U­nie­ke wis­sel­bou­stel­sels: Min­der siek­tes, be­ter op­brengs

Die al­ge­me­ne wis­sel­bou­stel­sel van net mie­lies en so­ja­bo­ne is on­vol­doen­de om op­brengs­te in stand te hou. Die prak­tyk van sta­pel­wis­sel­bou kan help om weer­stan­dig­heid te voor­kom.

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

Der­tig jaar se sta­tis­tie­ke op die Da­ko­ta La­kes-proef­plaas be­wys dit: Wis­sel­bou met net mie­lies en so­ja­bo­ne hou nie ’n land se pro­duk­sie­po­ten­si­aal in stand nie. In­teen­deel, op lang ter­myn laat dit op­brengs­te kwyn. Só waar­sku dr. D­way­ne Beck, ja­re lan­ge be­stuur­der van dié proef­plaas bui­te die dorp Pier­re in die A­me­ri­kaan­se deel­staat Suid-Da­ko­ta, oor wat in A­me­ri­ka en Suid-A­fri­ka se so­mer­saai­ge­bie­de een van die al­ge­meen­ste wis­sel­bou­stel­sels is.

“Hier­die mie­lies-en-so­ja­bo­ne-ding gaan nie meer lank werk nie. As ons die pad van gro­ter in­ten­si­fi­se­ring aan­hou volg, gaan ons ál meer pro­ble­me met on­kruid, wa­ter­ge­hal­te en lug­ge­hal­te on­der­vind. Stel­sels is no­dig om wa­ter en voe­ding­stow­we or­dent­lik te her­sir­ku­leer en e­ner­gie vas te vang en te be­nut.”

Da­ko­ta La­kes is in die mid­del 1980’s deur die om­ge­wing se boe­re be­gin, met die uit­sluit­li­ke doel om die om­lig­gen­de fa­mi­lie­boer­de­rye op die plaas te help bly. Dit word steeds deur die boe­re be­sit en met die hulp van hul plaas­li­ke u­ni­ver­si­teit, die Suid-Da­ko­ta-staat­s­u­ni­ver­si­teit, be­dryf.

Die oor­spronk­li­ke doel was om nie van kor­po­ra­tie­we of re­ge­rings­fi­nan­sie­ring af­hank­lik te wees nie, maar eer­der deur boe­re­be­lan­ge aan­ge­vuur te word. Hier­die doel­wit word steeds na­ge­streef. Die proef­plaas se kom­mer­si­ë­le boer­de­ry­kom­po­nent moet dus ge­noeg ver­dien om sy na­vor­sings­be­dry­wig­he­de te fi­nan­sier. Wins­ge­wend­heid is die hoof­doel­wit.

Die ge­mid­del­de re­ën­val is 450 mm per jaar, waar­van so­wat 65% in die so­mer (Mei, Ju­nie en Ju­lie) val, en die res in die vorm van sneeu in die win­ter.

Ver­skil­len­de wis­sel­bou­stel­sels word met ’n wye reeks kon­tant- en dek­ge­was­se op die plaas be­proef, op dro­ë­land so­wel as on­der be­sproei­ing, en sy sta­tis­tie­ke strek oor meer as drie de­ka­des. ’n Op­som­ming van dié da­ta wys dui­de­lik hoe op­brengs­te on­der be­sproei­ing ver­hoog as meer ge­was­se op ’n land ver­bou word: ’n Mo­no­kul­tuur­stel­sel van mie­lies ná mie­lies het op lang ter­myn 203 ske­pels per a­c­re (12,74 t/ha) ge­le­wer. As mie­lies en so­ja­bo­ne met me­kaar af­ge­wis­sel is, het die mie­lie-op­brengs tot 217 ske­pels per a­c­re (13,62 t/ha) ge­styg. ’n Wis­sel­bou­stel­sel van mie­lies-mie­lies-so­ja­bo­ne-ko­ring-so­ja­bo­ne het 235 ske­pels mie­lies per a­c­re (14,75 t/ha) ge­le­wer. Die toe­voe­ging van ’n groei­tyd se dek­ge­was­se tot die wis­sel­bou­stel­sel het so­ja­bo­ne se op­brengs met 7,9 ske­pels per a­c­re (0,5 t/ha) ver­hoog, en die toe­voe­ging van meer kon­tant­ge­was­se het ’n selfs gro­ter op­brengs­ver­ho­ging (15,9 ske­pels per a­c­re [1 t/ha]) be­werk­stel­lig. Wis­sel­bou met net mie­lies en so­ja­bo­ne het 62,9 ske­pels so­ja­bo­ne per a­c­re (3,95 t/ha) ge­le­wer, teen­oor ’n stel­sel van mie­lies-mie­lies-so­ja­bo­ne-ko-

ring-so­ja­bo­ne, wat 78,8 ske­pels so­ja­bo­ne per a­c­re (4,95 t/ha) ge­le­wer het. D­way­ne be­na­druk dat daar geen voor­ge­skre­we re­sep is nie. El­ke boer moet ’n wis­sel­bou­stel­sel ont­werp wat vir sy toe­stan­de ge­skik is en by sy boer­de­ry in­pas. “Ek kan net so min die bes­te wis­sel­bou­stel­sel vir jou ont­werp as wat ek die bes­te hu­we­liks­maat vir jou kan kies. Ek kan wel ’n paar fak­to­re uit­wys wat jy in ag moet neem as jy ’n ro­ta­sie kies.”

En les bes: “Moe­nie bang wees om raad te vra nie, maar moet geen re­sep­te van an­der aan­vaar nie. Doen jou eie kook­werk!” sê hy.

D­way­ne het ’n om­vat­ten­de klas­si­fi­ka­sie­struk­tuur vir ver­skil­len­de ti­pes wis­sel­bou­stel­sels saam­ge­stel. Dit strek oor ’n wye spek­trum, van die al­ge­meen­ste en een­vou­dig­ste stel­sels met net een ge­was van el­ke ge­was­ti­pe (by­voor­beeld win­ter­ko­ring-mie­lies-braak of mie­lies-so­ja­bo­ne) tot in­ge­wik­kel­de en ge­sta­pel­de stel­sels.

STA­PEL­WIS­SEL­BOU

S­ta­pel­af­wis­se­ling, een van die min­der be­ken­de be­na­de­rings, be­skryf hy as ’n wis­sel­bou­stel­sel waar­in kon­tant­ge­was­se of ge­was­se van die­self­de soort me­kaar op­volg, ge­woon­lik twee keer, ge­volg deur ’n lang on­der­bre­king. Een voor­beeld is ko­ring-ko­ring-mie­lies-mie­lies-so­ja­bo­ne-so­ja­bo­ne, ge­volg deur meer as ’n jaar son­der hier­die ti­pe kon­tant­ge­was­se, waar­ná die be­trok­ke kon­tant­ge­was­si­klus her­haal kan word. ’n An­der is gars-ko­ring-er­te-ka­no­la.

Die be­gin­sel daar­van is om die ge­was­af­wis­se­ling so­wel as die in­ter­val­le tus­sen ver­skil­len­de ge­was­se di­vers te hou ten ein­de siek­tes en plae aan die raai te hou.

STUIT DIE EVOLUSIE

D­way­ne ver­dui­de­lik dat dit eens op ’n tyd in A­me­ri­ka se mie­lie­pro­du­se­ren­de ge­bie­de al­ge­me­ne prak­tyk was om mie­lies jaar ná jaar op die­self­de land te ver­bou. In­sek­te, soos die ke­wer van die mie­lie­wor­tel­wurm, het op die mie­lie­baar­de ge­voed en op die plant­ba­sis­se ei­ers ge­lê. Die mees­te van hier­die ei­ers het in die vol­gen­de len­te uit­ge­broei en die wurms het aan­sien­li­ke ska­de aan die wor­tels en dus op­brengs­te aan­ge­rig. Dít het che­mie­se be­stry­ding be­gin nood­saak­lik maak op lan­de waar­op net mie­lies ver­bou is.

Toe so­ja­bo­ne la­ter tot wis­sel­bou toe­ge­voeg is, was sul­ke be­stry­ding aan­vank­lik nie no­dig nie, maar met­ter­tyd het die in­sek­te twee oor­le­wing­stra­te­gieë ont­wik­kel. In die wes­te­li­ke ge­bie­de het ’n bi­o­ti­pe ont­wik­kel waar­van die ei­ers lan­ger dor­mant kan bly. Die mees­te van hier­die ei­ers broei nie in die vol­gen­de pro­duk­sie­jaar as die so­ja­bo­ne ge­plant is, uit nie, maar eers in die daar­op­vol­gen­de jaar wan­neer daar weer mie­lies ge­plant is. Dié ti­pe oor­heers dees­dae wor­tel­wurm­be­vol­kings daar om­dat die­self­de in­ter­val tus­sen mie­lies en so­ja­bo­ne op die­self­de land oor so­veel ja­re die al­ge­meen­ste wis­sel­bou­stel­sel ge­word het.

In die oos­te­li­ke deel van hul mie­lie­streek het die wy­fie­ke­wers na so­ja­boon­lan­de be­gin mi­greer om hul ei­ers daar te gaan lê om­dat daar in die daar­op­vol­gen­de len­te heel waar­skyn­lik mie­lies op daar­die lan­de sal wees.

Sta­pel­wis­sel­bou, soos ko­ring-ko­ring-mie­lies-mie­lies-so­ja­bo­ne-so­ja­bo­ne knik­ker al­bei hier­die aan­pas­sing­stra­te­gieë uit, sê D­way­ne. Selfs al lyk dit vir ons as men­se heel voor­spel­baar, is dit glad nie bin­ne die in­sek­te se ver­wy­sings­raam­werk nie.

Net so be­lang­rik is die feit dat die in­sek­te met ’n nor­ma­le le­wens­pa­troon (wat op die mie­lies voed, ei­ers in die mie­lies lê en waar­van die ei­ers in die vol­gen­de len­te uit­broei), oor­leef in ’n stel­sel waar­in mie­lies met mie­lies op­ge­volg word. Hul­le “ver­dun” dus die to­ta­le be­vol­king, so­dat daar in ver­hou­ding min­der in­di­vi­due is wat aan­ge­pas is om ei­ers te lê wat lan­ger dor­mant bly of wat in naas­lig­gen­de so­ja­lan­de gaan ei­ers lê.

D­way­ne sê hoe­wel hy in­sek­te daar as voor­beeld ge­bruik het, geld pre­sies die­self­de be­gin­sel vir e­ni­ge an­der siek­te, plaag en on­kruid wat weer­stan­di­ge bi­o­ti­pes ont­wik­kel.

BE­NUT GOEIE BIOLOGIE

Die twee­de sleu­tel­be­gin­sel van sta­pel­wis­sel­bou is lang on­der­bre­kings tus­sen si­klus­se wat elk uit ’n sta­pel­reeks kon­tant­ge­was­se saam­ge­stel is. Om die heel bes­te be­sker­ming teen siek­tes en plae met ’n kort le­wen­si­klus te bied, moet een van die on­der­bre­kings lank ge­noeg wees om die be­vol­king van sul­ke siek­tes, plae en on­krui­de tot lae vlak­ke te laat daal, ver­dui­de­lik D­way­ne.

“Ge­was­se wat vir die eer­ste keer op ’n be­paal­de stuk grond ge­plant word, word ge­woon­lik min deur siek­tes of plae ge­teis­ter. As die ge­was vir die twee­de keer op so ’n land ge­plant word, vaar dit ook goed of selfs be­ter. Pro­ble­me be­gin eers in die der­de jaar of selfs la­ter kop uit­steek. Hier­die pro­ble­me ver­er­ger dan vin­nig so­dra dit vas­trap­plek ge­kry het. ’n Kort on­der­bre­king is dan ge­woon­lik nie vol­doen­de om die pro­ble­me te oor­kom nie. Dit is ver­al die ge­val as hul­le oor­le­wings­me­ga­nis­mes, soos saad­dor­man­sie, ont­wik­kel het.

“Die groot tref­krag van ’n meer­ja­ri­ge wis­sel­bou­si­klus lê in die lang on­der­bre­king.”

In die ou dae was dit ge­bruik­lik om ’n meer­ja­ri­ge tyd­perk van rus te hê voor die­self­de ge­was ver­skeie ja­re lank op die­self­de grond ver­bou is. Dít is hoe­kom die pi­o­niers wat boer­de­rye in die A­me­ri­kaan­se Mid­de-Wes­te aan­ge­lê het, so suk­ses­vol was (be­ne­wens die feit dat ’n lang ge­skie­de­nis van na­tuur­li­ke veld hul­le voor­af­ge­gaan het), sê hy.

“In ’n land soos Ar­gen­ti­nië is dit steeds ge­bruik­lik om se­we jaar van wei­ding met se­we jaar van kon­tant­ge­was­ver­bou­ing op te volg. Op huur­grond kan dit selfs se­we jaar van on­on­der­bro­ke so­ja­boon­ver­bou­ing wees as siek­tes nie vroe­ër toe­slaan nie.

D­way­ne sê by plan­te kan daar sim­bo­tie­se ver­hou­dings met guns­ti­ge or­ga­nis­mes ont­wik­kel, net soos daar ska­de­li­ke bi­o­lo­gie­se be­dry­wig­he­de in die om­ge­wing om hul­le kan ont­wik­kel. Hier­die or­ga­nis­mes (wat om ’n plant ves­tig) kan vir ’n ge­was voor­de­lig wees as die­self­de ge­was in daar­op­vol­gen­de ja­re op die­self­de land ge­plant word.

Een van die be­kend­ste voor­beel­de is mi­ko­ri­sa-swam­me wat ge­was­se, soos mie­lies en son­ne­blom­me, se wor­tels bin­ne­dring en as deel van ’n sim­bi­o­tie­se ver­hou­ding die plant help om vog en voe­ding­stow­we uit die grond te be­kom. Nog ’n voor­beeld is die R­hi­zo­bi­um-bak­te­rieë in die wor­tels van peul­plan­te wat stik­stof uit die at­mos­feer help vas­lê. “So­ja­bo­ne wat ’n vo­ri­ge jaar se so­ja­bo­ne op­volg, kan meer stik­stof vas­lê om­dat daar dan ’n gro­ter R­hi­zo­bi­um-be­vol­king in die grond is.” Die groot ge­heim van sta­pel­wis­sel­bou­stel­sels is om so­veel voor­deel as moont­lik uit hier­die soort guns­ti­ge bi­o­lo­gie­se ver­bin­te­nis­se te put voor “sleg­te” le­we tot ska­de­li­ke vlak­ke op­bou, sê D­way­ne.

Hy meen wat roof­in­sek­te be­tref, be­hoort daar die­self­de soort guns­ti­ge ver­bin­te­nis­se in so ’n wis­sel­bou­stel­sel te ont­wik­kel, maar min na­vor­sing is nog daar­oor ge­doen.

KLOP OOK ONKRUIDWEERSTAND

Sta­pel­wis­sel­bou stel ’n boer ook in staat om met ’n meer di­ver­se on­kruid­be­kam­pings­pro­gram weer­stan­di­ge on­kruid te fnuik.

Be­trek­lik hoë vlak­ke van a­tra­sien kan by­voor­beeld in eer­ste­jaar-mie­lies of -sor­ghum in ’n sta­pel­si­klus ge­bruik word om­dat ’n meer be­stan­de ge­was dit gaan op­volg. Dít gee die che­mie­se mid­del kans om betyds af te breek voor ’n ge­was wat daar­voor ge­voe­lig is, ge­plant word. As voor­beeld om­skryf hy ’n ti­pie­se on­kruid­be­kam­pings­pro­gram in ’n sta­pel­wis­sel­bou­si­klus op Da­ko­ta La­kes:

Jaar 1: Len­te­ko­ring met geen che­mie­se be­stry­ding vóór plant­tyd nie, op­ge­volg met ’n bre­ë­blaar-on­kruid­do­der.

Jaar 2: Win­ter­ko­ring met che­mie­se be­stry­ding na­dat die len­te­ko­ring ge­stroop is en voor die win­ter­ko­ring ge­plant word. Ge­woon­lik is geen on­kruid­do­der­toe­die­ning by die win­ter­ko­ring no­dig nie.

Ja­re 3 en 4: Soet­sor­ghum wat met 2,5 kg a­tra­sien per ha be­han­del word, het­sy op die ge­was of in die herfs na­dat dit ge­oes is, na ge­lang van wat­ter on­kruid op­ge­kom het.

Ja­re 5 en 6: Mie­lies. Geen che­mie­se be­kam­ping is ge­woon­lik no­dig voor die eer­ste mie­lie-oes ge­plant word nie, maar ná-op­koms word dit ge­woon­lik vroeg met di­kam­ba be­spuit. Die twee­de jaar se mie­lies word met die tra­di­si­o­ne­le che­mie­se pro­gram be­han­del, gli­fo­saat uit­ge­sluit. Geen gli­fo­saat­be­stan­de kul­ti­vars word in hier­die seg­ment van die si­klus ge­bruik nie, maar wel GM kul­ti­vars wat be­stand is teen glu­fo­si­naat en on­kruid­do­ders wat die wer­king van die en­siem ALS in plan­te on­der­druk.

Ja­re 7 en 8: So­ja­bo­ne. Die eer­ste jaar se aan­plan­ting word met mid­dels met ’n lang na­wer­king be­spuit, en die twee­de jaar se so­ja­bo­ne is GM kul­ti­vars wat teen gli­fo­saat be­stand is. “Met hier­die pro­gram span ons ALS-che­mie een keer in ses jaar in, tri­a­sien een keer in ses jaar en gli­fo­saat een keer in ses jaar (of dalk nog een keer om tus­sen die twee ko­ringoes­te skoon te maak, maar dan kan pa­rakwat ook ge­bruik word).

“Dit is dui­de­lik dat on­krui­de ge­ge­we hul tyd­raam­werk-per­spek­tief dit moei­lik sal vind om in so ’n pro­gram teen e­ni­ge van hier­die me­to­des van wer­king weer­stand te ont­wik­kel,” sê D­way­ne.

GRO­TER TREF­KRAG

Hy om­skryf ’n laas­te ti­pe wis­sel­bou­stel­sel wat vol­gens hom die heel krag­tig­ste kan wees: ’n Kom­bi­na­sie van sta­pel­wis­sel­bou en ’n nor­ma­le op­een­vol­ging – ’n hi­bried­stel­sel. ’n Voor­beeld daar­van is len­te­ko­ring–win­ter­ko­ring–er­te–mie­lies–man­na-son­ne­blom­me. Dié stel­sel is vir koel, droë ge­bie­de ont­werp.

“Die twee klein­g­ra­ne ag­ter­een­vol­gens word deur vier jaar van geen klein­graan op­ge­volg. Dit help dat diep grond­vog en plant­reste­be­dek­king op die grond­op­per­vlak op­bou. Er­te en an­der koel­sei­soen-peul­ge­was­se met groot sa­de vaar goed in grond met dig­te plant­res­te. Hul­le ge­bruik so ’n koel om­ge­wing tot hul voor­deel en om­skep dit in ’n war­mer om­ge­wing vir die op­volg­mie­lies. Dít doen hul­le son­der om die diep vog te ge­bruik wat die mie­lies no­dig het.

“A­tra­sien kan met vei­lig­heid in die mie­lie­jaar ge­bruik word om­dat man­na (en mie­lies en soet­sor­ghum) dit ver­dra. Man­na is ’n lae-in­ten­si­teitge­was en laat toe dat oor­tol­li­ge vog die die­per grond­lae her­vul. Bre­ë­blaar­onkrui­de kan mak­lik in die mie­lies en man­na on­der be­heer ge­bring word.

“Die warm, droë om­ge­wing wat die son­ne­blom­m­me ag­ter­laat, kan mee­bring dat die len­te­ko­ring vroeg ge­plant kan word. Gras­do­ders met ’n lan­ger na­wer­king kan ge­bruik word in die len­te­ko­ring wat deur win­ter­ko­ring op­ge­volg word,” sê D­way­ne.

FOTO: MARLEEN SMITH

Die wis­sel­bou­ken­ner dr. D­way­ne Beck op die Da­ko­ta La­kes-proef­plaas wat hy se­dert 1990 be­stuur.

FOTO: MARLEEN SMITH

REGS: Ke­wers van die mie­lie­wor­tel­wurm het weens de­ka­de lan­ge mo­no­kul­tuur­ver­bou­ing van mie­lies in A­me­ri­ka twee weer­stands­me­ga­nis­mes teen on­kruid­do­der ont­wik­kel. Ei­ers kan lan­ger dor­mant bly of die wy­fies gaan lê hul ei­ers in ’n na­by­ge­leë so­ja­boon­land waar­op mie­lies ge­plant sal wees teen die tyd wan­neer die ei­ers uit­broei. FOTO: ALCHETRON.COM ’n Ge­was, soos mie­lies, in ’n wis­sel­bou­stel­sel voeg baie kool­stof en ’n dig­te laag plant­res­te tot die grond toe. Twee jaar se mie­lie-oes­te ag­ter­een­vol­gens in ’n sta­pel­stel­sel kan ook on­ver­wag­se bi­o­lo­gie­se voor­de­le bring. Dié foto is op die Da­ko­ta La­kes-proef­plaas ge­neem.

FOTO: T.J. VYN, PURDUE-U­NI­VER­SI­TEIT

BO: Die al­ge­me­ne wis­sel­bou­stel­sel waar­in net mie­lies en so­ja­bo­ne met me­kaar af­ge­wis­sel word, is nie ge­noeg om op­brengs­te op lang ter­myn vol te hou nie, sê dr. D­way­ne Beck.

FOTO: VER­SKAF

Soet­sor­ghum is een van die vyf ge­was­se wat op die Da­ko­ta La­kes-proef­plaas in ’n sta­pel­wis­sel­bou­stel­sel ver­bou word. Een si­klus in dié stel­sel strek oor agt jaar. Die sor­ghum word twee jaar ná me­kaar op die­self­de land ge­plant.

Goed ge­no­du­leer­de so­ja­boon­wor­tels. Die knop­pies is ge­vul met R­hi­zo­bi­um-bak­te­rieë wat stik­stof uit die at­mos­feer vas­lê en dit aan die plant voor­sien in ruil vir kool­hi­dra­te. So­ja­bo­ne wat ’n vo­ri­ge jaar se so­ja­bo­ne op­volg, kan meer stik­stof vas­lê om­dat daar dan ’n gro­ter R­hi­zo­bi­um-be­vol­king ge­ves­tig is. FOTO: U­NI­VER­SI­TEIT VAN NEBRASKA-LINCOLN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.