Landbouweekblad

Veekompeti­sies trek nuwe baadjie aan

Die Aldam-veeskool is bekend om verskeie veekompeti­sies. Vanjaar is die verskillen­de Zoetis-bulkompeti­sies vernuwe en twee nuwe afdelings is ook begin.

-

Die finaliste vir die Bul van die Jaar is die afgelope 15 jaar op die skoue in Pietermari­tzburg, Vryburg, Pretoria en Windhoek en later ook Lichtenbur­g en Moorreesbu­rg onder leiding van Suid-Afrika se voorste in terrasbeoo­rdelaar, mnr. Martin Seyfferdt, aangewys. Die algehele wenner is dan aangewys op die jaarlikse Aldam-vleisbeess­kool, wat van vanjaar af die Veeskool heet omdat daar nou ook groot klem op kleinveebo­erdery is.

Dr. Michael Bradfield, organiseer­der van die Veeskool, wat deur die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie (LRF), Breedplan en Landbouwee­kblad aangebied word, sê die LRF het besluit om die verskillen­de Zoetis-bulkompeti­sies te vernuwe en twee nuwe afdelings te begin.

Die Zoetis Bul van die Jaar op skoue sal vorentoe binne ras beoordeel word, waarna die finaliste oor skoue heen met mekaar vergelyk sal word. Die finale eerbewys sal op grond van prestasies­yfers toegeken word.

Die Zoetis Beproefde Bul van die Jaar is nou ’n kompetisie waarin die bulle in minstens drie kuddes met goeie prestasie op ekonomiese belangrike eienskappe moet presteer. Die kompetisie betrek alle bulle in die bedryf. Rasbeoorde­laars of keurders sal self elke telersgeno­otskap se finaliste aanwys.

Die Landbank Koeigroep van die Jaar is tot nou toe gekies op grond van die tien beste koeie in elke teler se kudde, gegrond op reproduksi­e, prestasie en groeiof karkaspres­tasie.

Voortaan sal die wenners op grond van ekonomiese seleksie-indekse gekies word (waar van toepassing).

Die grootste veranderin­g is dat die hele kudde nou in aanmerking geneem word. Michael sê omdat seleksie-indekse gebruik word, het klein en groot kuddes ’n gelyke kans om te presteer as koppelbull­e oor kuddes heen gebruik word.

Vanjaar word die eerste keer ’n Unistel Jongbul van die Jaar op grond van gemete prestasie aangewys.

Die Pick n Pay Teler van die Jaar se vereistes is onverander­d en neem die genetiese vooruitgan­g in die kudde, waardetoev­oeging tot die bedryf en die teler se betrokkenh­eid in die bedryf in aanmerking.

Pick n Pay en Rudd Products se Opkomende Teler van die Jaar se vereistes bly ook dieselfde. Enige opkomende stoet- of kommersiël­e boer mag deelneem.

Die BKB Volledighe­id van Prestasie-eerbewys se kriteria is strenger gemaak omdat ’n groot aantal deelnemers nou rekordhoud­ing doen en dus in aanmerking kom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa