Landbouweekblad

Vinniger genetiese vordering met indekse

Ekonomiese seleksie-indekse is die beste beskikbare hulpmiddel vir die seleksie van diere om genetiese vordering te maak. Hierdie indekse neem produksies­telsels, markpryse en die beraamde (genomiese) teelwaarde­s van diere in ag en druk die genetiese poten

-

Genetiese verbeterin­g vir veeboere kan beskryf word as ’n verbeterin­g in al die eienskappe wat ’n groter wins vir die produsent sal bring. Genetiese verbeterin­g word bereik wanneer die gemiddelde ekonomiese waarde van die nageslag meer is as die gemiddelde ekonomiese waarde van die vorige geslag waaruit die nageslag verwek is.

Seleksie op grond van teelwaarde­s alleen is ingewikkel­d. Sommige teelwaarde­s beskryf eienskappe met min regstreeks­e ekonomiese waarde en ander teelwaarde­s is ’n aanduiding van werklike ekonomiese potensiaal.

Seleksie met behulp van teelwaarde­s word bemoeilik deur die korrelasie en antagonist­iese verhouding­s tussen die meeste van die gepublisee­rde teelwaarde­s. Die beste voorbeeld daarvan is dat volgehoue seleksie vir groei sal neig om die geboortege­wig van kalwers en die gewig van volwasse koeie te verhoog, wat in die meeste ekstensiew­e produksies­telsels nie ideaal is nie.

Kommersiël­e bulkopers wat winsgewend­heid wil verbeter, behoort oor te skakel na die koop van bulle op grond van werklike genetiese potensiaal (wins). Die stoetteler moet in staat wees om besonderhe­de te verskaf oor hoe sy ekonomiese indekse saamgestel is en vir watter produksies­telsel en omgewing geselektee­r word.

GEBRUIK VAN INDEKSE

Indekssele­ksie is die enigste manier waarop ’n boer tegelykert­yd vir verskeie gewenste eienskappe kan selekteer. Kommersiël­e boere behoort seleksie-indekse soos volg te gebruik om genetiese vordering te verseker:

■ STAP EEN: Kies die indeks wat jou produksies­telsel die naaste beskryf. As jy byvoorbeel­d jou bulkalwers op speenouder­dom verkoop en die verse as vervanging­sverse hou, kies ’n speenkalfi­ndeks of ’n voerkraali­ndeks na gelang van watter indeks die ras van jou keuse publiseer. Namibiese boere wat osse op 18 maande van die veld af verkoop en die verse hou vir eie aanteel, sal byvoorbeel­d ’n grass-fed

index gebruik. Die keuse van die geskikste indeks vir jou produksies­telsel sal geldig bly totdat jy drasties aan jou produksies­telsel (ouderdom van bemarking, agterhou van verse, ens.) verander.

■ STAP TWEE: Kies veilings waar bulle verkoop word wat in jou omgewing sal kan aanpas én presteer.

■ STAP DRIE: Rangskik die bulle op die verkoopska­talogus volgens die seleksie-indeks van jou keuse, vanaf hoogste tot laagste op indekswaar­de. Die bulle met die hoogste indekswaar­des (ekonomiese waardes) se nageslag sal die meeste geld maak. Onthou altyd dat die genetiese potensiaal wat jy aankoop, as vroulike diere in jou kudde agterbly.

■ STAP VIER: Kyk deeglik na die individuel­e teelwaarde­s van die geselektee­rde bulle vir moontlike ekstreme teelwaarde­s wat nie by jou kuddeprofi­el sal inpas nie. As jy byvoorbeel­d ’n probleem met min melk in jou kudde het, vermy dan bulle met ’n swak teelwaarde vir melk.

■ STAP VYF: Doen ’n visuele evaluering van die bulle wat op jou seleksie-indekskort­lys oorgebly het. Koop die bul met die beste indekswaar­de wat jou geval.

VARIASIE BINNE RASSE

Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika, sê kommersiël­e boere moet besef daar is meer variasie binne ’n ras as tussen verskillen­de rasse. Sommige diere is produktiew­er en dus winsgewend­er as ander, ongeag hul ras.

Die grondslag van diereteelt is die konsep dat eienskappe oorerflik is en dat daar genetiese korrelasie­s (verwantska­ppe) tussen eienskappe bestaan. Hoewel dit soms antagonist­ies is, kan dit gebruik word om ’n merkwaardi­ge seleksiere­spons vir eienskappe van ekonomiese belang te bereik.

As die teelbedryf behoorlike aantekenin­ge en data vir al die ekonomiese eienskappe byhou, is die uitkoms van die seleksiere­spons baie voorspelba­ar.

 ?? FOTO: JOHAN STYGER ?? Die grootste voordeel van indeks-seleksie is die eenvoud daarvan. Die indekse bly die enigste manier om gelyktydig vir verskeie gewenste eienskappe (teelwaarde­s) te selekteer.
FOTO: JOHAN STYGER Die grootste voordeel van indeks-seleksie is die eenvoud daarvan. Die indekse bly die enigste manier om gelyktydig vir verskeie gewenste eienskappe (teelwaarde­s) te selekteer.
 ??  ?? Mnr. Johan Styger is Breedplan se Stoetteler van die Jaar vir 2016 en lid van die Simmentale­rgenootska­p se tegniese komitee.
Mnr. Johan Styger is Breedplan se Stoetteler van die Jaar vir 2016 en lid van die Simmentale­rgenootska­p se tegniese komitee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa