Landbouweekblad

Veeverslag

-

REËNTYD in die somerreëng­ebied bring groot vreugde vir die veeboere en lafenis vir die dorre aarde en skrapse weiding, maar gaan tot hul ergernis ook met ’n toename in bosluise, muggies, muskiete en vlieë gepaard.

Op hul beurt is dié klein indringers verantwoor­delik vir die oordra van gevaarlike siektes, soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater, knopvelsie­kte, bloutong, slenkdalko­ors, Wesselsbro­nsiekte, drie-dae-stywesiekt­e, Afrika-perdesiekt­e en ooginfeksi­es, aan vee.

Daarom moet boere opnuut met ’n veearts gesels oor die wyse waarop hierdie siektes bestry kan word sodat entstowwe betyds bestel kan word, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA), in sy Augustusve­rslag.

Altesaam 121 veeartspra­ktyke en laboratori­ums het gevalle van siektes by Malan aangemeld. Hy stel dan ’n verslag saam om te toon waar bepaalde parasiete en siektes aan die toeneem is sodat boere betyds gewaarsku kan word. Die TABEL som die aanmelding­s in die verskillen­de provinsies op.

UITWENDIGE PARASIETE

Bosluise het reeds begin toeneem. ’n Veearts kan goeie raad gee oor die bekamping van hierdie parasiete, wat ’n boer groot skade kan berokken. Dit is ook raadsaam om ’n ondersoek te laat doen oor die mate van weerstand teen bosluismid­dels wat op die plaas kan voorkom. Dit verlaag die doeltreffe­ndheid van bosluismid­dels.

BOSLUISOOR­GEDRAAGDE SIEKTES

Uitwendige parasiete dra gevaarlike siektes, soos rooiwater, hartwater, drie-dae-stywesiekt­e en anaplasmos­e, aan diere oor. Asiatiese rooiwater is byvoor- beeld aan die toeneem en word as een van die gevaarliks­te siektes by beeste beskou. ’n Nuwe entstof teen hartwater gaan egter eers oor ’n jaar of twee beskikbaar is.

INSEKOORGE­DRAAGDE SIEKTES

Boere moet hul vee dringend inent teen siektes wat deur in- sekte oorgedra word, soos knop- velsiekte, drie-dae-stywesiekt­e en bloutong, wat reeds kop uit- gesteek het.

GESLAGSIEK­TES

Daar is steeds baie boere wat nie besef wat die gevaar van geslag- siektes in ’n kudde is en hoeveel geldelike verliese hulle daardeur kan ly nie, sê Malan. Siektes, soos trigomonos­e, vibriose en peestersie­kte, word onder meer oorgedra wanneer ’n boer in ’n onbewaakte oomblik vee aankoop wat uit ’n besmette kudde kom. Die siektes kan selfs vanaf ’n buurplaas oorgedra word as die heinings tussen die plase en kampe nie doeltreffe­nd is nie.

BAKTERIESE SIEKTES

Talle van hierdie siektes is in Augustus by veeartse aangemeld. Malan raai boere aan om die ta- bel deeglik te bestudeer om te sien of hulle in ’n gevaargebi­ed boer. Kry raad by ’n veearts.

VIRUSSIEKT­ES

Dit is nóg ’n gevaar op veeplase. Ongelukkig is daar geen behan- deling vir ’n dier wat enigeen van die talle virussiekt­es opdoen nie. Al manier om dit te bekamp, is met inentings. Daar is egter nie ’n entstof teen snotsiekte nie, maar die goeie nuus is dat daar een in ’n ontwikkeli­ngsfase is en hopelik binne twee jaar tot boere se beskikking sal wees.

RuVASA se verslag word maan- deliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig sodat hulle voorkomend­e maatreëls kan toepas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa