BOE­RE HOU AAN HELP

Landbouweekblad - - Lbw| Lbw - — GERRIT BEZUIDENHOUT en ROELOF BEZUIDENHOUT

NÁ maan­de van on­ver­poos­de voerskenkings aan droog­te­ge­teis­ter­de de­le van die Oos-, We­sen Noord-Kaap is die vry­ge­wig­heid van Suid-A­fri­kaan­se boe­re nóg nie op ’n ein­de nie.

Ver­le­de week is 1 500 ba­le ou­lands­gras van die Neu­hoff-boer­de­ry by Del­mas met die sa­me­wer­king van A­gri SA na Beau­fort-Wes ver­voer – t­wee sei­soe­ne na­dat die Neu­hoff-boer­de­ry self deur ’n knel­len­de droog­te moes kom.

“Wan­neer ’n boer self in so ’n po­si­sie was, be­sef jy wat­ter im­pak dit op ’n boer­de­ry het as jy nie ’n uit­weg sien nie. Dit het ons aan­ge­spoor en ons kon die ba­le skenk aan me­de-boe­re wat dit no­dig het,” het mnr. Fran­cois Neu­hoff ge­sê toe die kon­vooi van 30 vrag­mo­tors ver­le­de Dins­dag ver­trek het op die tog van net meer as 1 000 km. Lees meer by In­tus­sen het die sy­bok­haar­ko­per en -ver­wer­ker Sa­mil Na­tu­ral Fi­bres met be­hulp van bui­te­land­se ven­no­te geld be­wil­lig om 15 vrag­te voer aan An­go­ra­bok­boe­re te skenk. Een vrag van 720 sak­ke mie­lies is ver­le­de week op S­teyt­ler­vil­le in die Suid­oos-Ka­roo af­ge­laai Die be­sen­ding is een van 15 soort­ge­ly­kes wat met dié geld ge­koop is.

Vol­gens ’n woord­voer­der van Sa­mil het die maat­skap­py self eer­ste­hand­se bloot­stel­ling aan die uit­mer­ge­len­de droog­te in die Ka­roo en groot de­le van die Oos-Kaap. Mnr. Fran­cis Pat­they, voor­sit­ter van Sa­mil, sê hul­le wens hul­le kon nóg meer doen om boe­re te help aan­ge­sien dié be­dryf drin­gend ge­sta­bi­li­seer moet word.

Die Sy­bok­haar­trust het vir die ver­voer van die mie­lies be­taal. Vrag­te is ook af­ge­laai op Prins Al­bert, Leeu-Gam­ka, Oudts­hoorn, Beau­fort-Wes, Riet­bron, Wil­low­mo­re, A­ber­deen, K­lip­plaat, en Jan­sen­vil­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.