Landbouweekblad

SÓ MAAK JY ’N PLAN

-

In sy soeke na ’n vernuwende manier om waarde tot sy saailinge toe te voeg en ’n produk te bemark wat nêrens anders beskikbaar is nie, het mnr. Len du Toit van MultiPlant buite Brits besluit om kwekeryblo­kkies te maak. Groentesaa­d word direk in hierdie blokkies gesaai en die blokkie kan direk in die grond geplant word. Die saailing word baie minder versteur en sy groeifase word nooit onderbreek nie. Die kommersiël­e produsent kan 10 en 14 dae vroeër begin oes.

Op soek na ’n doeltreffe­nde groeimediu­m het Len geleer dat erdwurmmis as ’n uitstekend­e gom kan dien om hierdie kwekeryblo­kkies aanmekaar te hou. Dit is egter nie so maklik om die erdwurmmis bymekaar te maak nie.

Len maak nou op groot skaal kompos, hoofsaakli­k van tuinafval uit Pretoria, hoendermis en mielierest­e (foto 1a). Sodra die kompos goed genoeg gekomposte­er is (maar nie te veel nie omdat daar genoeg voedingsto­wwe vir die erdwurms moet oorbly), word Eisenia fetida-erdwurms, die bekende en algemeen gebruikte rooi erdwurm, in die komposhope geplaas.

Nadat die erdwurms hul werk gedoen het, word die hope verteerde kompos in water opgelos. Hierdie oplossing, wat soos modder lyk, word uitgetap en in nette opgevang (foto 1b). Dié modder word versamel (foto 1c )enin plantmediu­ms ingemeng om uiteindeli­k die blokkies te maak.

Len gebruik tans klapperhaa­r (foto 2a), gekomposte­erde dennebas en turf (foto 2b) wat uit Europa ingevoer word (foto 2c).

“As ek my sin kon kry, sou ek nooit weer klapperhaa­r gebruik nie, want die proses om dit bruikbaar in ’n plantmediu­m te kry, is duur en nie so omgewingsv­riendelik soos al die ander prosesse wat ons aanwend nie. Tans is daar egter nie ’n plaasverva­nger vir klapperhaa­r nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa