Dis rof in A­fri­ka! Na­mi­bi­ër sit hi­ë­nas ore aan

A­fri­ka is nie vir sis­sies nie. In die noor­de van Na­mi­bië voer hi­ë­nas, leeus en lui­perds ’n skrik­be­wind op Gerd en Maria Sachse se vee-, wild-en-toe­ris­me­plaas. Hul­le moet voort­du­rend plan­ne be­dink om ’n goeie be­staan te voer, soos e­lek­trie­se bui­te­hei­nings

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

As dit nie vir toe­ris­me was nie, het die hi­ë­nas, lui­perds en leeus ons lank­al van die plaas af ge­vreet! Só sê mnr. Gerd Sachse. Hy en sy vrou, Maria, be­dryf saam ’n vleis­bees­boer­de­ry op hul plaas Sa­chsen­heim in die dis­trik T­su­meb. Daar word die teel van os­se en speen­kal­wers, as­ook wild­boer­de­ry in­ge­span om munt uit toe­ris­me en tro­fee­jag te slaan.

Hul­le boer met kom­mer­si­ë­le Sim­men­ta­ler-Brah­man-ti­pe vleis­bees­koeie wat met Li­mou­sin­bul­le ge­kruis word om os­se van die veld af te le­wer. Weens die be­drei­ging van roof­die­re is hul­le eg­ter be­sig om ook ’n speen­kalf­stel­sel by die boer­de­ry in te ska­kel.

Dit is ver­al ge­vlek­te hi­ë­nas wat on­der die bees­te maai, maar Gerd het ook las van lui­perds. Soms breek leeus boon­op van anderkant ’n buur­man se grens­hei­ning deur om bees­te op sy plaas te vang. Daar­om is hy be­sig om die he­le plaas se bui­ten­ste grens­lyn van 71 km te e­lek­tri­fi­seer om roof­die­re uit te hou, ver­al die hi­ë­nas wat el­ke jaar tal­le bees­te vang.

“Drie of vier hi­ë­nas vang ’n bees son­der groot moei­te deur hom plat te trek, die ui­er en bou­de te vreet ter­wyl sy nog le­we en haar dan vir dood daar te los,” sê Gerd.

“Dis baie moei­lik om hul­le te be­kamp. Hul­le is nag­die­re en swerf tien­tal­le ki­lo­me­ters ver in die nag om te jag. Hul­le kom ook ver­al hier­heen om wa­ter te drink as daar nie wa­ter in hul jag­vel­de op an­der pla­se is nie. Hul­le gra­we ga­te on­der­deur die lyn­dra­de of klim som­mer deur.” Sa­chsen­heim het tal­le pan­ne.

“Ek is vas oor­tuig as ’n hi­ë­na on­der­deur die draad kom, dan vang hy ’n u­ni­ver­si­teits­graad, want hy is ek­stra slinks,” spot Gerd. Al uit­weg is die e­lek­trie­se dra­de. In­tus­sen ge­bruik hy hok­ke met aas om die hi­ë­nas te vang en dan van die gras af te maak.

Die lui­perds vang so­wat 20 kal­wers per jaar en maai on­der die klein­wild. Leeus, wat in trop­pe van tien of meer op ’n slag na Sa­chsen­heim deur­breek, het een keer meer as 20 bees­te ge­vang en op­ge­vreet voor­dat hul­le na die buur­plaas ver­kas het.

“Ons kry da­rem goeie steun van na­tuur­be­wa­ring. Ons moet ver­lie­se aan­meld en aan­soek doen om die leeus te laat skiet. Hul­le kom doen dan in­spek­sie, want ek moet be­wys dat ek ska­de ge­ly het deur kar­kas­se te wys. Dan kry ek ’n per­mit. On­ge­luk­kig het die leeus teen daar­die tyd weer die ha­se­pad ge­kies. In­dien ons ge­luk­kig is en die leeus deur ’n jag­ter kan laat skiet, moet die in­kom­ste tus­sen al my reg­streek­se bu­re ver­deel word om­dat al­mal on­der die aan­slae van die ko­ning van die die­re­ryk deur­loop,” sê Gerd.

GOEIE WEIDINGSTRATEGIE

Die Sim­men­ta­ler-Brah­man­ti­pe vleis­koeie is ge­kies ter wil­le van ’n kom­bi­na­sie van goeie vlei­s­ei­en­skap­pe en groot ge­hard­heid. Hul­le word deur Li­mou­sin­bul­le ge­dek om fris speen­kal­wers en os­se te le­wer. “Die koeie moe­nie te groot wees nie, want hier kan ons net met me­di­um­raam­bees­te boer weens die har­de toe­stan­de wat net die mees aan­ge­pas­te die­re verg. Groot bees­te haal nie die paal nie.”

Die bees­te wei deur die jaar op na­tuur­li­ke wei­ding. Al uit­son­de­ring is die 5 ha aan­ge­plan­te wei­ding wat Gerd vir groen­voer vir kal­wer­koeie en in baie droë tye vir die wild saai.

Die veld­wei­ding be­staan groot­liks uit een­ja­ri­ge gras­se, soos sand­kweek en leeusteek­gras. Daar is ook ’n bie­tjie meer­ja­ri­ge gras­se, soos bor­sel­tjie­gras, in die ran­te op die plaas.

Een deel van die plaas word groot­liks vir die bees­te uit­ge­hou en die an­der deel vir wild. In die bees­kam­pe doen hy wis­sel­be­wei­ding met ’n vier­kamp­stel­sel met 60 bees­te in el­ke stel­sel. Hy laat wei die veld af tot op ’n hoog­te

van 10 cm en ver­skuif die trop na die vol­gen­de kamp so­dat die gras­se nie deur té veel be­wei­ding be­na­deel word nie.

Ge­luk­kig het hul­le baie vreet­ba­re strui­ke, soos koe­doe- en ro­syn­tjie­bos en geel­hout (Ter­mi­na­lia se­ri­cea, in Na­mi­bië ook vaal­boom of vaal­bos ge­noem, wat nie met die groot geel­hout­bo­me in Suid-A­fri­ka ver­war moet word). Die strui­ke bied waar­de­vol­le rant­soe­ne vir die bees­te en wild.

Daar is al­tyd ’n oor­skot aan wild in die 3 500 ha wild­kam­pe op Sa­chsen­heim om­dat daar nie baie gras­vre­ters is nie. Gerd se gems­bok­ke, se­bras en wa­ter­bok­ke kan dus nie al die gras be­nut nie. Die tal­ry­ke wild­soor­te wat blaar­vre­ters is, be­staan uit ka­meel­per­de, e­lan­de, koe­does, rooi­bok­ke en dui­kers.

Daar­om jaag Gerd soms os­se na die wild­kam­pe om die gras be­ter te be­nut. Wan­neer hy ’n on­der­ge­mid­del­de re­ën­jaar on­der­vind, hou hy die bees­te uit die wild­kam­pe en ver­koop eer­der os­se as om die koei­ge­tal­le te ver­min­der. Dan koop hy weer teel­die­re wan­neer die droog­te ver­by is.

Weens die moei­li­ke toe­stan­de is die kalf­per­sen­ta­sie so­wat 75 en weens roof­die­re is die speen­per­sen­ta­sie net on­ge­veer 50. “Men­se sê dik­wels dis ’n won­der dat ons nog op die plaas is. Ja, dit is ’n har­de wê­reld hier­die. Daar­om moet jy baie koeie hê, an­ders maak jy dit nie. Ons het 350 koeie.”

MAAL HOUT VIR RUVOER

In droë tye voer hy sy bees­te met voer wat hul­le op die plaas kweek, as­ook met voer­meng­sels wat hy plaas­lik en in Zam­bië koop.

Hy maal ook hout vir ruvoer en meng dit met me­las­se­stroop, bos­ver­teer­mid­del, mie­lie­kiem, voer­sor­ghum en veld­gras­se. Hy sê die hout het die­self­de voe­dings­waar­de as ko­ring­kaf. Die voer­sor­ghum word op die plaas ge­saai.

Geel­hout is vol­gens Gerd die bes­te bron. Tak­ke van 10 cm en dun­ner word met pan­gas af­ge­kap en op ho­pe ge­pak. Dan word dit met ’n hout­ker­wer in 1 cm-leng­tes op­ge­kerf. Dit word on­der­dak oop­ge­strooi en toe­ge­laat om vir ’n dag of twee droog te word en dan

met ’n ha­mer­meul met ’n sif van 10 mm fyn­ge­maal. Die hout is dan ’n grow­we ve­sel wat weer op ’n se­ment­blad uit­ge­strooi word. Me­las­se word met wa­ter ge­meng tot­dat dit ’n kof­fie­kleur het, oor die fyn hout ge­spuit om dit smaak­li­ker te maak en dan deeg­lik met gra­we ge­meng. Eers dan kom die an­der be­stand­de­le by. Dié voer­meng­sel be­staan uit 60% hout, 15% gras, 15% voer­sor­ghum en 10% bos­ver­teer­mid­del en mie­lie­kiem.

By die vee­pos­te word dié voer­meng­sel el­ke dag in voer­bak­ke aan die bees­te ver­skaf, an­ders muf die klam meng­sel in die bak­ke as daar baie oor­bly. By die af­ge­leë vee­pos­te maak die wer­kers el­ke og­gend ’n vars meng­sel. Die wild vreet dit ook graag. In baie droë tye voer Gerd tot 2,5 ton van die meng­sel per dag.

Die os­se word op 36 maan­de van die veld af ver­koop. Gerd sê die voor­deel van ’n os­boer­de­ry is dat hul­le te e­ni­ger tyd ver­koop kan word as die nood druk. So­dra die kal­wers groot­word, is hul­le ook nie meer ’n mak­li­ke prooi vir roof­die­re nie.

Gerd het eg­ter ook be­gin om speen­kal­wers te le­wer om­dat die koeie die kal­wers net teen roof­die­re kan be­skerm ter­wyl hul­le nog saam loop. As die speen­kal­wers op hul eie is, is hul­le ’n tyd lank mak­li­ke prooi vir roof­die­re. Dan maak dit goeie sa­ke­sin om ’n deel van die aan­teel as speen­kal­wers te ver­koop.

Die os­se word op vei­lings op O­ta­vi en Groot­fon­tein aan­ge­bied of ver­koop aan die Na­mi­bie­se vleis­ver­wer­king-en-be­mar­kings­maat­skap­py Me­a­t­co, wat vleis­snit­te na ver­skeie lan­de uit­voer. Die speen­kal­wers gaan ook na die vei­lings.

DIE VOOR­DEEL VAN TOE­RIS­ME

Gerd se pa, Her­mann, het die plaas in 1946 ge­koop en dit Sa­chsen­heim ge­doop; tuis­te van die Sachse-fa­mi­lie. Toe hy be­gin boer het, het hy niks ge­had nie. Hy het vir hom ’n boes­man­hui­sie ge­bou en hard ge­werk om wa­ter­ga­te te ves­tig. Saans het hy op sy trek­kla­vier vir die die­re mu­siek ge­maak. Gerd se ma, Elf­rie­de Maria Piek, het in 1956 uit Duits­land ge­kom om met Her­mann te trou. Hul­le het die plaas toe saam ver­der ver­be­ter.

Her­mann het die plaas la­ter ver­koop, maar Gerd kon dit in 1987 te­rug­koop. In 1993 het hul­le sy ma se droom om ’n gas­te­huis te be­gin, ge­stal­te ge­gee deur die gas­te­be­dryf met drie hui­sies en vyf ka­mers te be­tree. Maria wou dit eint­lik net ge­bruik om haar as kre­a­tie­we mens be­sig te hou. “Toe ont­plof dit la­ter en word ’n groot sto­rie,” vertel Maria.

Van­dag het hul­le tal­le gas­te­hui­se en -ka­mers. Die eet­ka­mer is ’n groot gras­dak­kom­pleks met ’n mo­der­ne kom­buis. Met die groen gras­per­ke tus­sen­in is dit ’n lus vir die oog.

Die vroue wat in die gas­te­be­dryf werk, is al­mal plaas­li­ke men­se wat geen op­lei­ding ge­had het nie. Maria het hul­le in die fy­ne­re kun­sies van kos­maak en an­der ta­ke ge­skool. Die mees­te van hul­le is al ja­re op die plaas.

Hul­le ad­ver­teer nie juis om gas­te te lok nie. Die men­se hoor by te­vre­de be­soe­kers van Sa­chsen­heim en be­spreek dan ver­blyf. Hul­le het nog nie eens ’n web­tuis­te vir hul gas­te­huis nie, maar wél een vir die jag­be­dryf. Die bed­be­set­ting is on­ge­veer 70%.

Maria doen al sa­ke met meer as 200 toer­o­pe­ra­teurs wat gas­te van ver­al Na­mi­bië, Suid-A­fri­ka en die bui­te­land bring. Die mees­te men­se is op pad na die E­tosha Na­si­o­na­le Park of kom daar­van­daan.

Een ge­reel­de gas wat ei­en­doms­ont­wik­ke­ling in Duits­land doen, het vir hom­self ’n huis op die plaas ge­bou. “Hy wou se­ker maak hy het al­tyd huis­ves­ting by ons. Hy het al die bou­ma­te­ri­aal in ’n skeeps­hou­er van Duits­land af ge­bring en sy eie am­bags­men­se Na­mi­bië toe laat vlieg om die huis op te rig. Nou kom kui­er hy ’n paar keer per jaar,” sê Maria.

Gerd sê hy kry so­wat 15-20 tro­fee­jag­ters per jaar, wat ’n goeie in­kom­ste be­te­ken. Die jag­ters stel net in die tro­feë, soos ho­rings en vel­le, belang en die vleis gaan gas­te­huis toe. Hy moet eg­ter week­liks ek­stra bok­ke skiet vir ge­noeg wilds­vleis vir die gas­te­ver­tak­king.

GOEIE DIEREGESONDHEID

Weens die pan­ne op die plaas waar­in wa­ter in die re­ën­tye ver­sa­mel, is pa­ra­sie­te ’n groot las. Ver­al haar- en haak­wurms is ’n pro­bleem by bees­te en neus­wurms by die vleis­ska­pe en -bok­ke wat hul­le vir eie ge­bruik aan­hou.

Die vee word ge­reeld ge­do­seer deur ’n ap­pa­raat wat aan die voer­bak­ke ge­mon­teer is. Dit be­staan uit rol­lers waar­van die on­der­kan­te in ’n bad met die do­seer­mid­del is. As ’n dier voor­oor leun om voer te vreet, draai die rol­ler in die rond­te en smeer die do­seer­mid­del aan hul ke­le. Dit is dus ’n mak­li­ke, na­tuur­li­ke ma­nier van do­se­ring.

Die plaas het ook baie las van bos­lui­se, maar ge­luk­kig nie dié wat hart­wa­ter oor­dra nie. Dus hoef Gerd die vee net af en toe by­ko­mend te do­seer as hul­le nie van­self ge­noeg van die pa­ra­siet­mid­dels kry nie en bos­luis­koors by die kal­wers be­gin voor­kom. Daar is min ge­val­le van sweet­siek­te. Ver­der het hul­le nie veel pro­ble­me van siek­tes en plae nie. On­der die wild is honds­dol­heid wél soms ’n pro­bleem. Dit is die ti­pe wat groot­liks by koe­does voor­kom.

NA­VRAE: E-pos: sachse@i­way.na; Ma­ri­an­ne, sel 00264 81 2150100.

cvan­rooy@land­bou.com

BO: Die boer­de­ry loop kwaai deur on­der roof­die­re wat on­der die vee maai. Ver­al ge­vlek­te hi­ë­nas rig baie ska­de aan.

REGS: Die wild speel ’n be­lang­ri­ke rol deur mid­del van tro­fee­jag en wilds­vleis wat aan die gas­te voor­sien word. Hier is twee ka­meel­per­de in mooi veld. FOTO: VER­SKAF

BO: Die boer­de­ry hou net ’n klom­pie vleis­ras-kruis­ska­pe vir eie ge­bruik aan om­dat dit weens die baie roof­die­re nie ti­pie­se klein­vee­wê­reld is nie.

LINKS: Gerd boer met Sim­men­ta­ler-Brah­man­ti­pe vleis­koeie vir ’n kom­bi­na­sie van goeie vlei­s­ei­en­skap­pe en ui­ter­se ge­hard­heid. Mnr. Gerd Sachse staan hier by ’n mooi koei.

FOTO: VER­SKAF

Die gas­te­ge­deel­te van die plaas­werf is prent­jie­mooi, met tal­le gas­te­hui­sies en -ka­mers, ’n swem­bad en kui­er­hoe­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.