SUI­WEL | Kon­trak­te staan ná Son­nen­dal-oor­na­me

Landbouweekblad - - Lbw Nuus Grondhervorming Landbou-n - — CARIEN KRUGER

Son­nen­dal Dai­ries se oor­na­me deur Lib­star O­pe­ra­ti­ons, hou­er­maat­skap­py van die kaas­ma­ker Lan­ce­wood, gaan geen in­vloed hê op die Wes-Kaap­se boe­re by wie Son­nen­dal melk koop nie, sê mnr. Cor­nel Lo­de­wyks, uit­voe­ren­de hoof van Lan­ce­wood.

Die oor­na­me is on­langs deur die Me­de­din­gings­tri­bu­naal goed­ge­keur, en Lib­star ver­kry van­af 1 De­sem­ber vol­le be­heer van Son­nen­dal. Lo­de­wyks sê Lan­ce­wood sal Son­nen­dal se kon­trak­tu­e­le ver­plig­tin­ge teen­oor die boe­re by wie hy melk koop, oor­neem.

Son­nen­dal ver­vaar­dig jo­gurt, maas, vrug­te­sap, vars melk en room, en sy pro­duk­te is tot nou toe gro­ten­deels in die Wes- en Oos-Kaap ver­sprei. Lan­ce­wood het hom tot nou toe op sag­te kaas en ver­pak­te har­de kaas toe­ge­spits.

“Son­nen­dal se by­ko­men­de kun­dig­heid en pro­duk­sie­ver­mo­ëns sal Lan­ce­wood die ge­leent­heid bied om sy pro­duk­reeks uit te brei,” sê Lo­de­wyks.

Son­nen­dal se han­dels­mer­ke en sa­ke­be­dry­wig­he­de sal on­aan­ge­raak voort­gaan, ter­wyl die Lan­ce­wood-han­dels­merk op uit­ge­soek­te pro­duk­te ge­bruik sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.