Landbouweekblad

Veilings

-

Die duurste Dormerooi wat tot nog toe in Suid-Afrika verkoop is, is op die produksiev­eiling van Hugo Dormers van mnr. Schalk en me. Anelle Hugo op Kroonstad van die hand gesit. Mnr. Danie Thomas van Kairos Dormers, Edenville, het die geregistre­erde ooi (nr. JB10-025, ma van die legendarie­se Dormerram Barnard) met lam teen R50 000 gekoop.

Boonop is ’n rekordprys van R950 per strooitjie vir semen van Barnard (JB13-074) betaal. Die duurste ram (nr. JB16-122,

op foto) is teen R57 000 verkoop. By die duurste ram is, staande (van links), Jan Mostert, afslaer, me. Marthinett­e Swanepoel, koper, mnr. Schalk en me. Anelle Hugo, Bremer Swanepoel, koper, van Senekal, Wilbur Meyer en Schalk Burger, albei van BKB Louwid. Mnr. Wentzel Vorster van BKB Louwid hurk voor.

Altesame 193 skape en 150 strooitjie­s is aangebied en uitverkoop. Stoetramme het gemiddeld R22 000 stuk behaal, terwyl die kudderamme teen gemiddeld R13 947 stuk verkoop is. Die veiling is deur BKB Louwid Kroonstad aangebied.

 ??  ?? VEILING VAN DIE WEEK
VEILING VAN DIE WEEK
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa