land dringend selfversor­gend word. — Doha News

 ??  ?? 2 3 1
2 3 1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa