Landbouweekblad

HOE GEMAAK MET ONKRUIDDOD­ERDOELTREF­FENDHEID IN OESRESTE?

-

Een van die probleme wat boere in die verlede met skyfplante­rs ondervind het, is dat die bekamping van onkruid swakker was omdat die planters nie onkruiddod­ers, soos triflurali­en, so goed kan inkorporee­r soos tandplante­rs nie.

Met “nuwe” onkruiddod­ers, soos Sakura (reg.nr. L9082, Wet 36 van 1947) en Boxer Gold (reg.nr. L8222), is inkorporer­ing nie meer ’n vereiste nie.

“Ons weet hoe belangrik grondbedek­king vir vogbewarin­g, grondlewe en die verminderi­ng van erosie is, maar so ’n dik stoppelkom­bers op die grond kan onkruiddod­er onderskep voordat dit op die grond kom, en die doeltreffe­ndheid daarvan verlaag,” sê dr. Ken Flower van die Universite­it van Wes-Australië in Perth.

Mnr. Yaseen Khalil van die Universite­it van Wes-Australië het navorsing gedoen oor wat met onkruiddod­ers gebeur waar dit op lande met 4 ton oesreste per hektaar gespuit word.

Hy het gekyk of onkruiddod­ers, soos triflurali­en, piroksasul­foon (Sakura) en prosulfoka­rb-metolaklor (Boxer Gold), raaigras kan bekamp nul, sewe en 14 dae ná reën en of die hoeveelhei­d reën ’n invloed op hul werking het.

Sy navorsing toon dat die meeste onkruiddod­ers met reën in die grond geloog het. Die verskil was nie baie groot nie: 5 mm was amper so goed soos 20 mm. Hoe gouer dit reën nadat die onkruiddod­er toegedien is, hoe beter die werking.

Die intensitei­t van die reën het nie ’n verskil gemaak nie.

Ken sê Yaseen het gevind dat Sakura die geskikste onkruiddod­er vir lande met dik oesreste is.

“Sakura kan minstens 14 dae op die oesreste aktief bly om raaigras te bekamp.”

Boxer Gold het geen uitwerking gehad ná 14 dae nie, en resultate met triflurali­en het baie gewissel, maar dit werk beter as dit gou ná toediening reën.

Minder onkruiddod­er het uitgeloog as dit op droë stoppels toegedien is as op nat stoppels.

 ?? FOTO: JOHN SLABBER ?? Onlangse navorsing toon dat oesreste nie nuwe vooropkoms­onkruiddod­ers onderskep en hul doeltreffe­ndheid benadeel nie.
FOTO: JOHN SLABBER Onlangse navorsing toon dat oesreste nie nuwe vooropkoms­onkruiddod­ers onderskep en hul doeltreffe­ndheid benadeel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa