So­ve­r­eign maak reg vir nu­we baas

Landbouweekblad - - Lbw Nuus - — CARIEN KRUGER

DIE Me­de­din­gings­tri­bu­naal het goed­keu­ring ge­gee vir die pri­va­te e­kwi­teits­fir­ma Ca­pi­talWorks om die Oos-Kaap­se pluim­vee­pro­du­sent So­ve­r­eign Foods te koop.

So­ve­r­eign, die vier­de groot­ste pluim­vee­pro­du­sent in Suid-A­fri­ka, het be­kend ge­maak dat hy daar­om nou ge­reed maak om van die JSE Se­ku­ri­tei­te­beurs te de­no­teer.

Ca­pi­talWorks het in Au­gus­tus van­jaar sy aanbod ge­maak om So­ve­r­eign teen R12 per aan­deel te koop – so­wat 33% meer as die pluim­vee­pro­du­sent Coun­try Bi­rd Hol­dings se aanbod ver­le­de jaar.

So­ve­r­eign-aan­deel­hou­ers wat by­na 90% van die aan­de­le be­sit, het Ca­pi­talWorks se aanbod goed­ge­keur.

Mnr. Chris Coom­bes, uit­voe­ren­de hoof van So­ve­r­eign, sê in ’n ver­kla­ring die tri­bu­naal het be­slis dit is on­waar­skyn­lik dat die tran­sak­sie tot min­der me­de­din­ging op die mark sal lei. So­ve­r­eign sal na ver­wag­ting op 22 No­vem­ber ge­de­no­teer word.

Coom­bes sê So­ve­r­eign se be­dry­wig­he­de sal na ver­wag­ting op ’n soort­ge­ly­ke ma­nier as tot nou be­stuur word. “Geen be­dryfs­ver­an­de­rin­ge word ver­wag ra­ken­de die ver­skaf­fing van ons pro­duk aan ver­brui­kers nie. Ons ver­wag ook geen ver­an­de­rin­ge wat ons werk­ne­mers, be­lang­heb­ben­des, ver­skaf­fers en plaas­li­ke ge­meen­skap­pe sal raak nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.