Droog­te ge­pyp­kan: SA­se6 bes­te vee­boe­re

In die na­draai van een van die erg­ste droog­tes in Sui­der-A­fri­ka toon vee­boe­re steeds in moei­li­ke om­stan­dig­he­de hul staal. Al ses fi­na­lis­te in die 15de na­si­o­na­le Bees- en S­kaap­boer van die Jaar­kom­pe­ti­sie het deur pro­duk­sie­ge­dre­wen­heid die vol­hou­baar­heid va

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

MNR. PIE­TER GILDENHUYS EN SY SEUN, PIE­TER-JANSE,

boer met so­wat 2 300 kom­mer­si­ë­le Me­ri­no-ooie op die plaas K­lein­bos­heu­wel in die dis­trik Hei­del­berg in die Suid-Kaap.

Hul wei­dings­hulp­bron­ne be­staan uit lu­sern­wei­ding en gars- en ko­ringoes­res­te wat saam ’n goeie voer­vloei voor­sien. Die boer­de­ry se vee­be­la­ding is so­wat 5,7 klein­vee-een­he­de (KVE) per ha, wat met die dra­krag van die wei­ding oor­een­stem.

Goeie wei­dings­be­stuur en ’n wis­sel­bou­stel­sel, hulp­bron­be­nut­ting en voer­vloei­be­plan­ning ver­se­ker on­der meer uit­ste­ken­de fi­nan­si­ë­le re­sul­ta­te, soos weer­spie­ël word in ’n ver­ge­ly­king met die re­sul­ta­te van die le­de van ’n Suid-Kaap­se stu­die­groep. Die Gildenhuys-boer­de­ry pres­teer deur­gaans ver bo die ge­mid­del­de.

Hul­le het drie lam­tye in twee jaar. Ooie word op die ou­der­dom van 11 maan­de die eer­ste keer ge­dek. Ooie wat oor­slaan, word voor die voet uit­ge­skot. ’n Speen­per­sen­ta­sie van so­wat 130 word be­haal. In lam­tyd word die ooie twee keer per dag be­soek om lam­ver­lie­se te be­perk.

Die jaar­lik­se re­ën­val is ge­mid­deld 448 mm, maar hul­le het van­jaar net 235 mm ont­vang. Lak­te­ren­de ooie kry daag­liks by­voe­ding wat wis­sel van 250 g tot 500 g per ooi, na ge­lang van die wei­dings­toe­stan­de.

Hul­le doel­wit is om ge­ba­lan­seer­de ska­pe te teel wat me­di­um- tot fyn wol van ’n hoë ge­hal­te op­le­wer en ’n goeie leng­te het.

Die Gil­den­huy­se pas ge­ves­tig­de prak­ty­ke suk­ses­vol toe. Hul­le koop ram­me aan op grond van die pro­duk­sie­da­ta van ge­ves­tig­de te­lers wat aan die Me­ri­no­plan deel­neem. Vol­le­di­ge teel­waar­des en die re­pro­duk­sie­ge­skie­de­nis van die ram­me se moe­ders is ook be­skik­baar.

MNR. HAN­NES KOTZÉ EN SY VROU, HENRIËTTE,

be­dryf hul ge­meng­de boer­de­ry op hul woon­plaas, A­lex­an­ders­hoek, by Moor­rees­burg. Han­nes is ’n SA V­leis­me­ri­no-stoet­te­ler van for­maat en sy kud­de het so­wat 800 teel­ooie.

Die wei­dings­hulp­bron­ne is lu­pie­ne-, ha­we­ren ko­ring­stop­pel­lan­de en me­di­cs- en ha­wer­wei­ding in die win­ter. Hier­die ge­bied is steeds in ’n on­ge­ken­de droog­te vas­ge­vang. Waar die nor­ma­le dra­krag nor­maal­weg 3 KVE/ha is, is die vee­be­la­ding nou af­ge­skaal tot 1,5 KVE/ha.

Han­nes se eer­ste stra­te­gie was om al­le on­der­ge­mid­del­de pres­teer­ders uit te skot en net die bes­tes te­rug te hou. ’n Goeie stel­sel van aan­te­ke­nin­ge hou het hier­die pro­ses ver­ge­mak­lik en die se­lek­sie kon ak­ku­raat uit­ge­voer word. Hy het ’n len­te- en herfs­lam­tyd en ver­wag van el­ke ooi om jaar­liks te lam. Ooie word op die ou­der­dom van 12 maan­de die eer­ste keer ge­dek. ’n Speen­per­sen­ta­sie van 121 is die af­ge­lo­pe jaar aan­ge­te­ken. Sy teel­be­leid is om le­wens­krag­ti­ge lam­mers wat vin­nig groei, reg­streeks van die ooie af te be­mark.

Dié boer­de­ry ge­bruik geen hor­mo­ne of kuns­ma­ti­ge hulp­mid­dels om re­pro­duk­sie on­na­tuur­lik te ver­hoog nie. Hy teel dus vir la­e­kos­te-die­re wat by sy om­ge­wing aan­ge­pas is. Op lang ter­myn ver­min­der dit die ri­si­ko van hoë pro­duk­sie­kos­te.

Die klein­vee­kom­po­nent van MNR. FRANS EN MEV. REINETTE WIID

se boer­de­ry be­staan uit meer as 8 000 kom­mer­si­ë­le DohneMe­ri­no- en Dor­per-teel­ooie in ’n goed ge­di­ver­si­fi­seer­de boer­de­ry op Die Lan­de in die Noord-Kaap­se dis­trik Ho­pe­town.

Die Dohne-Me­ri­no-lam­mer­ooie word op meer­ja­ri­ge, be­sproei­de wei­dings aan­ge­hou. Dié ho­ë­ge­hal­te­wei­ding be­staan uit ’n be­proef­de meng­sel van langs­wenk-, kro­paar­en raai­gras, as­ook kla­wer. Die wei­ding word se­lek­tief op be­paal­de grond met ’n keer­laag ge­plant. Die ef­fek­tie­we plant­diep­te is so­wat 20 cm. Die wins­ge­wend­heid van sy ska­pe op be­sproei­de wei­dings klop dié van kon­tant­ge­was­se op lang ter­myn.

Die Dor­pers word eks­ten­sief op na­tuur­li­ke wei­ding aan­ge­hou. Slegs ooie met meer­lin­ge word aan­vank­lik in lam­hok­kies ver­sorg voor hul­le te­rug­gaan veld toe. Die eks­ten­sie­we Dor­pers vind dus ook baat by sy lam­hok­stel­sel om lam­ver­lie­se te be­perk.

Frans se se­lek­sie vir vrug­baar­heid by ál sy ooie is on­ver­bid­de­lik. Te dan­ke aan sy om­vang­ry­ke kud­de se­lek­teer hy mak­lik die­re wat by sy hulp­bron­ne aan­ge­pas is. “Ek slag my ooie bang,” spot hy oor die uit­skot­be­leid wat hom in staat ge­stel het om oor die ja­re ’n hoogs vrug­ba­re kud­de op te bou.

Al­le ooie wat lam­mers van ou­er as ses we­ke het, word ge­paar. ’n Speen­per­sen­ta­sie van 140 word be­haal.

Frans be­skou die be­kam­ping van ska­de­li­ke die­re as die groot­ste stryd in sy vee­boer­de­ry. Hy be­perk sy vee­ver­lie­se deur e­lek­trie­se om­hei­nings, jag­hon­de, vang­hok­ke en op­ge­lei­de jag­ters.

MNR. DAWIE ALBERTYN EN SY VROU, MELANIE,

van die Nacht Wacht-stoe­te­ry in die O­ver­berg doen se­dert 2003 stoet­te­ling met Sus­sex­bees­te. Die ge­bied tus­sen B­re­das­dorp en Wa­en­huis­krans waar dié ge­skied­kun­di­ge plaas lê, staan plaas­lik as K­lein Hol­land be­kend. Die plat wê­reld daar is in ’n tra­di­si­o­ne­le skaap­pro­duk­sie­ge­bied wat se­dert 1895 deur vier ge­slag­te van die Albertyn-fa­mi­lie be­werk word.

Een van die wei­dings­hulp­bron­ne is ’n groot ge­deel­te vleie en dui­ne­veld wat nie vir skaap­boer­de­ry ge­skik is nie, maar goed deur bees­te be­nut word. In hul wis­sel­bou­stel­sel plant hul­le kon­tant­ge­was­se (ko­ring, gars, ha­wer, ka­no­la en ko­ring) vir vyf jaar, ge­volg deur lu­sern, kla­wer en raai­gras­wei­dings vir tien jaar. Die ge­mid­del­de jaar­lik­se re­ën­val is 400 mm.

Hul teel­doel­wit is om goed aan­ge­pas­te me­di­um­raam­die­re met ’n goeie haar­kleed en ge­noeg melk te teel. Meer klem word tans op die te­ling van poens­kop­pe ge­plaas. Dank­sy goeie wei­ding en hul teel­be­leid weeg die kal­wers met speen­tyd ge­mid­deld 300 kg. Die kud­de van so­wat 300 teel­koeie se speen­per­sen­ta­sie was in die af­ge­lo­pe jaar 86. Twee dek­tye – in die herfs en in die len­te – word ge­bruik. Ver­se word op die ou­der­dom van 18-20 maan­de ge­dek.

“My die­re is goed by ons om­ge­wing aan­ge­pas. Die vrou­li­ke die­re is hoogs vrug­baar en het uit­ste­ken­de moe­der­ei­en­skap­pe en ’n goeie tem­pe­ra­ment. Hul­le het ook oor­ge­noeg melk om swaar speen­kal­wers te le­wer,” sê Dawie.

Hy er­vaar ook dat dié ras met sy k­lei­ner kal­wers min ge­boor­te­pro­ble­me het.

Dawie se toe­koms­plan­ne vir sy stoe­te­ry is om deu­ren­tyd die bes­te teel­ma­te­ri­aal moont­lik aan kom­mer­si­ë­le boe­re te ver­skaf so­dat dit ’n op­bou­en­de by­drae tot hul bees­kud­des kan le­wer.

Die Gildenhuys-boer­de­ry het drie lam­tye in twee jaar. Me­ri­no-ooie word op die ou­der­dom van 11 maan­de die eer­ste keer ge­dek. Ooie wat oor­slaan, word voor die voet uit­ge­skot. ’n Speen­per­sen­ta­sie van so­wat 130 word be­haal.

Mnr. Han­nes en mev. Henriëtte Kotzé BO: Mnr. Han­nes Kotzé se V­leis­me­ri­no-ooie word op 12 maan­de die eer­ste keer ge­dek. ’n Speen­per­sen­ta­sie van 121 is die af­ge­lo­pe jaar aan­ge­te­ken. Sy teel­be­leid is om le­wens­krag­ti­ge lam­mers reg­streeks van die ooie af te be­mark.

Mnr. Pie­ter-Janse en mev. Ger­ma Gildenhuys

Dank­sy die goeie wei­ding van die Al­ber­tyns van die plaas Nacht Wacht bui­te B­re­das­dorp en hul teel­be­leid weeg die kal­wers met speen­tyd ge­mid­deld 300 kg. Die kud­del het so­wat 300 Sus­sex-teel­koeie. ’n Speen­per­sen­ta­sie van 86 is die af­ge­lo­pe jaar aan­ge­te­ken.

Mnr. Frans Wiid se kom­mer­si­ë­le DohneMe­ri­no-lam­mer­ooie loop op meer­ja­ri­ge, be­sproei­de wei­dings in ’n goed ge­di­ver­si­fi­seer­de boer­de­ry op Die Lan­de, Ho­pe­town.

Mnr. Dawie en mev. Melanie Albertyn

Mnr. Frans en mev. Reinette Wiid

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.