Landbouweekblad

Plaasverko­pe

- — JOHANN BORNMAN

Die volgende ontleding van grondverko­pe in Suid-Afrika is van transaksie­s vir grond wat groter is as 10 ha in Mpumalanga, die Noord-Kaap en Noordwes vanaf Julie verlede jaar tot Junie vanjaar.

In Mpumalanga was daar ’n dalende neiging in net twee van die ses distrikte. Altesame 464 transaksie­s het 99 925 ha teen R2,536 miljard behels. Daarvan was 79 (17%) ooreenkoms­te van kleur, wat 24 646 ha (24,7%) teen R668 miljoen behels het. Die meeste transaksie­s (33%) was vir grond kleiner as 50 ha.

In die Noord-Kaap is 288 transaksie­s in 21 distrikte beklink. Dit het 729 790 ha teen R2,365 miljard behels. Daarvan was 31 transaksie­s van kleur (11%), wat 157 704 ha (21,6%) teen R431 miljoen (18,2% van die algehele waarde) verteenwoo­rdig. Altesame 72% van die transaksie­s was vir grond groter as 300 ha. In vyf (23,8%) van die distrikte is dalende prysneigin­gs waargeneem.

Altesame 633 transaksie­s het in 14 distrikte in Noordwes plaasgevin­d. Sewe van die distrikte se pryse het gedaal. Altesame 189 935 ha is verhandel teen R3,422 miljard. Daarvan was 97 (15%) ooreenkoms­te van kleur, wat 14% van die totale waarde behels het. Altesame 28% van die transaksie­s was vir grond kleiner as 50 ha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa