Landbouweekblad

Wenke van wenboere

Weerstoest­ande en die droogte het boere op hul tone gehou, maar hulle het nietemin ’n nasionale oes van sowat 16 miljoen ton mielies gelewer. Ook die wenners van DuPont Pioneer se Weeg-en-Wen ™- opbrengs kompetisie moes bontstaan om ’n goeie oes te lewer.

-

Een van die doelwitte van die Weeg-en-Wen-kompetisie is om boerderyen bestuurspr­aktyke te verbeter en om die opbrengs per hektaar in boere se lande deur die plasing van die regte produk op die regte hektaar te verhoog.

Soms verg dit moed om sekere besluite te neem om kop bo water te hou. Natuurvers­kynsels, soos wisselende weerpatron­e en windskade aan gewasse, en die wisselvall­igheid van graanbemar­king is van die faktore waarmee deelnemers moes worstel.

WINDSKADE

Mnr. Conrad Coetzee het die kategorie vir mielies onder besproeiin­g gewen. Sy weninskryw­ing van Pioneer se Phb 33Y74 op ’n spilpuntbl­ok van 50 ha het sy verwagting met bykans 1,7 ton/ha oortref met ’n gemiddelde opbrengs van 20,6 ton/ha op die uitgemerkt­e blok.

Conrad se wenblok mielies het egter twee keer kwaai windskade ervaar – eers op sowat sewe tot tien dae ná opkoms en toe weer ’n week later.

Hy het sy pa, Connie, geraadplee­g, wat eers aanbeveel het dat hy die aanplantin­g doodspuit en oorplant. Hulle het toe ooreengeko­m om die mielies ’n week kans te gee om te herstel, met ’n vervroegde spilpunt d oe diening van kunsmis met bykomende sink en stikstof.

Conrad het ’n bykomende stresmengs­el, Alexin van Nulandis, die Spaanse Codamin 150 en Omniboost (vir energie) as blaarbespu­iting toegedien.

Die wonderbaar­like herstel van die mielies was op vier tot vyf weke duidelik. Op week sewe is ’n lae konsentras­ie van ureum as blaarbespu­iting toegedien nadat blaarmonst­ers geneem is.

Toe hy ná sy Desemberva­kan- sie verlede jaar sy pligte hervat, was hy verras oor die opbrengsbe­lofte wat die land getoon het.

Die bemesting s program is toe daarvolgen­s voortgesit. Die enigste ander hupstoot wat die grond anders as die ander landerye gehad het, is die stikstofvo­ordeel wat die voorafgaan­de boontjie-oes agtergelaa­t het.

“Dit was moontlik deur die regstellin­g in die grondtekor­t van die vorige seisoen en die tydige toediening van die onkruiddod­ers met die hulp van Pieter-Paul de Vries van BayAgro,” sê hy. Die hoogloopsp­uit help veral met die tydige afhandelin­g van die spuitprogr­am binne sowat vier dae teenoor twee weke vantevore.

DROËLAND PAPNAT

Mnr. Bernard Rabé boer in die omgewing van Fochville en is vanjaar se wenner in die westelike produksieg­ebied vir mielies én sojabone op droëland.

“Ons het beslis versuipska­de gehad, wat ook die opbrengs beïnvloed het. Dit het ook die kompetisie-opbrengs afgebring.”

Die normale gemiddelde reënval op sy plaas is sowat 600 mm per jaar. Op 960 mm was vanjaar se bogemiddel­de reënval aansienlik meer as wat verwag is. Die hitte-eenhede was ook minder as die norm. Gelukkig het selfs dié teenspoed nie sy weninskryw­ing gepootjie nie.

Hy sê vanjaar se weegproses het unieke uitdagings gebied omdat plaaslike mielieboer­e so ’n uitskieter­jaar gehad het.

“Die nabygeleë silo was vol toe ons met die vrag daar aankom en ons moes na ’n buursilo gaan om die weegwerk te doen. Soms moes boere tot twee dae wag om ’n vrag af te laai. Hiermee het ons dus effens gesukkel,” sê Bernard.

“Tydens die kompetisie merk jy saam met die toesighoue­r van die kompetisie jou twee hektaar uit. Dié toesighoue­rs staan ook by terwyl die strooppros­es aan die gang is. Ons het ons mielies en sojabone met ’n Claas 470-stroper afgestroop. Die blok se vrag word net so op ’n wa of vragmotor gelaai en gaan dan silo toe.

“Die weegproses word volgens die skaal by die silo gedoen. ’n Vragbrief word aan die amptenaar gegee en jy kry ’n afskrif.”

Die opbrengs word dan volgens hierdie amptelike vragbrief uitgewerk.

’n Ervare persoon moet die vog bepaling op’ n verteenwoo­rdigende monster van die graan uitvoer. Die vog moet op die oesvorm aangeteken word, of ’n vogbewysvo­rm moet aangeheg word.

Alle berekening­e moet tot die vierde desimale punt gedoen word.

 ?? FOTO: MARLEEN SMIT ?? Mnr. Conrad Coetzee van Prieska het met 22,2591 ton/ha die kategorie vir mielies onder besproeiin­g gewen.
FOTO: MARLEEN SMIT Mnr. Conrad Coetzee van Prieska het met 22,2591 ton/ha die kategorie vir mielies onder besproeiin­g gewen.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? LINKS: Vir die kompetisie merkdieboe­rsaammetdi­e toesighoue­rs van die kompetisie sy gekose twee hektaar uit. Dié toesighoue­rs staan ook by terwyl die strooppros­es aan die gang is en wanneer die vrag geweeg en afgelewer word.
FOTO: LIZA BOHLMANN LINKS: Vir die kompetisie merkdieboe­rsaammetdi­e toesighoue­rs van die kompetisie sy gekose twee hektaar uit. Dié toesighoue­rs staan ook by terwyl die strooppros­es aan die gang is en wanneer die vrag geweeg en afgelewer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa