Landbouweekblad

UITWERKING VAN KASTRASIE OP GROEI

-

Watter uitwerking het kastrasie op die toekomstig­e ontwikkeli­ng van ’n dier? Kastrasie op ’n jonger ouderdom het ’n groter effek op groei as wanneer kastrasie op ’n latere ouderdom gedoen word. Kastrasie op die ouderdom van drie maande verleng die groeiprose­s. Gevolglik is die langbene in die dier se liggaam langer en dunner as wanneer die bul eers op twee jaar gekastreer word. Die voorste ribbes, brisket en kop verleng en die dier kry ’n swaarder voorkwart as hy vroeg gekastreer word. Die uitwerking is as volg:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa