Landbouweekblad

Distell: ‘Ons wil nie meer ’n boelie wees’

- — CARIEN KRUGER

DIE melkverwer­ker Parmalat het sy plaashekpr­ys in die Suid- en Oos-Kaap van 16 Oktober af met gemiddeld 20c/liter verlaag.

Die maatskappy het by navraag gesê die melksituas­ie verskil altyd van streek tot streek en sy besluit om die prys in dié gebiede te verlaag, weerspieël sy siening van die huidige stand van sake daar.

Die verdere agtergrond vir sy besluit is die deurlopend gedempte vraag in die kategorieë waarin hy hoofsaakli­k bedrywig is. Die swakker vraag word grootliks voortgedry­f deur die ekonomiese klimaat en die lae vlakke van verbruiker­s vertroue, sê Parmalat.

In ’n brief aan boere oor die prysverlag­ing, sê die maatskappy hy is aan die melkaanbod­kant genoodsaak om die ekstra volume melk in die somerseiso­en te verwerk en voorraad na volgende jaar oor te dra.

’n Melkboer wat aan Parmalat lewer, glo die maatskappy behoort kwotas in te stel as daar te veel melk is.

In dié verband sê Parmalat hy het reeds volumekont­rakte met sy boere om albei partye te help om veranderin­ge in vraag en aanbod te bestuur.

“Ons doelwit is om te probeer om onsself en ons boere in staat te stel om vir hul ondernemin­gs te beplan en veranderin­ge aan die huidige stelsel sou in ’n gesprek met hulle gedoen word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa