Landbouweekblad

’N HAND VOL NUWE MIELIEBAST­ERS

-

Die saadmaatsk­appy United Seeds het vyf nuwe nie-GM-mieliebast­ers kommersiee­l beskikbaar gestel.

US9777 en US9711 is baie meerkoppig en van die vinnigste wit basters op die mark. Hulle droog vinnig af, en kan in die westelike somersaais­treke nog teen begin Januarie met ’n geruste hart geplant word.

US9612 en US9616 is meerkoppig­e mediumbast­ers met goeie blaarsiekt­e-weerstand, veral teen witroes, en kan oor ’n wye gebied geplant word. US9612 kan in baie lae potensiaal-toestande nog ’n goeie opbrengs lewer, en US9616 is vir veral die oosteliker streke geskik.

US9800 is ’n kuilvoer-kultivar, ook met goeie blaarsiekt­eweerstand. By Delmas het dié kultivar teen ’n plantestan­d van 50 000/ha ’n kuilvoer-opbrengs van 90 ton/ha gelewer.

Prys: Op aanvraag. Sien die lys van kontakbeso­nderhede vir plaaslike agente op die webblad www.unitedseed­s.co.za

NAVRAE: Mnr. Wykie van der Merwe, e-pos: wykie@croppro.co.za; tel. 0832873699.

 ?? FOTO: WYKIE VAN DER MERWE ?? BO: Die nuwe witmielieb­aster US9777 soos afgeneem by Middelburg in Mpumalanga.
FOTO: WYKIE VAN DER MERWE BO: Die nuwe witmielieb­aster US9777 soos afgeneem by Middelburg in Mpumalanga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa