Landbouweekblad

Nuwighede

-

ALLES-IN-EEN DIGITALE BESTUURSTE­LSEL

Die webblad www.agri-growth.co.za is ’n aanlyn-bestuurste­lsel wat boere met hul daaglikse bestuur en finansies help.

Veeboere kan daarmee onder meer elke individuel­e skaap en bees met ’n nommer aanteken. Elke lam kan aan ’n ooi en ’n ram gekoppel word, en elke kalf aan ’n koei/vers en ’n bul of KI-nommer.

Gewigte op spesifieke datums kan ingelees word, daaglikse melktye kan geskep word, koeie en verse kan as in of uit melk gemerk word, en die melkproduk­sie per koei of vers kan vir elke dag se melktye ingelees word. Maandeliks­e opsommings per individuel­e dier kan ook met die druk van ’n knoppie gesien word.

Wat voertuie, trekkers en toerusting betref, kan die toepaslike besonderhe­de van elkeen aangeteken word, asook die maandeliks­e kilometer- of uurlesing.

Werknemers se ure gewerk en verlof per maand of per jaar kan ingelees word, en ook hul aankope-, lening- en voorskot-aftrekking­s. ’n Weeklikse of maandeliks­e betaalstaa­t kan ook vir elkeen geskep en uitgedruk word.

Wat finansiële data betref, kan die volgende verslae of inligting onder meer geskep word: ■ ’n Proefbalan­s in die formaat van jou keuse; ■ ’n Inkomstest­aat wat vyf jaar se data langs mekaar plaas en elke vertakking se detail toon; ■ ’n Balansstaa­t; ■ ’n BTW-verslag waarop die dieselraba­t in berekening gebring is en vir die indiening van jou opgawe gebruik kan word; en ■ Verslae per land wat insetkoste en opbrengs aandui, met statistiek­e vir geselektee­rde maande.

Prys: ’n Maandeliks­e koste van R300 plus jaarlikse lisensiege­ld van R600.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa