Dís hoe­kom boe­re steeds mie­lies plant

’n Nu­we era met nu­we pro­ble­me wat saam met die ver­wag­te goeie ja­re kom, lê vir saai­boe­re in Suid-A­fri­ka voor.

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud -

Die Oes­skat­tings­ko­mi­tee het ein­de Ok­to­ber van­jaar die eer­ste plant­voor­ne­mens vir die nu­we so­mer­saai­tyd be­kend ge­maak wat op op­na­mes on­der saai­boe­re ge­ba­seer is. Voor­heen is be­vind dat daar nie groot af­wy­kings is van die plant­voor­ne­me na werk­li­ke op­per­vlak­tes wat be­plant is nie – mits die weer met plant­tyd “nor­maal” is.

Iets wat skok­gol­we in die mark ver­oor­saak het, is dat die to­ta­le aan­tal hek­taar wat boe­re met ver­skil­len­de so­mer­ge­was­se wil be­plant, na ver­wag­ting meer gaan wees as ver­le­de jaar se sy­fers. Ver­le­de jaar is juis re­kor­dop­brengs­te be­haal met groot oes­te, wat ’n baie neer­druk­ken­de uit­wer­king op pry­se ge­had het.

Die skok was om­dat die aan­ge­plan­te aan­tal hek­taar mie­lies net met so­wat 158 000 hek­taar gaan daal teen­oor ver­le­de jaar se op­per­vlak­te wat die re­kord-mie­lie­oes van 16,7 mil­joen ton ge­le­wer het.

Wat voor­ne­mens be­tref om mie­lies te plant, het die aan­tal hek­taar dus net met so­wat 6% ge­daal. Dit is ten spy­te daar­van dat Graan SA boe­re aan­ge­raai het om so­wat 30-40% min­der hek­taar te be­plant om die mie­lie­mark weer in ba­lans te bring. Dit gaan eg­ter nie ge­beur nie.

Die vraag wat nou ge­vra word, is waar­om mie­lie­boe­re so­veel hek­ta­re be­plant as hul­le kla dat hul­le nie hul vol­le kos­te by mie­lies – die groot­ste en­ke­le ge­was – kan dek nie.

Die to­ta­le aan­tal hek­taar on­der so­mer­saai­ge­was­se sal na ver­wag­ting van 3,98 mil­joen hek­taar in 2016-’17 se pro­duk­sie­jaar toe­neem tot 4,025 mil­joen hek­taar in die pro­duk­sie­tyd van 2017-’18.

Die teen­vraag vir hoe­kom boe­re nou weer so baie mie­lies wil plant, is: Wat staan die boer dan nou an­ders te doen? Hy het op­ge­hoop­te skuld van die droog­te­ja­re wat be­taal moet word. Hy kan nie be­kos­tig om dras­ties af te skaal nie. Ban­ke raak baie se­nu­wee­ag­tig as die om­set deur ’n boer se re­ke­ning daal.

So­lank jy reg­streek­se pro­duk­sie­kos­te en ’n ge­deel­te van jou oor­hoof­se kos­te kan dek, is jy steeds be­ter daar­aan toe as wan­neer jy niks pro­du­seer nie. Boe­re het dus nie veel van ’n an­der keu­se as om hul ver­plig­tin­ge min­stens ge­deel­te­lik te pro­beer na­kom deur te plant en oes­te te le­wer nie.

’n Soort­ge­ly­ke si­tu­a­sie heers in A­me­ri­ka, waar die C­hi­ca­go-graan­beurs se pry­se ook die af­ge­lo­pe drie jaar met so­wat 40% ge­daal het. Boe­re hou aan oes­te le­wer so­lank hul­le hul reg­streek­se pro­duk­sie­mid­de­le en ’n deel van hul vas­te kos­te kan be­taal. Dit is soos ’n ham­ster in ’n trap­meu­le­tjie – jy trap ál vin­ni­ger ter­wyl jy eint­lik stil­staan.

Ont­hou, boe­re het al ge­leer pry­se in die vrye mark daal nie net nie; dit be­weeg si­klies. Heel­wat mie­lie­boe­re berg nog hul mie­lies op met die ver­wag­ting dat pry­se kan styg weens ’n skerp ver­swak­king in die wis­sel­koers voor die nu­we sei­soen. Dit lyk tans of die span van pres. Ja­cob Zu­ma en mnr. Ma­lu­si Gi­ga­ba, Mi­nis­ter van Fi­nan­sies, dit wél gaan reg­kry.

Met ’n ver­wag­te goeie re­ën­jaar wat voor­lê, is daar ’n aan­tal kwes­sies wat na vo­re tree. Die TABEL gee ’n op­som­ming van die af­ge­lo­pe sei­soen se aan­tal be­plan­te hek­taar, op­brengs­te en eind­voor­raad-be­ra­ming voor die nu­we sei­soen se oes in­kom. Die twee­de deel van die tabel gee boe­re se plant­voor­ne­mens, met ’n oes­ra­ming teen 90% van ver­le­de jaar se op­brengs­te. Dit sluit ook my eie ra­mings in van die ver­wag­te oor­drag­voor­raad in 2019.

MIE­LIES EN AL­TER­NA­TIE­WE BENUTTING

Die af­ge­lo­pe mie­lie-oes van 16,7 mil­joen ton bly ’n ta­me­le­tjie. Dit is om­dat die uit­voer­tem­po traag is. Teen die hui­di­ge tem­po gaan daar so­wat 4,5 mil­joen ton mie­lies in die si­lo’s wees as boe­re die nu­we oes in aan­staan­de Mei be­gin stroop.

Die oor­dag­voor­raad, as­ook ’n groot, nu­we mie­lie-oes en groot o­lie­saad­oes­te be­te­ken daar gaan nie ge­noeg plek in die si­lo’s wees nie. Dit kan ’n bot­tel­nek ver­oor­saak. Ont­hou, uit­voer ver­loop sta­dig. Al­les moet per pad uit­ge­voer word en dit ver­oor­saak ’n ver­de­re po­ten­si­ë­le bot­tel­nek.

Baie boe­re het be­sluit om eer­der hul mie­lies

op te berg pleks daar­van om dit teen die lae pry­se te ver­koop. Daar is dus tans ’n “kuns­ma­ti­ge” te­kort aan mie­lies in die kon­tant­mark.

Pry­se word dus nou ge­stut bo­kant werk­li­ke uit­voer­pry­se (wat groot hoe­veel­he­de by die ha­we sal laat uit­gaan). Die di­lem­ma is na­tuur­lik dat so­dra daar se­ker­heid oor die nu­we oes is, die mie­lies be­mark sal moet word, maar die uit­voer­tem­po sal te sta­dig wees.

Suid-A­fri­ka het na ra­ming ’n hou­ver­moë van so­wat 16 mil­joen ton in sy si­lo’s. Groot land­bou­be­sig­he­de het min daar­by ge­voeg. Die skat­ting is wél dat daar plaas­si­lo’s is wat on­ge­veer 1 mil­joen ton kan hou.

En­tre­pre­neurs gaan waar­skyn­lik tans met ’n plan vo­ren­dag kom om plaas­si­lo’s só in te rig dat hul­le Sa­fex-ser­ti­fi­ka­te kan uit­reik en dus met ge­waar­borg­de ge­hal­te be­mark kan word. Dit gaan ’n nu­we speel­veld o­pen, ver­al as saai­boe­re nou in­spring en plaas­si­lo’s be­gin bou vir ek­stra op­berg­plek.

Daar is ook baie ge­sprek­ke oor die ver­vaar­di­ging van e­ta­nol uit mie­lies en mie­lie-sui­ker­stroop wat – nes in A­me­ri­ka – sui­ker­riet­sui­ker ver­vang. Dié op­sies is nog ’n paar jaar weg.

In­tus­sen is die groot­ste vee­be­dryf – hoen­ders – in tru­rat, wat die vraag na vee­voer en/of mie­lies in die bin­ne­land­se mark demp.

SOR­GHUM

Die af­ge­lo­pe ja­re het sor­ghum ’n stief­kind ge­word. Tans word na­vor­sing ge­doen wat glo in die vol­gen­de twee jaar die ge­bruik van sor­ghum in nu­we voed­sel­pro­duk­te sal ver­dub­bel. Dit kan die druk op mie­lie­pro­duk­sie ver­lig.

O­LIE­SA­DE

Daar is wél ’n toe­na­me in die pro­duk­sie van so­ja­bo­ne en son­ne­blom­saad. Die ver­wag­ting was eg­ter dat daar met be­ter wins­moont­lik­he­de ’n gro­ter swaai na so­ja’s en son­ne­blom­me moes ge­wees het om die druk op die mie­lie­mark te ver­lig. Dit is eg­ter nie die ge­val nie.

Hoe­wel die oor­drag­voor­raad van so­ja­bo­ne en son­ne­blom­me na ver­wag­ting ef­fens gro­ter gaan word, is daar ge­noeg pars­ver­moë in die mark om die oes­te bin­ne­lands te ver­werk. Ont­hou, Suid-A­fri­ka voer steeds jaar­liks so­wat 800 000 ton se so­ja-o­lie­koek en by­kans 600 000 ton kook­o­lie in. Plaas­lik is dus baie ruim­te om nog in­voer­ver­van­ging te doen.

Die pro­duk­te se pry­se is ook tans reeds by uit­voer-prys­vlak­ke en dit kan deur die jaar styg. Grond­bo­ne as ’n uit­voer­pro­duk be­gin weer be­lang­stel­ling in die meer wes­te­li­ke de­le van Suid-A­fri­ka wek. Nu­we pro­duk­sie­me­to­des en nu­we kul­ti­vars gee boe­re moed vir moont­lik­he­de om pro­duk­sie ver­der uit te brei.

Jaar­liks word na­ge­noeg 80 000 ton tot 100 000 ton dro­ë­bo­ne in­ge­voer (hoof­saak­lik uit C­hi­na). Suid-A­fri­ka se mark is eg­ter re­de­lik on­ge­or­ga­ni­seerd en groot land­bou­be­sig­he­de is nie be­trok­ke by op­ber­ging en be­mar­king nie, wat pro­duk­sie demp.

VEE­BE­DRY­WE

Die groot­se knel­punt vir Suid-A­fri­ka se in­ten­sie­we vee­be­dry­we oor die af­ge­lo­pe paar jaar was dat hul­le meest­al in­voer­pry­se be­taal het vir voer­graan en o­lie­koek. Ter­self­der­tyd moes hul­le mee­ding met lan­de, soos A­me­ri­ka en Suid-A­me­ri­ka, waar voer­graan by uit­voer­prys­vlak­ke baie goed­ko­per is.

Dit was ’n groot strui­kel­blok. Die feit dat Suid-A­fri­ka heel moont­lik in die vol­gen­de twee tot drie jaar uit­voer­ba­re hoe­veel­he­de voer­graan en o­lie­saad­pro­duk­te teen uit­voer­prys­vlak­ke gaan hê, gaan die bin­ne­land­se vee­be­dry­we ’n groot hup­stoot gee.

Hoe lank die si­klus van sur­plus­mie­lies gaan aan­hou, is de­bat­teer­baar, maar die sie­ning is dat Suid-A­fri­ka nou in die se­we vet ja­re is. Die pro­duk­sie­teg­no­lo­gie by mie­lies het ook só ver­an­der dat ons eer­der sur­plus­se as te­kor­te kan ver­wag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.