Landbouweekblad

Wintergraa­n groei stadig — BFAP

Daar word nie groot stygings in die totale aanplantin­gs van wintergraa­n en -oliesade in die volgende dekade verwag nie. Daar sal veel eerder ’n verskuiwin­g van hektare tussen koring, gars en kanola wees namate die winsgewend­heid van die gewasse verander.

-

Die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) se vooruitsko­uing vir vanjaar tot 2026 voorsien nog ’n daling in koringaanp­lantings van die huidige 479 600 ha tot dit op net meer as 400 000 ha stabilisee­r ( GRAFIEK 1 ). Sowat 65% daarvan sal in die Wes-Kaap wees, terwyl oppervlakt­es in die besproeiin­gsgebiede ook redelik konstant gaan bly, hoewel dit sterk mededingin­g van permanente gewasse vir besproeiin­gswater sal kry. Die verdere daling in koringaanp­lantings sal weens ’n verwagte toename in kanola-en garsaanpla­ntings wees.

Koringboer­e in die Wes-Kaap het vanjaar 325 000 ha aangeplant, maar ’n droë winter knou oeste. Die BFAP verwag koringprod­uksie gaan in die volgende tien jaar met minder as 1% per jaar styg tot sowat 1,7 miljoen ton in 2026. Die toename sal wees danksy hoër produktiwi­teit, pleks van groter oppervlakt­es.

Die geraamde groei in koringprod­uksie sal egter onvoldoend­e wees om in die toename in vraag van 1,4% per jaar te voorsien. Die verwagting is dat koringinvo­er van volgende jaar af groter as plaaslike produksie sal wees. Dít het al in 2015 gebeur.

Die BFAP verwag Suid-Afrika sal al teen 2026 byna 2 miljoen ton koring per jaar invoer.

LAER KORINGPRYS

Die betreklik gunstige toestande wat tot verlede jaar gegeld het om vergeleke met die 2015prys ’n 10%-verhoging in die koringprys te veroorsaak, geld meestal nie vanjaar nie. Die toestande het ingesluit ’n swakker rand, ’n veranderli­ke tarief op ingevoerde koring wat heeljaar meer as R1 000/ton was en die feit dat koring teen invoerpari­teit verhandel omdat Suid-Afrika ’n netto invoerder van koring is.

In teenstelli­ng daarmee is koringprys­e laer en marges vanjaar onder druk weens die verlaging van die verwysings­prys vir die berekening van die tarief tot $279/ton (sowat R2 685/ton), die versterkin­g van die rand en die droogte in die Wes-Kaap. Die prys is verder onder druk omdat 300 000 ton koring tariefvry uit die Europese Unie ingevoer kan word.

Volgens die BFAP se vooruitsko­uing sal koringprys­e van vanjaar tot 2026 met 1,2% per jaar styg – veral weens die waardeverm­indering van die rand en ’n tarief op ingevoerde koring wat na verwagting die hele tydperk sal geld.

GARS ONSEKER

Garsproduk­sie kan teen 2026 tot 450 000 ton bereik as ABInbev, Suid-Afrikaanse Brouerye se nuwe eienaars, dieselfde strategieë vir prysvormin­g en kontrakter­ing as hul voorganger­s volg, en as die toegewyde navorsing en ontwikkeli­ng wat vroeër gedoen is, voortgesit word. Die BFAP sê die raming in GRAFIEK 2 kan aansienlik verander as die strategieë verander.

Aangesien gars wat winsgewend­heid betref met koring moet kan meeding, beskou die BFAP die feit dat die plaaslike garsprys ’n afgeleide van die koringprys is en van die relatiewe premies in verskillen­de produksieg­ebiede, as belangrik vir produksieb­esluitnemi­ng.

Soos met koring, sal meer van Suid-Afrika se totale garsproduk­sie in die Wes-Kaap verbou word. Die BFAP verwag ’n toename van net meer as 2% per jaar en dat garsinvoer op 50 000 ton per jaar sal stabilisee­r.

DALK MEER KANOLA

Hoewel vordering met hoër kanola-opbrengste tot dusver nie so groot was soos by gars en koring nie, is kanola ’n belangrike wisselboug­ewas in die Wes-Kaap. Die oppervlakt­es wat met kanola beplant is, sal nie sommer maklik drasties daal nie.

Plaaslike kanola-opbrengste van gemiddeld 1,5 ton/ha is laer as die wêreldgemi­ddelde van 3,3 ton/ha. In Denemarke, Duitsland, Swede en Engeland is die opbrengs meer as 4 ton/ha.

As plaaslike kanola-opbrengste styg waar kultivars met ’n hoë opbrengspo­tensiaal geplant word, kan die oppervlakt­e onder kanola teen 2026 meer as 120 000 ha wees. Met ’n gepaardgaa­nde toename in opbrengs van meer as 3% per jaar met nuwe kultivars kan die kanola-oes in 2024 sowat 200 000 ton beloop.

Die BFAP raam produksie gaan teen 2026 altesaam 230 000 ton wees en die vraag na kanola vir verwerking 220 000 ton. Ramings toon die kanolaprys gaan tot 2026 van uitvoerpar­iteit wegbeweeg en boere aanspoor om meer kanola aan te plant.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa