GHANA | Groot hoop vir gra­tis GM bo­ne

Landbouweekblad - - Lbw Nuus -

Ak­ker­boon­saad wat weer­stan­dig is teen die ver­nie­ti­gen­de Ma­ru­ca-stam­boor­der en ’n op­brengs van tot 25% meer le­wer as kon­ven­si­o­ne­le saad, kan moont­lik al vol­gen­de jaar aan boe­re in Ghana en el­ders in Wes-A­fri­ka be­skik­baar ge­stel word. Dit is dank­sy na­vor­sing deur Aus­tra­lië se we­ten­skap­li­ke en ny­wer­heids­na­vor­sings­or­ga­ni­sa­sie (CSIRO) en hulp uit Ke­nia.

Dié boon­tjies is ’n waar­de­vol­le bron van plant­pro­te­ïe­ne en vee­voer, is be­trek­lik droog­te­weer­stan­dig en ver­hoog boon­op grond­vrug­baar­heid. Dis eg­ter kwes­baar vir die Ma­ru­ca-stam­boor­der. Die klein­boe­re wat ge­woon­lik dié ge­was ver­bou, kan in die al­ge­meen nie plaag­do­ders be­kos­tig nie. As ’n boon­tjie­land eers met Ma­ru­ca be­smet is, kan dit tot 80% van ’n boer se oes uit­wis.

Die nu­we boon­tjie­saad be­vat ’n geen van die bi­o­lo­gie­se in­sek­do­der Ba­c­il­lus

thrun­giensis (Bt). — A­fri­can Far­ming

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.